Video: Joost het groot planne

V.l.n.r. Michael Yelseth (fotografie), Thomas Pretorius (regisseur), Joost van der Westhuizen, Odette Schwegler (regisseur en vervaardiger Blink Pictures), David Thorpe (uitvoerende hoof: J9-stigting) by die Saints-stadion in New Orleans, Amerika Foto: Blink Pictures (foto word met vergunning op Maroela Media gepubliseer)

ʼn Videogesprek met Dr Franclo Henning asook ʼn lokprent van die dokumentêr volg onderaan die berig.

Joost van der Westhuizen is drie jaar gelede met motorneuronsiekte gediagnoseer en nou wil hy graag fondse insamel om ʼn sentrum vir neuron-degeneratiewe siektes op te rig. Die sentrum beoog om sorg aan pasiënte te verskaf en navorsing oor die siekte te doen.

Die oprigting van dié nuwe sentrum is tydens die 2014 Silwerskermfees bekend gemaak tydens die première van die rolprent, Joost: Spel van Glorie. Die fliek vertel die storie van Joost se pad met motorneuronsiekte.

Maroela Media het met dr. Franclo Henning, ʼn senior neuroloog by die Universiteit van Stellenbosch en Tygerberg-hospitaal gesels oor sy betrokkenheid by die projek. In die video vertel Joost ook hoekom die projek vir hom so belangrik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.