Video: Joernalis sê jammer ná plaasmoord-kruis brand

‘n Skermgreep uit die video.

Die joernalis wat vandeesweek ’n herrie op sosiale media ontketen het nadat hy ’n wit kruis ter ere van die slagoffers van plaasmoorde in Brits in Noordwes aan die brand gesteek het, het om verskoning gevra.

Talle sosialemediagebruikers het vandeesweek woedend gereageer nadat ’n video op sosiale media die ronde gedoen het waarin gesien kan word hoe Nick Motloung, ’n joernalis by Madibeng FM, Maandag die wit kruis aan die brand steek.

“Dit was verkeerd.” Motloung het gesê hy het dit gedoen in reaksie op ’n voorval op ’n plaas in die omgewing. Veiligheidswagte het vroeër Maandag met rubberkoeëls op plaaswerkers op ’n plaas in die omgewing geskiet nadat ’n loongeskil tot onrus gelei het.

Hy het die kruis gebrand in die lig van plaaswerkers wat “mishandel, uitgebuit, op geskiet en gevloek” word, het Motloung aangevoer. Hy het verder gesê hoewel hy gekant is teen plaasmoorde, moet die mishandeling en misbruik van plaaswerkers ook end kry.

Hy besef nou dat sy optrede baie mense, swart en wit, ontstel en pyn veroorsaak het. Volgens Motloung wou hy bloot aandag trek om mense aan die praat te kry oor plaaswerkers se uitdagings.

“Ek is ’n Christen en daarom gaan ek om verskoning vra … Al wat ek kan sê, is dat ek hul pyn voel en daarom gaan ek daarvoor om verskoning vra.”

Nick Motloung (Foto: Facebook)

Anthony Hall, ’n aktivis teen plaasmoorde, het intussen aangedui dat hy Dinsdag ’n saak van brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging teen Motloung by die polisiestasie in Worcester in die Wes-Kaap aanhangig gemaak het.

’n Nuwe kruis ter ere van plaasmoordslagoffers is glo reeds in die beskadigde kruis se plek opgerig.

Arbeidgeskil

Gert Janse van Rensburg, eienaar van die groenteplaas Langplaas in die omgewing van Brits, sê dié plaas se werkers was Maandag ongelukkig omdat hul loon minder as dié van die vorige maand was weens ’n nuwe betaalsisteem.

Volgens Janse van Rensburg is die werkers reeds in September betaal vir die eerste twee dae in Oktober se werk hoewel hulle dit nie verstaan het toe hulle Oktober se loon ontvang het en dit natuurlik minder as die vorige maand was nie.

Om sake te vererger het die EFF glo betrokke geraak wat daartoe gelei het dat die werkers nie die vrymoedigheid gehad het om met die bestuur daaroor te praat nie.

Die plaaswerkers het gevolglik Maandag oproerig geraak en klippe is glo na die bestuur op die plaas gegooi terwyl skade aan vragmotors op die plaas aangerig is. Dit het ook in ’n stadium gelyk asof eiendom aan die brand gesteek gaan word en die hulp van private veiligheidswagte is ingeroep.

Volgens Janse van Rensburg het die veiligheidswagte glo die situasie probeer ontlont toe van die plaaswerkers een van hulle se vuurwapen wou afneem.

Rubberkoeëls is gevolglik afgevuur en ses plaaswerkers is in die voorval beseer.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Sy sê twee van die plaaswerkers is ernstig beseer terwyl vier ligte beserings opgedoen het.

Ses sake van poging tot moord is ná die voorval by die polisie aanhangig gemaak.

Botma sê ’n groep EFF-lede het Woensdag by Langplaas betoog hoewel die betoging vreedsaam verloop het. ’n Ander betoging elders deur die ANC rakende die kwessie was egter meer oproerig.

Twee sake van kwaadwillige saakbeskadiging en een van openbare geweld is ná dié betoging aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Aai ·

Jy het nou die Leeu omgekrap.Die skade wat jy gedoen het is omkeerbaar.Julle dink julle kan doen wat julle wil en mense seermaak en dan die volgende dag se jammer nie so maklik.

