Video: Kallie vs. BLF buite hof waar Zuma verskyn

 

‘n BLF-lid en Kallie Kriel. Foto: Skermskoot

ʼn Skermutseling het Donderdag buite die Randburg-landdroshof ontstaan waar Duduzane Zuma vlugtig op aanklag van strafbare manslag verskyn het.

Lede van die Black First Land Frist (BLF)-organisasie het met plakkate buite die hof opgedaag en versoek dat oudpres. FW de Klerk in hegtenis geneem moet word. “Arrest De Klerk, hands off Zuma” het hulle gesing.

Die BLF-lede het ook probeer keer dat Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, die hof binne gaan. AfriForum het beplan om Zuma privaat te vervolg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) aanvanklik besluit het om Zuma nie te vervolg nie. Die NVG het van plan verander om hom te vervolg nadat AfriForum hul voorneme om dit wel te doen, bekend gemaak het.

Hulle het op Kriel geskree maar hy het kalm gebly en gesê die betogers buite die hof wys nie simpatie vir die slagoffers van die ongeluk waaroor Zuma aangekla word nie.

BLF-lede buite die hof. Foto: ANA

BLF-lede het glo ook joernaliste probeer keer om hul werk te doen. ʼn Sterk polisieteenwoordigheid buite die hof het gekeer dat dinge heeltemal handuit ruk.

Zuma word aangekla in verband met die dood van twee passasiers van ʼn minibustaxi in Februarie 2014. Hy staan tereg op twee aanklagte van strafbare manslag, asook ʼn aanklag van nalatige bestuur.

Die saak is tot 23 Augustus uitgestel sodat die staat en verdediging ʼn afskrif van die dossier kan ontvang en albei partye ingelig word oor die verloop van die geregtelike doodsondersoek.

Oudpres. Jacob Zuma het tydens die hofverrigtinge in ʼn motor buite die hof gesit, maar nie uitgeklim nie. Duduzane is op waarskuwing vrygelaat.

Zuma is Maandag op borgtog van R100 000 vrygelaat nadat hy in die hof verskyn het op aanklag van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

T. Smit ·

Ek bewonder Mnr. Kriel se selfbeheersing in die aangesig van uiterste provokasie. Wel gedaan.

tamboti ·

Haat tussen rasse, nasies en gelowe is ‘n werklikheid wat bestuur moet word. Verdoesel en ontken is nie moontlik nie, ook nie die wetlike onderdrukking daarvan nie.
Intergrasie vererger dit, oordeelkundige en regverdige skeiding van partye sal die situasie verlig.
Maar ek stem saam met BLF, los hulle om hulleself uit te sorteer, of groter gemors te maak. “Setlaars, veg net vir mede-setlaars” !

Gerrit ·

Is deel van die ‘spark’ wat nodig is om ongeregtigheid tot einde te bring. Dit vat ‘n MAN om eerstens die leuen te gaan konfronteer met teenwoordigheid en tweedens kalm te bly te midde van… my lont is besig om te brand!

Neil ·

Die van ons wat na selfbeskikking strewe moet uit hierdie chaotiese bestel kom voor die regsisteem heeltemal ineenstort.

Denise ·

Die meerdereid hou hulle in vir nou moet nie laat dit jou blind maak nie ???

Johan ·

Geen demokratiese land behoort “untouchables” te hê wat verhewe bo die wet is nie.

Boer ·

Ons mag setlaars en diewe genoem word en die polisie lyk ook nie juis gretig om te help nie. Ai dis onvermydelik wat vir ons voorlê

Noem ons wat hulle wil ·

Die BLF is racist. Vasgevang op kamera maar dis oky dis teen ‘n blanke. Vryheid van spraak. Die haat is daar vir die “settlers”

GP ·

Boer, ek is bly om jou pos te lees. Ek is al so moeg vir mense wat skryf “julle kan maar kom” of “daar wag groot surprise vir julle” “Pasop” ens. Eers as ons besef dat ons het geen plan of kans nie, kan ons werklik besef hoe diep ons in die moeilikheid is en begin plan maak.
Ons is te geneig om ons self gerus te stel deur groot bek te wees.

