Juffrou geskors ná sy gr. R-kind klap

In die kort video wat wyd op sosiale media versprei word, wys dit hoe die leerder huil en neul terwyl die onderwyseres hom verwoed op die kop klap (Foto: Skermskoot uit video)

ʼn Herrie het op sosiale media uitgebreek nadat ʼn video aan die lig gekom het waarin ʼn onderwyseres van ʼn skool in Pretoria-Noord ʼn gr. R-leerder klap. Die onderwyseres is intussen geskors en sal dissiplinêr verhoor word.

Die kort video wat wyd op sosiale media versprei word, wys hoe die leerder huil en kerm terwyl die onderwyseres hom verwoed op die kop klap.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het aan Maroela Media bevestig dat die voorval verlede Donderdag by die Nchuncheko Primary School in Soshanguve, Pretoria-Noord, plaasgevind het. Hy sê die departement neem kennis van die voorval en die betrokke onderwyseres is met onmiddellike inwerkingtreding geskors.

Mabona sê die onderwyseres is na die departement se streekskantore verplaas en haar dissiplinêre verhoor sal eerskomende Maandag plaasvind.

Berading word ook aan die kind en sy familie gebied.

“Die voorval is uiters betreurenswaardig,” sê Mabona. “Ons veroordeel enige vorm van lyfstraf en opvoeders moet die wetgewing nakom.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Fedup ·

It is unacceptable for any teacher to hit a child on the head.
But one thing that makes my blood boil, how can a person stand aside, make a video and post it, without coming to that child’s aid?
What kind of people are we dealing with who care more about social media status and their phones than helping those in need?

Tolletjie ·

I agree, BUT without that video there probably wouldn’t have been any proof, or it might have been more difficult to prove. Nou kan sy aan die pen ry – die bewyse is daar en teen haar.

Johnny ·

Afrikaans: Graad O (nie nul nie) vir Ontvangsjaar
Engels: Grade R for Reception year

alice ·

Die ouers behoort ‘n klag van aanranding aanhangig te maak.

BARNEY ·

Die betrokke onderwyser moet krimineel ook vervolg word. Net ‘n vraag, wie het die voorval afgeneem?

Gato ·

Seker nou nie die regte manier om te straf nie maar ek dink nog altyd ‘n goeie pak slae op sy tyd wanneer dit regtig nodig is het nog nooit blywende skade veroorsaak nie. Dissipliene in skole bestaan nie meer nie dit is hoekom kinders mekaar en die onderwysers aanrand met messe en vuurwapens. Die verval van die samelewing se standaarde is duidelik vir enige iemand wat dit wil raaksien.

Anton ·

Ek het baie pakslae en klappe gekry as kind, en dit het van my n beter mens gemaak. Nou word daar berading vir die leerling en familie aangebied? Ons maak n klomp swak jeug groot wat dit nie in die grootmens wereld gaan maak nie.

Hippo ·

Ek het ook gereeld pakslae gekry as kind maar nie klappe teen my kop nie. Boude is gemaak vir paksale

Jack Russ1 ·

Stem saam dat ‘n goeie pakslae sy plek het, maar klap my kinds so aanhoudend op die kom dan sal dit jou laaste klap wees

Verskil Maker ·

Ek stem op n mate saam met jou, ons gatvelle was gereeld op die draad gehang. Maar darem nie in graad 1 nie en ook nie teen die kop geklap nie.

Tolletjie ·

Jy tugtig beslis nie enige kind deur hom/haar aanhoudend teen die kop te klap nie!!

VaalDonkie ·

Toe ek 11 was, het my pa my so teen die kop geklap. Dit was die dag wat ek nie meer lief was vir hom nie. Ek het nie eers gehuil toe hy 8 jaar later dood is nie. nee, dis nie net oor die klap nie. Dis oor die feit dat hy gedink het dis reg om so iets te doen omdat sy pa HOM so behandel het. Hulle het daai tyd mos geglo hoe misliker jy met jou kinders is, hoe beter.

Hester Wilhelmina ·

Tipiese manier van kinders dissiplineer onder sekere bevolkingsgroep. Sien dit gereeld. Klap hom teen die kop.

VaalDonkie ·

Sommige wittes maak ook so. Dis waarom hulle in bakleigatte ontaard wanneer hulle op die dorp kom en die brannewyn begin praat.

