Video: Kamma-polisie se kapingspoging in Pretoria

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Groep mans wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, het Donderdag probeer om ʼn voertuig in Moreletapark, in die ooste van Pretoria, te kaap terwyl hulle op kamera verfilm is.

ʼn Vrou wat die kapingsdrama uit ʼn motor aanskou het, se passasier, vermoedelik ʼn kind, het die voorval op ʼn selfoon afgeneem terwyl die vrou die polisie ontbied het.

Gesteelde polisietoerusting wat die aanvallers gebruik het. Foto: SAPD / Facebook

Die polisie het beslag gelê op gesteelde polisietoerusting wat die aanvallers gebruik het. Foto: SAPD / Facebook

Op die video kan ʼn mens sien hoe ʼn Chinese vrou hardhandig behandel word en in die agterkant ʼn swart voertuig, wat die “polisiebeamptes” probeer kaap het, geboender word.

Die swart motor ry dan tot langs die “beamptes” se wit voertuig waar ʼn man daarin slaag om uit die motor te ontsnap. Hy roep om hulp, woel hom uit sy hemp om uit iemand se greep los te kom, en hardloop dan weg. Die mans los hul buit en vlug in die wit motor, terwyl die vrou weghardloop om hulp te ontbied.

Die polisie het op vier vuurwapens beslag gelê. Foto: SAPD / Facebook

Die polisie het op vier vuurwapens beslag gelê. Foto: SAPD / Facebook

Ao. Dave Miller, woordvoerder van die Garsfontein-polisiestasie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 07:30 op die hoek van Rubensteinweg en Heliosstraat plaasgevind. “Daar was ʼn kapingspoging en gewapende roof waarby vier of vyf mans betrokke was wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het,” het hy gesê. “Die verdagtes het in ʼn wit BMW langs ʼn egpaar se swart BMW X5 stilgehou en probeer om die voertuig te kaap. Hulle het om een of ander rede van die toneel gevlug, sonder om die motor te steel.”

Hy het gesê twee of drie skote is gevuur terwyl die verdagtes gevlug het, waartydens ʼn omstander se selfoon geroof is. “Niemand is tydens die voorval beseer nie, en daar is geen skade aan eiendom nie,” het Miller bygevoeg.

Die verdagtes se voertuig is omstreeks 08:30 verlate in Tembisa, tussen Pretoria en Johannesburg,  opgespoor. Die polisie het beslag gelê op twee R5-aanvalsgewere, twee kleiner vuurwapens, ammunisie, ʼn blou lig, koeëlvaste baadjies en glimbaadjies wat vermoedelik tydens die voorval gebruik is. Daar is reeds vasgestel dat die voertuig waarmee die verdagtes gery het, by die polisie as gekaap aangemeld is.

Die polisie ondersoek ʼn poging tot kaping en gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

[wpvideo gzupxNbF]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nicoleen Rall ·

Liewe land! Dit is in ons straat waar ons bly. En volgens die regering is die misdaad onder beheer? Helder oordag? So arrogant dat mens kan stik daarvan!

Dewald Wessels ·

I had something just like this happen to me over two years ago on the east rand. Two fully clothed police officers (real or fake I dont know) driving a white vehicle (sedan) pulled me over with blue lights on and all. When I pulled over, the car stpped behind me. One walked over to me asking me to step out of the vehicle and show my licenc, I was instructed to open my boot. As I did this the other ‘officer’ went to the front of my car looking for my keys, wallet and what else he could find….. I made a case at Crystal Park police station but have not hear a single word since then.

Mellinda-May Olckers-Lessing ·

Omdat ek meestal vrou-alleen in my voertuig was met my twee klein kindertjies, het ek geweier om ooit te stop vir polisie as dit nie ‘n definitiewe padblokkade is nie. Ek laat hulle my eerder jaag tot by die eerste naaste polisiestasie toe. Mens is glad nie meer seker oor enigiemand nie. Of dit nou wit of swart of bruin of pienk is, ek tel nie rylopers op nie, en maak my vensters toe by die robot.

Riana ·

Ons is nerens meer veilig nie, nie in jou eie huis nie, nie in jou eie voertuig nie, nie eens helder oor dag nie.,………. my ouers het een oggend vroeg vertrek, dit was nog donker, n swart voertuig het van voor af gekom, n u-draai gemaak blou lig op die dak gesit en my Ouers probeer aftrek, gelukkig dank Die Vader het my Pa kop gehou, en aangehou ry, die “polisie” voertuig het gesien my Pa gaan nie stop nie, en weer n U-draai gemaak en my Ouers uitgelos! Ek voel sommer siek as ek net daaraan dink, as my Pa daar gestop het dink ek was my Ouers nie meer hier vandag nie! wat doen jy, jy weet nie meer is dit Polisie of is dit nie?? hou jy aan ry is daar die moontlikheid dat hulle op jou kan skiet, ons hande is afgekap in die land, daar is geen dissipline of respek nie, almal doen wat hulle wil hoe hulle wil want hulle weet daar gaan niks van kom nie, want meeste van die polisie ondersoeke word glad nie gedoen en of word uit die hof gegooi want hulle is onbevoeg!!! so g@tvol!!!

Theresa ·

Nou toe nou. Wonder wie het vir hulle al die toerusting “uitgereik” ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.