Lollie ·

Keer op keer sien ons dat die mense nie vir hulle self kan dink nie!
Laat die gereg hulle gang gaan. Waarom wil hulle nou oral hulle neuse indruk en keer dat die mense in die hof ingaan?
Waarom smelt EFF en BLF nie saam nie? Albei wil dinge hulle way hê en wil altyd die gitaar slaan. Albei wil haat aanblaas en als onregeerbaar maak!
Wat het De Klerk met die storie te doen?
Mooi so Kallie, jy was beter as ek!

Judge Dredd ·

Van die BLF betogers moet van white-face aangekla word.

eugene ·

“wat maak oom Kallie daar!”
hy help – hy help – daar is n x presidents seun in die hof in boeie agv van oom Kallie en kie

Oops ·

Kallie maak seker geregtigheid geskied. eugene, die seun is nie in die hof agv Kallie nie, maar agv van ‘n onverantwoordelike ongeluk waarin 2 vroue hul reg op lewe verloor het. Danksy Kallie Kriel en Afriforum is die saak nie onder die mat ingevee nie.

Anoniem ·

Kallie, jy is ‘n beter mens as ek om so kalm te bly te midde van soveel uitlokking en chaos. Dankbaar ons almagtige Vader het jou gister beskerm en bewaar.

Sieg ·

Wonder hkm die BLF lede daar is om Zumpie te ondersteun? Is daar dalk ondersteuning van Zuma af aan die BLF?

Chrisjan ·

Ons is trots op Oom Kallie en Kie wat eintlik doen wat n opposisieparty in n land veronderstel is om te doen. Wel gedaan (weereens).

apie ·

Die opskrif is verkeerd. Dit moet lui; “Kallie Kriel tree onberispelik en vredig op ten spyte van provokasie”. ….Kallie Kriel en afriforum is helde. God sien alles raak. As jy dit nie glo nie, ek doen. Met my hele hart. mense moet net kalm bly en uit betogers se pad bly

Herman Goosen ·

Kallie is een van daardie reuse in die samelewing wat die kombinasie van durf, intellegensie en selfbeheersing aan die dag le. Hoop hy bly gefokus op sy doelwit om die werk gedoen te kry.

Onnosel ·

Noem my n onnosele boer. Maar hoekom wil hul n swart man wat van hul eie mense se dood veroorsaak het beskerm teen n hofgeding? En wat het de Klerk met die hele storie uit te waai of enige wit mens? Dit is mos nou nasie teen nasie.
Iets se vir my hul gebruik enige geleentheid waar die kameras is om net kwaad te stook.

Sarie ·

Dis een van die sake wat Gerrie Nel gaan vervolg. Die Dude familie het hul genader.

ferdi ·

Kali jy lyk soos David teen Goliath jy is dapper danki ek support jou ou grote

Grassie ·

Mnr Kriel het tien maal meer uithouvermoë en gesonde oordeel as wat ek het. Maar hoe lank gaan ons nog die verguising en beledigings verduur? Die Bybel verduidelik dit vir ons mooi in Prediker 3. Daar staan onder andere dat daar ‘n tyd is vir alles, dat alles ‘n bepaalde uur het. Onder andere ‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak, ‘n tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat, ‘n tyd om te skeur en ‘n tyd om aanmekaar te werk, ‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede. Dit lyk vir my of die tyd van die goeie, positiewe dinge vining besig is om uit te loop en dat ons noodwendig gedwing gaan word om die ander roete te volg. My bede is dat die Skepper ons sal bewaar en wanneer drastiese optrede onafwendbaar word Hy ons leidsman sal wees. En ek glo nie dit gaan te ver in die toekoms wees nie.

dolpin ·

apartheid is ander saak van die verlede wie wat bedrog spul meer as miljoen rand deur guptas en die kie moet oplossing kom.

Lana ·

Staan vas, Kallie.
Ons Hemelse Vader het jou nie tot hier gebring (met die opdrag wat Hy gegee het), om jou nou te los nie.
Jou optrede getuig daarvan dat Hy by jou is en jou toerus met ALLES wat jy nodig het vir die taak.

