Video: Jozi sonder krag ná substasie brand

Die brand het Maandagaand uitgebreek. (Foto: CityPowerJhb/Twitter)

Dele van die suide van Johannesburg is Maandagaand in duisternis gedompel nadat ʼn reusebrand by die Robertsham-substasie uitgebreek het.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê die brand het om 20:30 ontstaan en onder meer twee hooftransformators verwoes.

Talle woonbuurte in en om Robertsham, waaronder Nasrec, Ridgeway en Winchester Hills, se krag het byna onmiddellik afgegaan.

“Die brandweer is na die toneel ontbied en het kort daarna die brand onder bedwang gebring,” sê Mangena.

City Power waarsku dat daar, terwyl die transformators vervang word, verskeie kragonderbrekings in die gebied sal wees.

“Spanne van City Power sal egter gereed wees om hierdie onderbrekings te takel sodra dit veilig is om die substasie te betree.”

Mpho Moerane, burgemeester van Johannesburg, het intussen gesê hy gaan Dinsdagoggend die verwoeste substasie besoek om te verseker dat krag so vinnig moontlik na die nodige gebiede herstel word.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar forensiese ondersoekers is op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Swerwer ·

Wanneer gaan hierdie donker gehulde land se “Hoog geplaastes” ooit besef dat daar bevoegde, opgeleide mense aangestel moet word om die duisternis is lig om te skakel. Zimbabwe 2.

Misky ·

Laasweek het selfde in Durban gebeur ‘n dag nadat unies en vakbonde nie tot vergelyking kon kom nie. In totaal was 9 substasies gesaboteer en gebrand. Wat is die huidige stand van sake met Numsa in Jhb? Dink nie dis toevallig nie.

Tanniepetoors ·

Baie misleidende opskrif. Johannesburg bestaan nie net uit Robertsham en omgewing nie. MM, moenie paniek saai nie asseblief. Daar is genoeg ellende in ons land. Hoop vir inwoners en besighede in betrokke omgewing dat herstelwerk blitsvinnig en effektief gedoen sal word.

lodewyk ·

Middelburg MP,se munispale werkers is nou al meer as 21 dae op n onwettige staking vir verhogings en ander “demands”,ons vullis is nie verwyder vir n maand nie,sekere dele van die dorp is nou al meer as 7 dae sonder water a.g.v sabotasie by die water aanlegte,daaglikse krag onderbrekeings a.g.v sabotasie,nou sien ons vanoggend die werkers kry 6.5 % verhoging en die munisipale bestuurder kry R700 000 terug betaling omdat hy nou aanbweeg van vlak 5 na 6,nou vra ek,wie gaan die dienste geld terug betaal aan die inwoners wat elkke maand betaal vir vullis verwydering and ander dienste,wie betaal vir die ekstra uitgawes wat ons moes aangaan om water aan te koop en nog meer ?-Nee wat SA is nou in n ramp toestand -Dankie cANCer!!!

Piet parys ·

Gaan gooi al julle vuilgoed in die munisipale bestuurder se erf

JohanR ·

Die kaders kon weer bekostig om ‘n boxi vuurhoutjies te koop!

boerie ·

Donker Afrika weer van vooraf. Die kaders kan nie in n beskaafde land aanpas nie.

cccp ·

Forensiese ondersoek na die oorsaak nogal … dit is soos om met ‘n babelaas op te staan ná ‘n nag se gefuif en dan 2 of 3 spesialiste te gaan sien omdat jy hoofpyn het, naar is, en jou dors nie gelês kan word nie.

MakersMark ·

Africanacity. Kan nie ‘n water kraan behoorlik onderhou nie.

Francois ·

Dis ‘n wonder die ANC het nog nie kougom ook gebreek nie…

MakersMark ·

Dis definetief apartheid en “white privilege” se skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.