Misky ·

Sy kan dankbaar wees dis nie my kind wat sy so klap nie……

Lila ·

Ek wil graag weet wie die video geneem het? Dié is mos dan net so skuldig……

Tipper ·

En as n video nie daar was nie dan sou ons nie geweet het nie,n video help baie vir bewyse,die persoon wat die video geneem het,het nie gesê goed ek is gereed klap nou maar nie,hoe baie male het ek en jy nie al gesê,ai nou moet ons net n video gehad het,o Maggie’s ongelukkig het ek nie my cell foon nou hier nie anders kon ek dit afgeneem het,hoe sal die ander ons nou glo.

Saartjievandiebosveld ·

Klappe teen die kop is aanranding…
Sy kan bly wees dis nie my kind wat sy so teen die kop klap.

Andrew ·

What is the suggestion, that another GR R child (the person probably taking the video) should have jumped over his chair do n back-flip round house-kick in mid air and knock the teacher down?

BOKKIEBEK ·

Sy sal nie leef om daglig te sien as dit my kind of kleinkind is nie. As die kind stout is, tugtig hom met ‘n raps op die boud. Maar so??? NO WAYS….

LANA is ELANè ·

Hoekom is ene mnr Lesufi doodstil en nie reeds op die skoolgronde met sy rooipet brigade nie, is dit dalk omdat hy nie die raskaart by hierdie wrede voorval kan speel nie?

Wys net sy en die rooipette se dubbelstandaarde as dit by verskillende skole kom en hulle nie hulle politieke aspirasie kan bevoordeel deur om die skoolbeheerliggaam of te boelie, of sommer die skool op die plek toe te maak nie. Soos in die geval van “koeitjies en kalfies” skooltjie, waar daar geen mishandeling plaasgevind het nie.

Kerneels ·

Wonder ek ook.

Dis nou regtig iets om by betrokke te raak (anders as om die horriepiep te kry oor tieners wat aangespreek is oor hul haarstyle).

netek ·

Was dit my kind, sou hul nie nodig gehad het om haar te skors nie. Hulle sou haar begrafnis moes reël

Vanessa ·

In my dae was dit normaal om gegooi te word met items van die onderwyser/es se tafel af en ‘n klap te kry, liniale is gebreek op jou hande. Ek lewe nog en het gesorg dat my huiswerk gedoen is en dat ek myself gedra. My ma het geglo as ek ‘n klap kort moet ek geklap word en as sy enige klagters onvang het van die skool is ek goed ingevlieg. Ek sê nie mishandel die kind en slaan sonder ophou nie, maar ‘n pakslae op sy tyd doen nogal wondere.

Pieter ·

ToD liniaal het gereeld gebreek sommer in G1 veral in die Winter

VaalDonkie ·

Dis hoekom ons generasie grootgeword het sonder om ordentlik te kan lees of skryf, maar HEL, ons kan hard baklei hoor!

Jannie van Niekerk ·

‘n Saak het altyd twee kante. Wat het die leerder gedoen om die klap te verdien? Indien ek ‘n onderwyser was, sou ek al vyftig lewenslange vonnisse moes uitdien want 99,9 % van die leerders wat tans op skool, is het absoluut GEEN opvoeding of dissiplien nie.

Sê maar net ·

Sjoe! Kyk hoe hoog is haar hand. Daai kind was hard geslaan.
Ek het op ‘n stadium by ‘n skool klas gegee waar ‘n onbekende ouer in my klas ingestorm het met: ” Verskoon my asb juffrou”, ‘n sekere kind se naam gevra het om te sien waar hy sit, hom uit sy stoel geruk het en hom só geslaan het soos dié vrou op die foto.
Alles in ‘n kwessie van ‘n paar sekondes. En toe storm sy weer uit…Ek het amper my tong ingesluk en toe maar getroos.
Toe ek die onderhoof daaroor inlig, was die antwoord: “O, jy sal nog gewoond raak daaraan. Dit gebeur maar by dié skool…..”
Dit was my eerste dag by hierdie nuwe skool. Ek het die middag my bedanking ingedien…..
En net so terloops, waar is dié juf se masker?

Elize ·

Ek wonder nou net waar die videos altyd vandaan kom? Graad R. Sit al die kinders daar met selfone?

isabelle ·

ek het PUIK onderwysers gehaad
maar as ek vandag trug dink sou baaaaie van hulle in vet moeilikheid wees
Daar was gegooi met n bord borsel Pak gegee met n liniaal op die hand
maar in plaas van gaan huil by ons ouers het ons seker gemaak ons vergeet nie om huiswerk te doen of ondhou om op te let….