Afrikaanse Knaap ·

AfriForum se manne maak my altyd trots. Hierdie BLF en EFF en ANC manne probeer altyd reaksie uitlok, onsuksesvol. Soos stout kinders.

pieter ·

DIE WITTES KAN IETS BY HULLE LEER,AL IS HULLE DRIE HULLE STAAN SAAM.

Anne ·

En so kan hulle ook iets by ons leer ne, nie afbrand en verwoes as hulle nie hulle sin kry nie.

John ·

Ons veg die verkeerde oorlog op die verkeerde plek met skollies. Wat baat dit AfriForum en die Afrikaner… buiten dat ons die brute haat van grypers gebeeldsend sien, Dit kos geld wat elders aangewend kan word. Sulke gebeure laat later sulke mense teen onskuldige en weerlose mense optree. Kriel het geweet daar gaan reaksie wees maar geniet duidelik die onderonsie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Tikfout en Lana

Die organisasie staan inderdaad bekend as “BLF”, nie “BFLF” nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ruby ·

Kallie jou karnallie……..ek is baie trots op jou.

Hulle het hard probeer maar jou innerlike krag en selfbeheersing was regtig fantasties.

Respek.

Frans C ·

Van die betogers kan ‘n mens maar net sê:’leë blikke maak die meeste geraas’.

Geskiedenisboeke ·

Dankie Kallie, jou heldedade sal so aangeteken word in die geskiedeniboeke van die toekoms.

Etta van der Merwe ·

Goed gestel Herman. Kallie Kriel het onberispelik opgetree. Ek glo dat sy selfbeersing tot die uiterste beproef is nadat die nie-wit-vrou in sy persoonlike spasie was met haar vingers, haatspraak en gesig nie. Welgedaan Kallie Kriel!!

Sonskyn ·

Kallie ek haal my hoed af vir jou in vandag se dae moet ons maar die minste wees om ons self tebeskerm en nie toe telaat dat onnodige vingers na ons Blankes gewys word nie. Rakende die plakate oor Mnr: F.W. De klerk gaan ek seker gestunig word maar ek dink Persoonlik Mnr: De Klerk het ons WIT BOERE uitverkoop aan die ANC in 1994 Hy was tebang gewees om vir ons Blankes tebaklei .

Renier ·

Hy was slegs ‘n verteenwoordiger, die wit boere was te bang om vir hulleself te baklei. Ek blameer hulle ook nie, soms moet mens erken jy staan nie ‘n kans nie en dat dit tyd is om tyd te koop om pad te gee.

Koos ·

Dis sommer nonsens dat ons ledegeld vermors word op hierdie soort saak. Die oorledenes was nooit lede nie, so waarom word hierdie aksies gedryf met betalende lede se fondse? Publisiteit, publisiteit, publisiteit…

Wilma ·

Zumas en BLF ontvang baieeeee geld vani Guptas. Hahaha. Dan wil hul korrupsie aan bande le. Hul self korrup

Ronè ·

My 2 kinders 13 en 22 is Oktober 2010 deur n taxi dood gery… Ons het 4 jaar gesukkel om die taxi bestuurder in die hof te kry… Net om daar uit te stap met GEEN vervolging nie!!! Korupsie is n pap vrot appel wat ons regstelsel manupileer om oortreders te beskerm!! Polisie beampte wat verklaring af gelê het was nie eers op die ongeluks toneel nie!!! Gekoopte sake is aan die orde van die dag!!! Ek rou elke dag van my lewe…terwyl daardie persoon n ongekende vryheid geniet!!! Min weet daarvan want sien…. Ons is nie beroemd of welbekend nie…. Net nog slagoffers van n regstelsel wat vrot is tot in die wortels!! Is wie jy ken en hoeveel rand en sent onder deur die tafel aan gegee word…. Pap vrot onregeerbare massas… Geen reregtigheid vir n slagoffer of die wat se lewe onheroeplik verander is nie!!!

John Samuel ·

blf wat versoek dat De Klerk gearresteer word..? Ten minste een ding waaroor ons kan saamstem…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.