Video: Kind, nog twee doodgeskiet tydens rooftog

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Kind en twee volwassenes is Maandag doodgeskiet tydens ʼn gewapende rooftog in Bergville, KwaZulu-Natal.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep gewapende mans het omstreeks 16:30 op ʼn supermark toegeslaan.

Beeldmateriaal wat op sosiale media versprei word wys hoe van die verdagtes op die agterkant van ʼn wit Ford Ranger-bakkie staan en daar kan gehoor word hoe skote klap voordat die verdagtes wegjaag.

ʼn 13-jarige seun, ʼn 27-jarige man en ʼn 45-jarige vrou is volgende Mbele tydens die voorval doodgeskiet. Daar was veiligheidsbeamptes op die toneel, maar Mbele kon nie in dié stadium bevestig of hulle ook skote afgevuur het en of daar ʼn skietgeveg tussen hulle en die verdagtes was nie.

Mbele het gesê ʼn veiligheidswag en nog mense is ook tydens die skietery gewond en is na hospitale geneem vir verdere behandeling.

“Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant en die veiligheidswagte se vuurwapens gevlug.” Na verneem word het die verdagtes meer as een wegkommotor gehad.

Mbele het gesê die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en gewapende roof. Die ondersoek na die voorval duur voort.

This afternoon there was an armed robbery at F3 in Bergville town. A number of people were shot including a security guard from F3, two customers from F3, a young boy and two office staff from BP. There were three fatalities as a result of this incident. The suspects made use of AK47 rifles. Our Traffic Authorities and SAPS gave chase to the vehicles.

Posted by Andre Snyman on Tuesday, August 28, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Realis ·

Wat ‘n patetiese toestand is die land nie in nie……. Maak nie eers voorblad nuus nie. SA, eens land van melk en heuning is nou land van bloed en korrupsie…..

Santjie ·

Die nommerplaat gaan seker vervals wees? Dit lyk of dit iets soos FW 60 CR GP kan wees

JvdW ·

Dit gaan lekker hier! Hier in Ventersdorp, Noordwes brand hulle die wereld af.

SAnik(s) ·

So die veiligheidswagte het sommer hulle wapens oorhandig?

Chris ·

Die rambo streke word nie op nuus kansle geplaas nie want die Britse eerste minister Theresa May is in SA . Soek wit voetjie by afrika en die Press. gee haar n lekker afrika ete vannaand. Sy mag nie ontstel word nie want afrika het haar beloftes nidig.

VanAfrika ·

May weet wat hier aangaan, maar wil altyd haar neus druk waar dit nie hoort nie, soos al die Engelse voor haar.

Ben ·

Maar Nee Bongani Bingwa , Afriforum lieg mos vir die werld wat hier gebuer , jy het so gese gister op 702

Colleen ·

Ek stel voor almal versprei dit op sosiale media aan hul vriende/familie in die buiteland sodat daar bewys kan word hoekom niemand in die land moet belê nie.

VanAfrika ·

Ons kort nog net perde dan kan ons regtig ernstig “cowboy” en “crooks” speel. Dis aan die orde van die dag in Suid Afrika, jy is n niks as jy nog nie n moord gepleeg het nie

Anel ·

En die laaste paragraaf is waar dit eindig. Elke slag is dit al wat gese kan word vir gewapende roof, moord en plaas moorde. Dit is eenvoudig net n verlore saak. Geen lewe beteken iets vir die regering nie. Net eie rykdom, groot salarisse, moters, hotelle, KFC en sovoorts. Wat n ongelooflike verlies van lewes in n openbare plek, helder oor dag vir NIKS! Daai geld is reeds uitgedeel en uitgegee. More lees ons weer so een met dieselfde laaste paragraaf.

Oom Uncle ·

Dankie tog niemand het die K woord gebruik nie ,, Maak nie saak dat daar 3 lewens verloor is nie ,, Net nie die K woord nie dis krimineel en jy sal tronk toe gaan, Moord en roof is OK

Anoniem ·

Dankie aan die persoon wat die video gemaak het. Hoop dit kan gebruik word om die rowers/moordenaars vas te trek.

Selfs al kom daar verder niks van nie, weet ek dat hulle elkeen met die oordeelsdag voor God verantwoording sal moet doen vir hul dade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.