Video: Joost durf yswater aan vir bewustheid

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Wêreldwyd doen almal, van gewone burgers tot bekendes, nou hulle deel om bewustheid van motorneuronsiekte te kweek.

Joost van der Westhuizen, self ‘n MNS-lyer, het ook aan die uitdaging deelgeneem en onder ‘n emmer yswater deurgeloop.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bienkie ·

Dit vat aan mens se hart om Joost so te sien, maar ek is trots op hom omdat hy ingestem het.

Bibi ·

Dit wil gedoen wees Joost! Stem saam Bienkie, dis baie hartseer om hom so te sien maar hy het darem nog durf en guts hoor.

Rochelle ·

Ons het Maandag begrafnis gehou, vir ‘n naasbestaande tannie van ons, wat ‘n week terug aan Motor Neuron Disease gesterf het.
Sy is 3jaar terug ge-diagnoseer, en ons het letterlik gesien hoe sy net elke dag swakker en swakker word. Sy is die laaste jaar by die Hospice versorg tot haar einde, waar sy 24uur bed-lêend was. Sy was soos ‘n geraamtetjie wat op daardie bed gelê het op haar laaste dae, en sy het net met haar oë ge-kommunikeer.
Drie jaar terug het ons nie eens hiervan geweet nie , sy is net voor Joost gediagnoseer, en ek onthou ek het nog navorsing gedoen hieroor, omdat dit juis iets was wat mense van geweet of oor gepraat het nie, en daar was bitter min voorvalle van mense wat dit het.
Nou verskyn hierdie tipe siekte meer gereeld, en ek is bly die wêreld is besig om meer bewustheid hieraan te gee.
Ek wonder hoe ek kan ek self betrokke raak. Ek wil ook graag die yswater aanpak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.