[Video] JMPD-beampte in hospitaal ná kerkgangers hom aanval

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Beampte van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is in die hospitaal opgeneem nadat hy en ʼn kollega Sondag deur ʼn groep kerkgangers aangeval en hul vuurwapens afgeneem is buite ʼn kerk in Hillbrow.

Die stad se departement van openbare veiligheid het die aanval op ʼn JMPD-beampte en die bestuurder van ʼn JMPD-insleepvragmotor ten sterkste veroordeel.

Volgens die verklaring het die aanval plaasgevind toe die twee beamptes ʼn motor wat onwettig in Claimstraat in Hillbrow geparkeer was wou wegsleep omdat dit ʼn verkeersopeenhoping veroorsaak het.

“Uit voorlopige inligting blyk dit dat die JMPD-beampte sy vuurwapen uitgehaal en ʼn skoot in die lug afgevuur het om te voorkom dat die oproerige kerkgangers na hulle toe beweeg. Dit het hulle egter nie van stryk gebring nie en hulle het die beampte aangeval,” lui die verklaring.

Die kerkgangers het die beampte oorrompel en hom ontwapen. Hulle het hom geslaan en hy was bewusteloos toe hy na die Milpark-hospitaal gehaas is.

Verskillende video’s van die voorval is sedertdien op sosiale media gedeel.

“Die aanvallers het die vuurwapen by die Johannesburg Sentraal-polisiestasie ingehandig en een van die aanvallers is by die stasie aangehou vir die onwettige besit van ʼn JMPD-vuurwapen,” lui die verklaring.
Michael Sun, Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het die voorval ook ten sterkste veroordeel.

“Ons sal nie toelaat dat die aanval op ons metropolisie onvervolg gelaat word nie. Die skuldiges sal moet teregstaan vir dié daad. Die voorval sal ondersoek word en die skuldiges sal aan die pen ry. Die departement wens die beampte wat steeds in die hospitaal is ʼn spoedige herstel toe,” het hy gesê.

Kyk hier na ʼn video van die voorval:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Botterblommetjie ·

Wat sal mens sê… Die land en polisie het hul eie reëls geskryf en die massas volg maar net die reëls…..

Landie ·

Put your money where your mouth is JMPD. Kom ons kyk of hier iets van gaan kom.

Jack Louw ·

“A bullet fired into the air can return to earth at speeds between 300 and 700 feet per second, fast enough to pierce a person’s skull,” Baca claimed.

Hanna ·

Kyk, as kerkgangers wat pas uit n erediens gestap het al reeds so misdadig is, dan is ons land in groter moeilikheid as wat gevrees is…

pieter ·

Die kerk in Hillbrow, en ek kan amper my salaris daarop sit dat dit hoofsaaklik Nigeriërs is wat daar teenwoordig was. Die absolute arrogansie van die mense ….

Sal graag wil sien of enigiemand vervolg gaan word.

Alida ·

Niemand gaan vervolg word nie. Ons lees elke dag van al die stelery en korrupsie by Eskom, Dept van Gesondheid en baie ander maar ons hoor NOOIT wanneer word die mense vervolg of enigsins gestraf nie. Blade Nzibande is afgedank maar werk nog steeds. Soos ek verstaan as mens afgedank word is jy werkloos en sonder inkomste of werk dit nie so in ons regering nie. Zuma dank mense af maar hulle verdien nou meer as in hulle vorige poste. Kan iemand my ASB reghelp hier of verstaan ek nie.

Piet Pompies ·

Kerke word geteiken deur verkeerdepartement, onlangs was daar ‘n berig oor kerkgangers in Vereeniging wat boetes gekry het gedurende die diens omdat voertuie nie volgens die wet geparkeer het. Die kerk is gewild en gemerkte parkering is onvoldoende, mense het op die sypaadjie parkeer en boetes gekry. Dit op ‘n Sondag, min verkeer binne die woongebied, duidelik net ‘n manier om maklik fondse in te samel….

DAVID ·

JMPD amptenare on opgelei,wat help dit om n waarskuwing skoot te vuur dan word sy wapen elkgeval afgevat,waar is hulle versterkings,ek stem saam NIEMAND gaan aangekla word nie

Sakkie ·

As die JMPD nie die werk doen nie is die klagtes ‘n koor. Doen hulle die werk en word aangeval in die utvoer van hulle pligte word dit ‘n massa leed vermakerige koor. Wat wil julle nou eitlik hê?

Maria Marais ·

Daai was nie net een skoot dit was 3, duidelik na die eerste skoot het die mense geskrik en daarom storm almal seker op hom af want dis baie gevaarlik wat hy doen dink ek ?

Piet Pompies ·

Die optrede is vreemd, wie sal nou waarskuwings skote moet afvuur waar iemand ‘n verkeers ootreding began het…. maak net nie sin. Die oortreding regverdig nie waarskuwing skote!

Gert ·

Waarheen het daai skoot gegaan. Skiet om te wond. Val mos polisie man aan. Sars ondersoek kerk. Kyk of permitte reg is.

Leahim ·

Die beampte moet aangekla word oor die vuur van n wapen in n beboude gebied as jy nie jou wapen gaan gebruik om jouself of ander se lewe te beskerm nie moet hom nie eers uit sy skede haal nie.

Steven ·

Wonder wat sou gebeur het as die ‘aanvallers’ wit was wat die swart Metro polisieman aangeval het? seker 10jaar tronk toe. Maar as dit swart op swart is, word dit onder die mat ingevee.genoeg om van naar te word.
#JusticeForAll

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.