Misky ·

Nee wat, jammer sê gaan nie werk nie!!!! En dan kom hy met n tyre daaraan en steek aan die brand….. wys net die denkwyse en dis direk op boere gemik. Vat die saak verder asb asook die spul oproerige plaaswerkers

SomeOne ·

daar moet ook ‘n klag teenoor die persoon wat geskree het, “run for your life” ingedien word, sy het hom aangehits

Jandup ·

Ek dink nie jammer is genoeg nie. Hy moet maar vat wat na sy kant toe kom.

TARINA ·

Hy moet assebief nie weer sê – hy is ‘n Christen. Hy ken nie die betenis daarvan

Louis ·

Hi Tarina, ek ken nie hierdie joernalis nie en weet ook nie of hy bely dat hy n Christen is nie maar dit weet ek: As belydende Christen maak ek ook dom foute maar besef altyd dat ek verkeerd was. Dit word sonde en belydenis genoem…ek is seker ons almal ly aan hierdie toestand. Miskien het hy (die joernalis) ook maar net so fout gemaak. Wees dan versigtig dat jy nie sy etnisiteit wil gebruik as n verskoning om hom uit te sluit uit die Koningkryk nie en nie sy dade nie…

'n Simpelman ·

Daar is ‘n verskil tussen fout en opset.

Die dag kom nader waar die Christen nie net meer die ander wang gaan draai.

Laat my ‘n voorbeeld toe Louis.
As iemand jou vas parkeer, is dit nie ‘n ongeluk of ‘n fout, dit was met opset gedoen. Die persoon het geweet hy doen verkeerd en “sorry” dan nie ‘n opsie. Jy hom klaar vergewe vir jou tyd gemors deur net te wag en geen skade aan sy voertuig te doen. Die Christen ding om te doen. Maar om sy verwaandheid en “entighteled” te aanvaar moeilik. Hy sal nie verander en tree dus nie soos ‘n Christen op.

Daleen ·

Jy mag nie oordeel as JY ‘n Christen is nie. Ek praat nie sy daad goed nie – inteendeel – maar as jy sy Christenskap aanval is jy niks beter as hy nie. Dan kan daar gese word moenie se jy is’ n Christen nie want jy oordeel.

Werner ·

Sy dade wys duidelik dat hy nie n christen is nie.En hy weet duidelik nie wat dit beteken nie

Porseleintjie ·

As Christen het ons die HG wat ons lei. Ons het n keuse in dit wat ons dink, doen en sê. Die joernalis as belydende Christen, het dan mos geweet hy doen verkeerd. Hoekom het hy dan nie van die begin af soos n Christen opgetree nie? Hy het sy eie wil op die voorgrond gestel en daarvolgens gehandel. God sê wanneer ons weet wat verkeerd is en ons doen dit steeds, dan word die sonde ons tot oordeel gereken. Sy jammer is dus v geen waarde en as Christen maak hy God se genade goedkoop.

Hercules ·

hy mag ‘n christen wees, maar volgens sy optrede, is hy defnitief nie ‘n volgeling van Jesus nie!!

Casper ·

Wat het hy met politiek uit te waai.Hy as joernalis moet verslag doen oor gebeure en nie names werkers op plase optreë nie.Hy het nie die feite nagegaan nie.Hy moet asseblief nie vir my sê hy is teen plaasmoorde nie want hy kan nie geglo word nie.Mnr.Motloung jou appologie is nie aanvaarbaar nie.

Dries ·

Geen verskoning is ooit genoeg nie, maak nie saak wie wat se of doen nie. So joune ook nie, joernalis. En soos die standaarde in die verlede al gewys het, behoort jy nou summier jou werk kwyt te wees.

