[Video] Jonges van SA beïndruk toeskouers, beoordelaars oorsee

Skermgreep uit die video

Die talent van die jong Suid-Afrikaners wat aan die wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste in Los Angeles, Amerika deelneem, dwing bewondering af by die beoordelaars en die toeskouers.

Suid-Afrika spog met 21 finaliste in die finale ronde van die wêreldkampioenskap by Long Beach Performing Arts Centre in Los Angeles.

Suid-Afrika het 69 deelnemers wat aan verskeie kategorieë deelgeneem het soos sing, dans, modelwerk, drama en instrumenteel. Meer as 60 lande neem vanjaar deel.

Lees hier meer oor die Suid-Afrikaanse span wat deelneem en bly op hoogte met hul vordering.

Die kampioenskap is oop vir enige ouderdom deelnemer en die jongste deelnemer vanjaar is vier jaar oud.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

En daar wen ons toe 4 world grand champions! Junior actor, junior instrumentalists, senior actor en senior dance group. Medaljes word huidiglik uit gedeel. Ons performing arts doen so goed! Jammer alles moet uit ons eie sakke kom. Borge? Enige iemand?

nannie ·

Baie geluk aan ons deelnemers. Uitstekende prestasie net om te kan deelneem.

Koos1 ·

‘n Goeie vriend van my se dogter het gaan deelneem. Ek stem saam met Theresa, geen hulp nie, alles moet betaal word deur die deelnemers. GEEN hulp van staat nie, maar die deelnemers neem onder die SA naam deel vir ons land! Waar is SASCOC? Waar is die Dept. van Kuns en Kultuur? Ek ken baie talentvolle dansers wat met gemak kan wen, maar nie die fondse het nie. Maar in SA gaan alle gelde en borge mos na rugby, sokker en krieket! Skandalig dink ek.

Nosbor ·

SASCOC sal slegs betrokke wees indien die dans beheerliggaam wat die kampioenskappe plaaslik aanbied ‘n lid is van SASCOC. As my geheue my nie in die steek laat nie mag dit DanceSport South Africa, voorheen FEDANSA, wees. Daar is jaarliks ook ‘n hele aantal Wêreld Kampioenskappe in dans, watter moet SASCOC, Die Departement van Sport of Kuns en Kultuur ondersteun en watter nie? Glo my na vier Dans Kampioenskappe oorsee sedert 2014 weet ek waarvan Theresa en jou vriend praat.

Theresa ·

Ek was self laas jaar n deelnemer, en is tans n direkteur vir Pretoria en omgewing. SACOPA (South African Championship of Performing Arts) bevorder al vir 20jaar die kunste, maar teen elke deelnemer se eie onkoste. Dis dans, sang, drama, instrumentaal en model. Hierdie is die eerste jaar wat daar bietjie blootstelling op die media was, hopelik word meer mense / maatskappye bewus gemaak van ons fenominale talent, en kan ons begin borge kry. Ek gee met liefde die organiseerders se besonderhede

Nosbor ·

Theresa jy is heeltemal reg, ons het ongelooflike talent in Suid Afrika en ek hoop saam met julle dat die media blootstelling potensieële borge se aandag sal trek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.