Video: Kaapse akteur uit motor geslinger, sterf

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Kaapse akteur is dood nadat hy tydens ʼn gru-ongeluk op die N2 naby Langa uit die motor geslinger is.

Die ongeluk wat Vrydag plaasgevind het, is met ʼn paneelbordkamera verfilm en is Sondag op YouTube gelaai. Die video wys hoe ʼn silwer BMW skielik van die linkerbaan na regs beweeg, ʼn ander motor se neus tref en teen ʼn betonversperring bots. Daar kan ook gesien word hoe ʼn persoon uit die motor in die lug geslinger word en dan die teerpad tref.

Thabang Sidloyi. Foto: Facebook

Thabang Sidloyi. Foto: Facebook

Die Wes-Kaapse polisie het die man wat uit die motor geslinger is, geïdentifiseer as die akteur en musikant Thabang Sidloyi (27), wat bekend was vir sy rol in die rolprent The Good Man. Die BMW het aan Sidloyi behoort, maar hy was glo ʼn passasier en het een van sy vriende bestuur toe die ongeluk plaasgevind het. Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê nog ʼn persoon is in die hospitaal behandel maar is reeds ontslaan. Traut het bevestig dat ʼn saak van strafbare manslag ondersoek word.

Jumbo Artist Management, die agentskap wat Sidloyi se loopbaan bestuur het, het op Facebook gesê: “Ons het een van ons talentvolle en aantreklike jong mans verloor. Jou werk sal vir altyd bly.”

WAARSKUWING: Die video is grafies van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Oom Jaap ·

Karin, ek hoop nie jy het R99 betaal om dit te lees nie ….

PrikkelPrinses ·

Daar is BAIE eenvoudige maniere om verby dit te kom…. dit is nou as jy rerig erig die beeld moet lees, bygese.

Trippie ·

Enigiets kan omseil word. Ek lees al Nuus24 se nuus, en betaal nie ‘n sent nie.

Marius Meiring ·

Ek sal vir Thabang Altyd onthou vir sy laaste rol voor die kamera. Hy het my weer nuwe rede gegee om my sitplekgordel te dra…
R.I.P.

CJ ·

Dit is ‘n grusame ongeluk en so onnodig. Die lewe is so vlietend, een oomblik is jy nog lewendig en die volgende oomblik weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.