Manie ·

Asb Nick ‘n Christen tree nie op soos jy nie en die kinders en volgeling van die Hemelse Here nog minder. Ek skaam my om met jou optrede te vereenselwig word!! Ons moet nie ons geloof gebruik vir enige skynheilige verskoning nie!!

Connie ·

Hy weet nie eers wat dit beteken nie. Weg met hom, of gaan hy ook net op die vinngers getik word, hy het mos jammer gese. Dit maak my siek.

Blikke ·

Net die mannetjie toe hy die daad pleeg maar nou dat hy sien hy kan vasgevat word is hy skielik jammer? Nee wat maak vuur onder hom in die hof en gooi die sleutel weg!!!

Dollatjie ·

Ek is siek en sat daarvan dat mense die ergste goed kan sê en doen , en dan net kamtig om verskoning kan vra en alles is piekfyn. “Eks jammer” en “christen” word van die goedkoopste woorde van ons tyd en beteken nie meer veel nie. Die wêreld word al maller by die dag. Groot moeilikheid lê vir ons voor die deur.????

Casper ·

Wat het die EFF en die ANC daar verloor.Dit was ‘n loongeskil tussen die werkers en die bestuur.Hoekom tree hulle nie op teen plaasaanval nie.Wit en swart word op plase aangeval maar geen protesaksie van hulle nie.Sy werkgewer moet teen hom optreë want sy politieke motief is duidelik.

Elize ·

Jammer gaan ongelukkig nie help nie, so het julle ons geleer. …..
Wat lone aanbetref, betaal maar liewer altyd dieselfde anders is daar verwarring.

Moedeloos ·

Lees die berig. Daar is nie met die lone gepeuter nie. Ek werk in n lone kantoor en weet presies waarna verwys word. Met oorskakeling van een stelsel na ander is altyd onverstaanbaar vir die mense al probeer jy hoe hard om dit duidelik vir hulle te maak. En indien politiek ook nog inspring ontaard dit in n nagmerrie soos met hierdie geval. Hul wil net afbrand en afbreek

Moedeloos ·

Ek hoop hy word ook geskors uit sy beroep as joernalis totdat die saak afgehandel is.

Persheks Adri ·

Hierdie gedrag is totaal en al onaanvaarbaar! Jammer beteken NIKS nie. Weet “our people” hoe daar eintlik na die werkers omgesien word? Duidelik nie, want hulle kry huise, krag, kos ens.

Anel ·

En dan is jammer sê genoeg. Werk nie vir my nie. By het die buiteband spesiaal saam met hom gevat, vir ‘n rede. Het dit nie sommer net daar op getel nie. Baie blankes het al hul werk verloor en in die tronk beland vir minder as dit!!!

BARNEY ·

Dit is die gevolg van rassistiese inmenging deur politieke partye in die bestuur van plase, as hulle bloot navrae gedoen het oor die lone sou sake anders verloop het. Ongelukkig word als beskou as ‘n rasse aanval op werkers. Hierdie aanhoudende aanval op boere is slegs deel van die strategiese oorlogvoering om die boere van hulle grond af te kry.

Kosie ·

Wat het dit met die kruis te doen, en jy weet dit is n liegstorie nou praat jy hom aan

Johan ·

As jy as joernalis jou werk gedoen het, sou jy uitgevind het die loon verskil is weens ‘n nuwe betaalsisteem. Maar nee, jy verkies om te gaan brand stig en op baie sensitiewe tone te gaan trap. Tipies!

Cecilia ·

Dis opsetlik gedoen om d Boere te tart. Hy het geen respek vir d slagoffers en hul gesinne nie.
Moes Langplaas boer net staan en toe kyk hoe oproerige EFF ondersteuners sy plaas plunder en afbrand? Hy het net verdedig wat syne is.
D kaders het geen mentaliteit nie. As ek d boer is jaag ek d hele spul soos sleg brandsiek honde v my grond af!

JohanR ·

In die geval is jammer nie genoeg nie. As ‘n joernalis behoort jy jou soos ‘n groot mens te gedra en verantwoordelikheid te wys.

