[Video] Jhb-vrou vertel van wrede aanranding

Debi Serra na die aanranding. Foto: Facebook

Debi Serra na die aanranding. Foto: Facebook

“Ons nasie is besig om kwater en kwater te word. Ek weet regtig nie waarom hulle my so erg moes slaan nie.”

Só het Debi Serra, ʼn Johannesburgse vrou, gesê net ʼn week nadat drie gewapende rowers die venster van haar motor stukkend geslaan en haar so erg aangerand het dat sy ʼn paar dae in die Netcare Sunninghill-hospitaal se trauma-waakeenheid spandeer het.

Serra het omstreeks 11:45 op 31 Mei in die oprit voor haar huis gewag vir die hek om oop te gaan, toe die rowers toegeslaan het. Sy vertel hulle het haar herhaaldelik met vuurwapens en hul vuiste in haar gesig geslaan. Hulle het met haar juweliersware en ander besittings op die vlug geslaan en haar bloeiend en bewusteloos in die motor agtergelaat.

Serra se dogter, Gabi, ʼn tweedejaar student aan die Universiteit van die Witwatersrand, het gesien hoe die aanval gebeur en kon vinnig hulp ontbied. Gabi is later die aand ook in die hospitaal opgeneem nadat sy ‘n epileptiese toeval gekry het, glo weens die trauma daarvan om haar ma se aanranding te aanskou.

Debi Serra na die aanranding. Foto: Facebook

Debi Serra na die aanranding. Foto: Facebook

Nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, het Serra ʼn video op Facebook geplaas waarin sy van haar traumatiese ervaring vertel en hoe sy en haar gesin dit hanteer. Die video is sedertdien reeds meer as 3 500 keer gekyk.

“Ons sal nie toelaat dat hierdie wrede voorval ons voorneme om fisies en emosioneel van hierdie ervaring te herstel negatief beïnvloed nie. Die kriminele element tussen ons het nie die mag om wie ons is te oorskadu of ons gees te oorwin nie,” het sy gesê.

And so, for the second time in 20 years I find myself surrounded by emergency medical staff trying to resuscitate one of my family. This morning at approximately 11H45, three gun wielding criminals beat Debi to a pulp in an attempt to high jack her car and steal her jewelry outside our home. While waiting for the electronic gates to open, these callous criminals sped up behind her, climbed out with guns, broke the window and continued to punch and smash her face with fists and guns. They managed to get away with her jewelry and other stuff, but left her bleeding and concussed in the car.Thank God, Emergency medical staff, ADT, police and neighbors were quick to respond and stabilized her on the scene. She is currently stable in Sunning Hill Hospital trauma ward and we are awaiting the results of the MRI scans.It is true – your life can change in split second. Cherish every moment.Please keep Debi in your prayers for a speedy and full recovery.

Posted by Antonio Serra on Sunday, June 5, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Stefaans ·

Wreedheid is deel van hierdie mense se geaardheid, of ons dit nou wil erken of nie.

Hasie ·

Ja, mens weet regtig nie meer wat om te sè of te dink nie. Wil net sè, baie sterkte aan Mev. Serra, hoop sy herstel gou weer.

treurgrond ·

Dit maak mens net helemal helemal kwaad – want onskuldig het sy by haar huis gestop en was toe aangerand – helemal onskuldig. Die aarde raak net scary want mense vat net oor met hulle geweld – en daar is niks strafmaatreels om hulle te stop nie – dit maak my ook helemal net bang.

Koos ·

Die kundiges kan sê wat hulle wil die aanvalle is gemik op wit mense deur swart aanvallers in eerste wêreld lande sou dit ‘n rassistiese aanval gewees het. Ek wonder wat die opskrif sou gewees het as ‘n swart vrou in Soweto aangeval word deur twee wit mans.

Gerhard ·

Hulle sou geskree het RACIST!!! Ek sê weer bewapen julleself, Kry goeie wapen opleiding.
Ons moet onsself beskerm want niemand gaan dit vir ons doen nie.

Cherokee ·

Kwater en kwater is heel buite konteks. Boser en boser is wat gesê moes wees.

Melanie ·

Sterkte aan die gesin my seun was in 2009 aan geval die trauma daarna hy kon vir meer as ‘n jaar nie geslaap kry in die nag nie,hy het bly glo hulle sal terug kom en hom dood maak,die een het selfs die sneller getrek en God dank dit het nie af gegaan nie.Solank as wat daar geglo word alles is apartheid se skuld sal ons nie wen nie,ons is al vanaf 1994 ‘n reenboog nasie hoekom kan en wil daar nie aanvaar word dat dit kan werk as ons saam staan teen alles wat die mooi land en sy mensenegatief beinvloed.

Marthinus ·

Sy maak net een fout, dit is nie ons nasie nie, dis wel n mede landsburger maar verseker nie dieselfde nasie nie.
Hoe gouer alle blankes dit besef en hul siennings aanpas hoe beter voorbereid sal ons wees.
Hulle is nie jou vriend nie, hulle verdra jou net tot tyd en wyl.

Monica ·

Dis vreeslik en so jammer dat mens met haar moet saamstem. Sterkte en word gou beter

My opinie ·

Ju is heeltenal korrek, Stefaans. Mens dien dit elke dag en nié nét in SA nie. Oral op die Afrika kontinent gebrur sulke wreedhede. Ek weet, want ek reis dikwels buite die grense van SA.

My opinie ·

Heeltemal korrek, Stefaabs. Dir gebeur nie net in SA nie, maar oral op die Afrika kontinent. Ek reis dikwels na Afrika en hoor dikwels van sulke gruweldade in sommige lande.

