By ‘n plaasskool buite Robertson in die Wes-Kaap brand die vreugdevure hoog ná agt van die skool se leerlinge onlangs opslae in Pole gemaak het. Die leerlinge van Wakkerstroom-Wes Primêre Skool het by die pas afgelope Wêreld-jeugdagvieringe ‘n verhoog gedeel met Ivan Komarenko, een van Pole se bekendste kunstenaars. Nóú droom hulle selfs groter.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Pragtig!
Baie mooi
Die hare is netjies.
…Kobus seg ek mos ook!
Baie geluk!!!
Baie geluk hulle wil vooruit gaan nie soos sommige gauteng skole wat kla oor haar style
Soos weereens genoem oor hare. Dit is uiters laakbaar vir diegene om n sekere “haartipe” te bevraagteken en voorwaardes te skep as daardie persoon geen kennis dra daarvan. Op dees aarde, vir n blanke onderwyser om gal te braak hieroor, pateties!!!
Dis nie ‘n sekere ‘haartipe’ nie, maar wel hoe dit gedra word. Hoe sien ander leerders in die klas verby haar afro. Het haar hare voorheen so gelyk?? Jy kyk verby die punt
En as ek so na die kindertjies kyk, kom hulle uit goeie opgevoede huise waar daar nog respek en dissipliene is. Baie geluk julle, julle verdien dit, en baie geluk aan die ouers en onderwysers. Hulle lyk nog soos kinders, netjies en te pragtig vir woorde. Mag al julle drome waar word.