Natasha ·

As joernalis is jou werk om onpartydig te bly ten spyte van jou persoonlike voorkeure en gevoelens. As hy meer aandag op die hantering van plaaswerkers wil bring moes hy in diepte berigte daaroor gaan skryf het in plaas van om ‘n kruis uit te brand. Hoe kan jy beweer jy is teen plaasmoorde, maar jou optrede bewys die teenoorgestelde? Dade spreek harder as woorde. As jy regtig SO jammer is gaan werk vir 2 jaar op ‘n plaas en kyk waaroor dit regtig gaan voor jy jou mond uitspoel oor iets wat jy nie verstaan nie. Voel jy nie ook die boere se vrese en pyn nie?

Net ek ·

Gesien die mense is effe omgekrap, nou sê hy skielik jammer. Se toon man, jy is nie jammer nie, dit was met opset gedoen. Wens iemand wil hom aankla van haat misdaad. Sekerlik werk hy nog steeds en word as ‘n hero beskou. Wonder wat sou gebeur as die sitsuasie anders om was????

JM ·

As iets julle nie aanstaan nie, gryp julle vir vuurhoutjies! Julle ken nie iets soos selfbeheersing nie en dan sê jy jy is ‘n Christen!! ‘n Christen tree nie so op nie. Die aantygings dat die plaaswerkers uitgebyt, mishandel en op gevloek word, is LEUENS! Raak ontslae van die haat in jou hart! Nou is jy kamtig jammer, die skade is gedoen.

Rentia ·

As daar nie geld is nie, waarmee moet die boere werkers betaal? JA, werkers werk deksels hard op plase, maar hoekom ‘n kruis brand? Is dit die boere se skuld dat die regering die land gesluit het? Dat alles moes stilstaan vir maande, dat daar bloot net nie geld is nie? Jou dade weerspreek jou woorde – maak reg wat jy skandelik verbrou het!

Janine ·

Die mense IS betaal. Hemel, lees weer die berig stadig deur, sodat jy kan verstaan!

nell ·

Wat ‘n uiters laakbare daad! Dit grens aan aanhitsing tot soortgelyke voorvalle in die toekoms. Mabikeng FM behoort hom onmiddellik in die pad te steek.

Andrew ·

Tronk toe met jou, jy is net jammer omdat jy in die moeilikheid is.

Vonkprop ·

Ek is ook ‘n Christen maar ek brand nie ander mense se goed af wat betekenis het nie. En dan het hy die vermetelheid om te sê hy het dit gedoen om aandag te trek vir werkers? Hoekom dan nie jou eie ding doen nie? Hoekom iemand anders se goed afbrand om jou eie agenda te dryf. Swak verskoning. En van wanneer af beskadig joernaliste goed om hulle boodskap oor te kry en verslag te doen? Jy moet net verslag doen dis al, jy hoef aan niks te raak nie.

Toktokkie ·

Die mannetjie het seker gesien watse reaksie dit uilok, en nie net van wit mense in SA nie. Ek is so moeg daarvoor dat mense “ek is ‘n christen” misbruik. Talk is cheap, jou aksies spreek hoegnaamd nie van die van ‘n christen nie. Jou haat lê diep en jy het dit baie mooi gewys in die video van jou wat nou wyd en suid versprei is. En dan is jy nogal ‘n joernalis ook! Ai ai…..Mesne moet besef, daar is net twee kante, die haat kant en die ander kant. Wereldwyd wil mense verskonings gebruik om aan hul haat uiting te gee. Rasisme is maar net een gedeelte. Haat is haat, en jy meneer moet dit ook besef. As jy wel ‘n christen is soos wat jy sê, gaan werk bietjie aan daai haat van jou.

GenX ·

Rerig Sarel. Ek het niks gaan afbrand toe die regering met lockdown aan my salaris gepeuter het nie.