My opinie ·

Heeltemal korrek, Stefaabs. Dir gebeur nie net in SA nie, maar oral op die Afrika kontinent. Ek reis dikwels na Afrika en hoor dikwels van sulke gruweldade in sommige lande.

Andre ·

Kom ons wees nou maar eenmaal eerlik, waarom is dit altyd net Blankes wat so wreed aangeval word? Eenvoudig, hulle haat ons met ‘n passie en daar is geen whitewashing daaraan te smeer nie!

Landi ·

Dit is nie net blankes wat vermoor word nie. Julle rassisme maak julle blind. Net so blind soos toe julle JA gestem het…

Sneeubal ·

@Landi : Selfde ou liberale twak , rinse and repeat. Blankes sing nie liedjies waar hulle se dat swartmense doodgemaak moet word nie , geen blanke leier of blank staatspresident het al ooit gesing dat iemand sy masjiengeweergeweer vir hom moet bring nie , geen blankes vaar in lokasies of plakkerskampe in en moor en verkrag en besteel nie. As jy skrik ,skrik tog net wakker jong!

Tim ·

Hmmm jy sal seker dan net so veilig voel soos die bure, as jy die enigste blanke sou wees in ‘n swart gebied…

Enetjie vir Gillian Schutte ·

Hierdie is enetjie vir Gillian Schutte, uitgesproke aktivis, los dit vir ons op asb.

Go ·

Gillian stel nie die minste belang nie, sy is net vir eie gewin en browny points.

PJ ·

Willie hy baie trots hy mos gesè ons stuur af op choas en moet toe gee. Wonder wat noem hy wat nou met ons gebeur paradys?

hettie ·

Hoekom moet ons nog bekommerd wees oor terroriste aanvaalle Hulle is klaar hier tussen ons Net onder n ander naam geklassifiseer

JJ ·

Dit is baie goed gestel – om te dink jare terug is teen hulle baklei en nou regeer hulle ons land. En wat was hulle jare terug genome…

Oom Gert ·

Dit gaan my gesonde verstand te bowe dat een mens so wreed teenoor n ander kan optree! Wat gaan aan?

pop ·

Ons mense word te gerus. Mens stop jaar in en jaar uit in jou oprit en dan raak jy gerus. Moet nooit ooit gerus raak nie. Maak liewer n gewoonte daarvan om n wapen op jou skoot te dra. altyd, dit kan jou lewe red.

Oom Gert ·

JJ! Moet dan tog nie so verbitterd wees nie! Solank by van ons en hulls praat, sal ons reenboognasie nooit realiseer nie. Maak n kopskuif Ou seun/dogter!

Gerhard ·

jammer oom Gert, maar dit is “ons” en “hulle” en solank ons op die aarde loop sal dit so bly

Weet ·

Oom gertjie glo my, hulle sien jou en ons nie as deel van ons nie. Ons eie president en wetmakers sien witmense as die vyand, dit is hulle wat ons wegstoot en die instrumente van n regering gebruik om dit te doen.

Patrys ·

Nee “ou” oom Gert! Geen kop skuif! Net common sense! Hulle Haat ons met ‘n bitter hart en Sal nie stop voor dat ons Almal uit gemoor is nie! Dieselfde het gebeur destyds in Kenya met Mau Mau. My pa was toevallig een van die blanke “vlugtelinge” Wat destyds moes vlug vir hul lewe …. Net jammer ons het nou nerens om geen te vlug nie!

Patrys ·

Nee oom Gert! Geen kop skuif net common sense. Hul Sal nie rus voor ons Almal uit gemoor is nie. Nes destyds in Kenya met Mau Mau. My pa was toevallig een van daai “vlugtelinge ” Wat alles moes agterlaat en vlug vir hul lewens …… Net jammer ons het nou nerens om geen te vlug nie!

herman ·

Ek het onlangs met polisie speurder gepraat en gevra wat is my regte as ek aangeval word. Die regte ding om te doen is om jouself te bewapen sodat jy jouself teen sulke gruwel gemors kan beskerm. Ek vra almal, bewapen jouself en skiet as jy in gevaar is. Moenie eers winkel toe gaan sonder jou vuurwapen nie. Enigiets gebeur enige plek. Sterkte aan Debi en gesin.

Rina ·

ie dame wat by my werk se in hul lokasie is daar n klomp jong seuns wat gereg in eie hande neem met sambokke. Sy se die polisie doen niks aan enige sake nie, as daar inbraak of iets is gaan soek die jongklomp hulle en hulle word geslaan met sambokke. Wit en swart is gatvol vir die geweld, nou neem hul die gereg in eie hande.

Sharmaine Erasmus ·

Ons moet Orania of iets soortgelyk gaan be woon en bewaar en na onsself omsien en beskerm want hierdie hope lose regarding sal nooit die land se burgers beskerm nie.

Andrea van Vuren ·

Ag Sharmaine, selfs Orania word nou deur EFF bedreig. ! Ons is nêrens meer veilig nie!

Einneh ·

Wees altyd paraat. Veg vuur met vuur. Staan saam. Laat misdadigers leer om blanke teikens te vrees.

Martie Els ·

My vriend is twee weke gelede een Sondag oggend 1:30 in sy woonstel verras deur ‘n inbreker wat met ‘n flits in sy oë skyn om te kyk of hy wakker is…of wat ookal! Wat die mnr nie geweet het nie is dat Leon met sy wapen altyd onder sy kopkussing slaap (geslaap het). In die donkerte het hy opgespring en na die figuur geskiet – morsdood!!! Hy het die polisie geskakel en hulle het hom laat toesluit en vir moord aangekla. Nou vra ons onsself af – moes hy of moes hy nie….

Elza ·

Oplossing sal wees sigbare polisie en sekuriteitsmense in elke voorstad en al die omgewings dan kan daar wees vertroue wees in die polisie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.