[Video] Jhb-kapers kom hul moses teë

‘n Skermskoot uit die video

Kapers wat einde verlede week ʼn Porsche wou kaap in Houghton in Johannesburg, het hul moses teëgekom toe die bestuurder van dié luukse motor flink gedink en rats opgetree het.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval, wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei, wys hoe ʼn silwer BMW agter die wit Porsche intrek toe die bestuurder in die oprit van sy huis stilhou.

ʼn Gewapende man spring skielik uit die motor en pyl op die Porsche af, maar dié bestuurder laat hom nié afskrik nie. Hy sit sy motor in trurat en tref die agterste buffer van die BMW  terwyl hy uit die oprit ontsnap.

Hoewel die gewapende man aanvanklik eers terughardloop na die BMW, draai hy dan weer terug – pistool op die Porsche gerig – vir ʼn tweede probeerslag.

Die bestuurder van die Porsche huiwer dan vir ʼn stonde, lyk amper asof hy op die kaper afpyl en jaag dan om die BMW voor hy ongedeerd wegkom.

Dit is onseker of die kapers intussen vasgetrek is.

Die video is sedert 13 Mei al meer as 125 000 keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Andre ·

Ek kyk na die ander voertuie in die pad en dink…

Hoeveel van ons sal werklik ons self in gevaar stel om te probeer help? Sal ons ook net verby ry? Maklik om agter ‘n skerm te sit en oordeel te lewer, maar wat as mens in die situasie is?

PietM ·

Andre. Nie almal is gewapen, miskien soos jy nie, en ek voel nou nie lus vir ‘n 9mil in my lyf nie.

Jane ·

Sal nie kan help nie, is ‘n vrou en is nie gewapen nie, sal ook maar moet verbyry en 10111 bel as hulle lus het om op te tel.

Wilmien ·

Ek het al met my eie oe gesien hoe hulle skrik vang wanne ander mense opstaan teen skelems met gewere. Hulle verwag mense moet bang wees en net sê Ek willie betrokke raak nie, dis hoekom hulle deur mekaar voel wanne mense saam teen hulle bakley

Trots Afrikaans ·

Andre, ek sal help.
Ek sê dit sonder sorgelose brawade. Ek sê dit met innige deurdenkte nederigheid. Ek is 24 uur gewapen en was al in twee uit-skiet voorvalle. Ek glo in God en sal my lewe opoffer vir my medemens. Dit maak my nie meer dapper of minder bang nie, want dapper is nie die afwesigheid van vrees nie, maar die kennis dat die doel belangriker is as die gevolge.

God leer ons dat die teenoorgestelde van vrede is nie oorlog nie, maar wanorde.

Ek sal help, met God se genade, soos ek al reeds gedoen het.

Soli Deo Gloria

Gert ·

Reel 1: enige oorgang/deargang punt moet baie versigtig benader word. Wees op die uitkyk vir karre, mense en enige ongerymdhede. Die persoon het baie goed gedoen om die persoon agter hom dop te hou ten alle tye en kon dus vinnig reageer en sodoende sy lewe beskerm.
Deurgang punte: stop strate, voor jou hek en motorhuis deur, winkel sentrum, verkeerslig,
Wees ook bewus as jy stop en jy sien niks moet nie aan neem daar is niemand nie. Die mense is baie goed in wat hulle doen en kom verras jou wanneer jy dit die minste verwag. So wees op die uitkyk selfs terwyl jy jou inkopies in of uit laai. As jy nog n persoon in die kar het laat hulle help kyk.

Gert ·

Andre
Dis nie so maklik nie. Oms moet n paar vra mooi beantwoord voor jy die besluit neem om te help.
Wat gaan jy doen teen gewapende rowers?
Het jy n self verdeding middel?
Kan jy dit goed gebruik?
Laat die wet ons toe om op daardie stadium “force” te gebruik?
Is dit die moeite werd om jou vrou en kinders se lewe te waag?
Twede reel: vlug eers / vermy die situasie

Rambo ·

VLUG is maar die beste, maar ek wonder elke middag as iemand nou AGTER My kom stop op my drive way wat staan my te doen? Ek kan nie agtertoe ry nie, die hek is voor my, maak ek hom oop het hulle volle toegang tot nie net my kar nie, maar ook my huis en alles in my erf, ek kan nie uitdraai nie, want daar is nie genoeg spasie nie . so ek sal maar die karsleutels moet gee en rustig deur die hek loop en die eis by die versekering indien .. Ek sien nie kans vir hardloop en veg en tekere gaan nie, en jy kan nie teen hulle motor reverse nie, die ou het redelik spasie gehad, wat van as hulle DIREK agter jou stop? NEEWAT . vermy eerder die situasie as om RAMBO Te speel ..

Nettie ·

@Rambo (hier onder): dit is hoekom daar gesê word jy moet ALTYD sorg vir ‘n ontsnappings-geleentheid. Moenie té naby aan jou elektriese hek stop nie en kyk wat om jou aangaan. Dit is duidelik dat die bestuurder van die Porsche bewus is van die BMW wat eers effe verby gery het, toe in trurat teruggekom het, met ‘n swarte wat reeds by die deur uitgespring het. Dit was nie vinnig dink alleen nie. Die ou was wakker en reaksie-gereed, soos ons almal maar moet wees in vandag se SA. En wat dit die ander kommentators se navraag/opmerkings m.b.t. hulp-aanbied in so ‘n geval betref – in my geval? “NO WAYS” – ek is jammer, ek stop nie by ‘n ongelukstoneel as daar reeds ander voertuie gestop het nie en ek sal ook nie hulp aanbied as ek so ‘n toneel soos dié sien afspeel nie – “I have no death wish, thank you”.