Coenraad ·

As jy ‘n klip na iemand gooi, gooi jy om seer of dood te maak, maar nou is daar “ses sake van poging tot moord” teen diegene wat hul eiendom wou beskerm. Belaglik.

lollapot ·

Te laat, jou jammer het vure aangeblaas en deure oop gemaak vir NOG plaasaanvalle en moorde!

Danny ·

Uiters uiters swak smaak. Logika het duidelik nie hier ‘n rol gespeel nie. En hy is in publieke oog – dank hom af. As rubberkoeëls gebruik moes word was die ‘onrus’ deur die ‘slagoffers’ klaarblyklik nie net ‘n onskuldige of ligte voorval nie. Kry jou feite reg!!!

Saartjievandiebosveld ·

‘N Christen doen nie Wat hy gedoen het nie….ag nee man…dis vir jou…

JB14 ·

So moeg dat hierdie mense altyd goed begin maar as daar opgetree word teen hulle dan speel hulle die “slagoffers” Miskien moet hierdie joernalis eerder bietjie uitvind wat is die ware storie voor hy optree.

Die Goodwoodianer ·

So jy brand n plaasmoord kruis want daar was n dispuut tussen n boer en sy werkers wat eintlik net n misverstand was, wat toe reaksie vanaf die ANC en EFF gelok het en dus verder verskeurings veroorsaak het. Is… is ek reg?

Patch ·

Skade is reeds gedoen en standpunt bewys. Jammer word so ligtelik deur die “volk” gebruik as hulle iets verkeerd doen. Maak my woedend

Zombie ·

Nou stel hy nog sy gebrekkige vermoë om ń logiese en rasionele argument te maak, ten toon: Veiligheidswagte skiet op mense met rubberkoeëls as gevolg van onrus en daarom steek hy ń kruis aan die brand wat met plaasmoorde verband hou.
Dunning-Kruger Effek??

Michael ·

Nog n eff aanhitsing. Jammer beteken niks. Wonder hoe sal hul optree as ek n tyre vat en om die nelson mandela standbeeld se nek plaas en hom aan die brand steek…

Cindy ·

‘n Christen wat kruise brand… nou het ek als gesien! Voetsek meneer, jou jammer beteken minder as niks

Antjiepat ·

Ok so wie aan ‘n klag le teen Madibeng FM, want mnr is mos
n joernalis wat hul verteenwoordig so dus hul spreek persoon. As radio stasie moet hul mos ‘n media verklaring uitreik wat of teen die mnr se optrede is en ook se watter disiplinere stappe geneem gaan word teen hom. Geen so verklaring is uitgereik nie dus stem hul saam met hul joernalis se optrede dus kan die radio stasie mos aangekla word by MRK. Of is my redenasie nou dom??

Louise ·

En dit nou oor twee dae se pay wat hulle rééds ontvang het.

Karina ·

Die woord “jammer” na die tyd beteken absoluut niks! Jy het nou getrap waar jy nie moes trap nie. Madibeng FM moet verseker tugstappe teen hom neem oor sy dade.

Johan D ·

Nee wat ou Nick, dit is te maklik om jammer te sê en nogal boonop die “Christen” kaart skiet. As jy dan nou ʼn Christen was soos jy sê sou jy dit nie gedoen het nie!

saggiespraat ·

Aan al die plaaseienaars daar is baie wit mense wat n plekkie in julle jaart sal waardeur en help boer
vir n kossie op die Tafel sonder enige Vals woorde of leens en en en en.

Gerhardus ·

Too little – too late. Actions have consequences. Hoekom het hy, as “joernalis”, nie eers seker gemaak waaroor daar teen die werkers opgetree is, vóórdat hy die kruis aan die brand gesteek het nie. Dan was dit nie nodig om ‘n swak poging tot ‘n verskoning te probeer maak nie.

As “Christen” moes hy geweet het wat die kruis beteken en voorstel, asook die vlambare situasie rondom plaasmoorde, maar hy dink mos, soos meeste in die land, met sy emosies en nie met sy verstand nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.