[Video] Kaapstad-waterkrisis: Water in japtrap opgeraap

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

5 liter bottels water in Kaapstad is so skaars soos hoendertande.

Adele van der Spuy, ʼn inwoner van Durbanville, het dit al eerstehands beleef en besluit om Vrydag na Makro Cape Gate te gaan om daar water vir werknemers te koop aangesien dié kettingwinkel dit op ʼn winskopie van R54 vir ʼn boks met vier 5 liter bottels water aangebied het.

“Ek was teen 09:05 in die winkel, toe is daar alreeds twee palette se water opgeraap. Personeel by die winkel kon net nie voorbly nie. Soos wat die plastiek van die bokse verwyder word, so word die water opgetel,” het Van der Spuy Sondag aan Maroela Media gesê.

Sy het besluit om ʼn video van die harwar te neem aangesien sy nog nooit so iets beleef het nie.

“Ek dink die mense raak nou baie paniekerig. Die personeel kon net nie voorbly nie. Dit was so ʼn onwerklike gevoel en het eintlik jou oë oopgemaak . ʼn Mens besef nou eers wat voorlê, veral na vandeesweek se aankondiging dat Dag Zero na 12 April vervroeg is.”

Sy het twee plasings van die video op Facebook gemaak en gesamentlik is dié video’s al meer as 4 000 keer gedeel.

Sy het gesê alhoewel dit na chaos op die video lyk, het die mense egter almal hul beurt afgewag en was daar nie ʼn bakleiery nie.

“Mense kon net vyf bokse per persoon vat. Van die mense het hul water gaan betaal en dit in hul voertuie gaan bere en teruggekom vir meer.”

Sy het gesê met die oog op Dag Zero ry inwoners na naburige dorpe so ver as Worcester in ʼn poging om daar 5 liter water te koop aangesien dit by al die kettingswinkels in die stad uitverkoop is.

Kaapstad sal op Dag Zero die eerste moderne stad in die wêreld word wat al sy skoon waterreserwes uitgeput het ná die ergste droogte in ʼn honderd jaar die stad se reservoirs opgedroog het. Inwoners sal vanaf dié sperdatum tot net 25 liter water per persoon per dag beperk word en in lang rye moet staan om hulle water by sekere punte te ontvang.

Die Kaap het jul hulp nodig, mense is besig op paniekerig te raak. Winkels verkoop binne minute hul water uit. Hierdie video was vanoggend by Makro Cape Gate.

Posted by Adele van der Spuy on Friday, January 26, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

snoefie ·

tog was die belangrikheid om lekkende krane te herstel of aan te meld nog nue prioriteit gemaak nie.

Wonder ·

Dag 0 is ophande. Wat het geword vd ontsoutingsaanleg in Waterfront, boorgate in Atlantis, Kaapse vlaktes en Tafelberg. Is dit net liegstories om politieke punte te verdien. Massa inwoners spaar en maak planne en stad Kaapstad wat doen hulle? Soos in enige krisis is daar die nie ondersteuners en daar is massa wat met water mors. Kan MM nie berig plaas van wat wel gedoen is en definitief gekoppel is nie.

Antoinette ·

Alle stories is liegstories. Daar is nog niks omtrent die krisis gedoen nie en nou raak mense paniekerig!

Pop ·

Wonder, hoe gou dink jy sal n aanleg in plek kan kom om water te ontsout?? Kaapstad sal oorleef, maar as dit enige ander stad of provinsie was wonder ek wat sou gebeur. Bv. Johannesburg. By hierdie tyd was dit al totale gaos.

Wonder ·

Ons was November 2017 drie dae sonder water om blykbaar die koppelings te doen met die ontsoutingsaanleg in Waterfront. Die dat ek vra?

Niklaas ·

Hoe duur is die ontsoutingsaanleg en sal dit lank neem om te laat produseer ? In Israel is so iets lankal in gebruik. My simpatie met die Kaapstad inwoners. Swembadwater (wat oorgebly het) is nie geskik vir geskik vir tuine , wel om mee te was of mee te kook of toilette te spoel. Ons kan my ons net probeer indink watter krises dit is.

Johan ·

As ek so na die leë damme kyk, wonder ek hoekom maak hulle nie die damme skoon nie, sover as jy kyk sien mens droë bome en klippe, ens, Is dit nie nou die regte tyd om al die gemors en jare se slik te verwyder en as die reën kom dat daardie damme meer water kan dra?

Phillip ·

Dagsê Pierre

Jammer vir die vingerfout. Die berig is gewysig.

Groete

Phillip, nms Maroela Media

Lientjie ·

My dogter woon in Durbanville en daar was nie water te koop meer nie sy moes aanlyn bestel @ R55.00 per 5 lt.

Wors ·

Reën seisoen is eers einde Mei tot einde Julie… Die klomp reken April gaan die krane leeg loop… so ja, daar is paniek…

jaco ·

Waterkrisis kon baie ligter gewees het as:
1. Patricia de Lille nie leiers van alle gelowe op Tafelberg saam laat bid het vir reën nie.
2. Patricia de Lille haar oë toegeknyp het vir ‘n maatskappy sonder die regte BEE en regstellende aksie credentials wat ‘n reusagtige maar goedkoop ontsoutingsaanleg voorgestel het.
{Asof haar ras nou “reg” is. As sy in die ANC was, was sy nog aan die onderkant van die leer met allerhande verskonings van “you are not black enough”)

jaco ·

Daar was ‘n maatskappy met ‘n plan vir ‘n goedkoop ontsoutingsaanleg, maar de Lille en die stadsraad het dit afgekeur omdat die maatskappy nie BEE en regstellende aksie reg toepas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.