Stoffel ·

Ja nee spring jy daar uit en begin skiet op hulle kan jy of dood geskiet word of jy kan hul tref maar dan word jy weer verhoor vir moord..

Gert ·

Alles baie goeie advies. Wees paraat. Dink altyd aan die “what ifs” en as al jou planne nie werk nie is samewerking jou laaste uitweg
Jy mag natuurlik n derde party se lewe beskerm maar teen n gewapende persoon? Tensy jou naam jason bourn is….

CHRISTA ·

Gert, verlede jaar kom ek van die winkels af en ry by my erf in. Ek sien in my truspieel ‘n motor wat net buite my hek stilhou met GEEN nommerplate nie. Ek skakel nie my motor af nie, maar sit dit in tru-rat. ‘n Swart man spring by die passasierskant uit met ‘n vuurwapen. Ek dink: Dis ‘n skaking. Ek ry volspoed agteruit IN hulle voertuig vas! Hulle ‘air bags’ pop uit, hulle motor se alarm gaan af, maar die gewapende man kom steeds na my kant en slaan my venster met sy vuurwapen stukkend! ‘Give me your rings’ gil hy op my, ek leun oor na die linkerkant en skree net vir hom: ‘In the Name of Jesus Christ, go away Satan, go away!!’ Oorkant die pad hoor mense die lawaai en kom aangehardloop!! Die lafaard raad paniekbevange en spring terug in die motor en hulle vlug – SONDER ENIGIETS!!!

Janie Monsieur ·

Dagsê Kloekie,

Dankie vir jou navraag. Daar was ‘n tegniese foutfmet die video, maar dit behoort nou opgelos te wees. Die video sal nou onder aan die berig verskyn.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

ben ·

Knap gedaan Porche bestuurder!
Jy moes sommer oor sy voet gery het!

Jaco ·

Om in so n situasie te doen wat die porche bestuurder gedoen het wil gedoen wees, in so n geval is n mens gewoonlik lam van die angs en sukkel om helder te dink, wat nog te se van gas gee en die stuurwiel so te pluk om weg te kom! Maar knap gedaan porche bestuurder, jy het BAIE vining gedink!!

Meraai ·

Ek het laasweek ‘n geval gehad van ‘n taxi wat letterlik so naby my gestop het dat ek net ‘n Toyota badge in my venster gesien het en niks anders nie. Hy kom toe na my toe en wil by my weet waar ek leer bestuur het. Eerstens ek kan nie bo-op die kar voor my stop nie, ek hou van my spasie voor en agter my. My reaksie was toe maar hy moet ‘n veilige afstand hou vir veiligheid, maar in die stap hy en klap behoorlik my kar. Ek sien toe die kar langs my was n man en die wys toe hy hou dop. Die bangste wat ek voor was is dat hy moontlik iets gaan uithaal en my kar beskadig of daar kan nog uit klim en my kar vat. Ek het hom behoorlik dopgehou in my spieels en glo my die man langs my het hom ook dop gehou. Maar die man in die porche ek haal my hoed af vir hom. Dis nou wakker slaap daai. As so iets moet gebeur met my sal ek maar reverse tot binne sy kar en dit so goed as moontlik doen. Glo nie hy wil ‘n goed gestampte kar kaap nie.

Mr P ·

Was seker n speelgoed pistool. Hoekom skiet die kaper dan nie op die Porsche ni.
Vlink gedink. Amper n statistiek.

Thinus ·

Wat is jammerte die Porche het die kaper gemis. Sou hel goed gewees het om oor hom te ry. Verskeie kere.
Knap gedaan, Porche bestuurder

Andre ·

Jinne,maar daai bmw is darem sag.Die band skuur en die Porsche is nog reg

Chris ·

‘n Hele paar jaar gelede stop ek langs ‘n dame by ‘n verkeerslig in Atterburystraat in Pretoria. Skielik Spring die vensterwasser amper op die dame sê motor en begin venster was. Sy beduie nee maar hy hou aan. Ek klim op die toeter en beduie vir hom om te stop. Sal hy nie vir sy maatjie op die sypaadjie in Zoeloe skree hy is lus en klap die witman nie. Ek hoor dit toe want die venster was op ‘n skefie oop. Ek draai toe my venster af en vra die maatjie in Zoeloe, vra hom , wie en nog gaan my kom klap. Ek het baie daar verby gery, en wanneer hy my kar gewaar het hy gaan staan en vir my gewaai. Al wat jy kon sien in net tanne. Sodra hy sien jy gaan terug staan of is geintimideer slaan hy toe. Tree eerste op en neem die inisiatief.

Willie ·

Jou motor is ‘n dodelike wapen. Wees net wakker en bewus van jou onmiddellike omgewing. Leer en oefen om jou motor vinnig in trurat te sit en en vinnig te versnel. Die kapers verwag nie daardie hewige teen reaksie nie. Ek is, met God se genade, ook heeltemal vasbeslote en bereid om ‘n kaper met my motor uit te haal as daar so ‘n situasie voor my ontstaan, waar iemand anders gekaap word.

Marina ·

Die bestuurder van die porche het gehuiwer en gewonder … moet ek of moet ek nie … jammer hy het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.