Video: Joernalis by ANC-konferensie uitgeboender

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Suid-Afrikaanse joernalis is Dinsdag glo deur ʼn veiligheidsbeampte hardhandig behandel en by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg uitgeboender.

Volgens berigte het die onderonsie begin toe die Bloomberg-joernalis, Sam Mkokeli, se media-akkreditasiekaart hardhandig van hom afgeneem is toe hy ʼn groep joernaliste van een plek by die konferensiesentrum na ʼn ander wou begelei.

ʼn Groep van nagenoeg 80 joernaliste het vir langers as 40 minute buite in die son gewag om deur die nuutverkose ANC-president, Cyril Ramaphosa, toegespreek te word.

Mkokeli, wat ook voorsitter is van die subkomitee oor mediavryheid vir die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef), het uitgevaar omdat die joernaliste so lank moes wag aangesien hulle spertye het om te haal. Hy het daarop aangedring om terug te gaan na die medialokaal by die sentrum.

Sy versoek het op dowe ore geval. ANC-veiligheidspersoneel het glo aan hom gesê daar is nie genoeg veiligheidswagte om die joernaliste terug na die medialokaal te begelei nie, aangesien die wagte saam met Ramaphosa was.

Mkokeli wou self na die lokaal stap, waarna die gestoeiery ontstaan en hy uit die perseel begelei is. ʼn Ander joernalis het ʼn video geneem van hoe Mkokeli hardhandig behandel word, onderwyl ʼn polisiebeampte probeer verhoed dat sy die video neem. Dié video versprei intussen soos ʼn veldbrand op sosiale media.

Mkokeli het gesê hy het nie vir homself so opgetree nie, maar vir verskeie joernaliste wat spertye gemis het weens “ʼn eindelose gewag” en vir die wat deur veiligheidwagte “geteister” word.

Joernaliste is Maandagaand glo gedwing om foto’s van hul kameras en selfone te verwyder nadat ʼn gestremde fotograaf tydens die harwar tydens die bekendmaking van die uitslag van die verkiesing rondgestamp is en sy prostese losgekom het. ʼn Vroulike joernalis beweer ook sy is glo tydens die konferensie, wat Saterdag begin het, onbehoorlik aangeraak.

Mahlatse Gallens, Sanef se voorsitter, het ná Mkokeli se voorval ʼn dringende vergadering met die ANC se topbeamptes aangevra om kwessies oor mediavryheid te bespreek. Die ANC het kort daarna om verskoning gevra.

“Die vergadering was produktief. Die ANC het joernaliste wat sleg behandel word, versoek om alle voorvalle aan te meld sodra dit gebeur sodat hulle dit kan hanteer. Die ANC het ook onderneem om Dinsdag se voorval te ondersoek,” het Gallens gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eish ·

Dis vreemd dat n Afrikaan onbekend is met Afrikatyd, altyd laat.
Laat my terugdink aan die dae toe die pers gemuilband is deur wetgewing, die tekens is tog daar dat dit weer oppad is.
Die waarheid is maar n pynlike affêre. Vir beide die wat dit verkondig sowel as die wat vlug daarvan.

jaco ·

As hy wit was kon ek nog die hardhandige optrede teen hom verstaan, MAAR hy is net so swart soos die oorgrote meerderheid in die ANC. Waarom is hulle dan lelik met iemand van hulle eie ras?

Koos1 ·

Jaco seker vir die selfde rede dat Zoeloe en Khoza en Swazi nie saam braai nie.
Apartheid was mos net wit teen gekleurd, maar soos ek in die verlede al genoem het het alle lande en volke apartheid………, Ekonomiese apartheid, Klasse Apartheid…….. Godsdiens apartheid, en so kan ons maar aangaan!

Henk ·

Ongelooflik hoe die joernaliste self se storie minuut by minuut verander en aangepas word. Laat ons nie vir mekaar lieg nie, net so arrogant as wat hierdie sogenaamde polisielede/ sekuriteitswagte van hierdie land se BBP’s is net so arrogant is die land se joernaliste. Dit is interesant dat die storie net vertel word van die tyd wat die video opname gemaak is en alles wat dit vooraf gegaan het, word aangepas soos wat dit die verteller pas. Dit herinner aan die ewige “apartheid” en “rassisme” storie wat voortdurend voorgehou word as dit sekere groeperings nie pas nie.

Lukas ·

Snaaks hoe al die polisie se eerste reaksie is om die kamera toe te maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.