Karen ·

Op die hand ja nie teen die kop nie. Ek is nie gekant teen dissipline nie, geensins nie. Het self een keer deurgeloop en seker gemaak dit was die laaste. Maar jy klap nie ñ kind van 6 Jr oud wat nog ontwikkel teen die kop nie omdat hy huil.

VaalDonkie ·

Weet jy ne, die beste onderwysers wat ek in my lewe gehad het, het almal eerder ‘n passie vir die vak gehad. Dit het glad nie gegaan oor hoe seer hulle kon slaan nie. Net een van daai onderwysers van my het gelaaik van pakgee, maar ek het van hom gehou omdat hy jou uitgedaag het en gemotiveer het. Die pakslae was min, en net wanneer rerig nodig.

Karen ·

Nooit maar nooit slaan ñ mens iemand op die kop of nek, dit kan hul dood veroorsaak

Anoniem ·

Sy moet sumier geskors word uit die Onderwys. Sy verdien om sonder werk te sit.
Hoekom is sy nog nie toegesluit nie?

Karen ·

Poging tot moord, dit is waar aan sy skuldig is en die ouers moet asb ñ saak teen haar maak

Phillip ·

So waar is die EFF nou oor n swart kind geklap is. 9f is hulle ok daarmee omdat dit n swart juffrou is

Willem ·

Ek was in so `n onderwyseres se klas in graad 4 in Gauteng. Die onderwyseres het twee dik plastiekliniale op mekaar gevat en tussen die banke deurgeloop en as sy n fout gesien het het sy mens met daai liniale op die kop geslaan. Ek was een van haar slagoffers, tot my ma daarvan uitgevind het, toe word ek oorgeplaas na n ander registerklas toe.

Althes ·

Ek hoop die EFF betoog teen die mishandeling van die leerling.
Dalk is rent-a-crowd te duur en net gereserveer vir sekere rasgebaseerde sake.

fs ·

so waar is die ANC vroueliga, die EFF se dansende, gillende outjies nou… of is dit OK omdat dit swart op swart is…. as daardie nou ‘n leliewit juffrou was, dan was die skool tot op die grond verwoes…. Daardie arme kind gaan vir baie lank ‘n vrees vir skool hê en baie hulp nodig om die trauma te verwerk…

Erika ·

There is a difference between Discipline a child & abusing a child…
That person is not worthy of her job
The one who took the Video could have stepped in and Stopped it Immediately.. Instead This person is just as guilty -This video was taken for Entertainment Factor Not for Protection of the child

Michael ·

Ek stem nou nie saam met n klap teen die kop nie, maar n tik op die bout is beter as n bord kos vir n stoute kind. En hoekom n video maak daarvan en op sosiale media versprei?

Impartial ·

Ek glo die een wat dit af geneem het wag al n tydjie on die betrokke onderwyser se onregmatige gedrag vas te vang op video as bewysstuk. My afleiding is dat dit nie die eerste voor al is nie, juis hoekom die persoon gereed was met die afname.

modiglianigirl ·

Dit hou GEEN verband met lyfstraf nie. Die stelling is onvanpas. Dit is blatante aanranding, dié juffie kan haar sterre dank dat dit nie my kindjie is nie!

IAmTheQueen ·

Dieselfde het met my gebeur ek is n student en die juffrou by wie ek was het die kinders binne die gesig geklap en hul ore gerem….sy het net ses maande skriftelike waarskuwing gekry syt nu geen student by haar klas en het nix oor gkmi…ouers word belieg…ek sou graag verder wou gaan met hierdie saak mar het nie ondersteuning gehad nie alles was toegesmeer en ouers word in die duister gehou….as daar iemand is wat bereid is om te help….ons ouers moet weet wat aangaan by ons skole…Graad R is nog ons babatjies ons moet die fondsasie reg lê anders gaan die huis mosi reg staan nie, Daars baie gud wat j kan doen as n kind ongedissiplineerd is j kan praat met die kind, stuur hom stout hoekie toe vir time out of praat met sy ouers en die lysie gaan aan daars nooit n goeie rede om in enige kind ofbpersoon se gesig te klap nie….

Jr ·

Weereens die ministar van Education sal n bedrag moet betaal aan die ouers en mnr en mev TAXPAYER is “skuldig” en moet nou daarvoor betaal. So ma,’damn voel niks nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.