Die parlement het ʼn voorval veroordeel wat Donderdagaand by die parlement afgespeel het toe ʼn EFF-lid ʼn polisiebeampte, wat in gewone klere geklee was, geklap het.
Dié voorval het ná afloop van die staatsrede plaasgevind en is op video vasgevang. Die video word sedertdien wyd op sosiale media versprei.
Op die video kan gesien word hoe EFF-LP’s in ʼn onderonsie met veiligheidsbeamptes betrokke is waarna een van die EFF-lede ʼn polisiebeampte, geklee in ʼn swart pak, deur sy gesig klap.
“’n Voorlopige verslag beweer AO Johan Carstens, wat verantwoordelik was om die uitgang af te sper vir die prosessie, is skielik gekonfronteer en deur ʼn EFF-LP aangeval, wat tot beserings aan sy gesig gelei het. Beampte Carstens het ʼn saak van aanranding by die polisie aanhangig gemaak,” lui die parlement se verklaring.
Die parlement sê hy is “woedend en teleurgesteld” oor die “skandelike gedrag van ʼn LP”, veral aangesien hy veronderstel is om ʼn voorbeeld vir die res van die samelewing te stel.
“Die voorsittende beamptes wag vir ʼn volledige verslag oor die kwessie voor daar op gepaste stappe besluit sal word.”
WATCH: EFF member slaps a police officer. #SONA2019 @ParliamentofRSA @SAPoliceService pic.twitter.com/QjAJIjyiIP
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) February 8, 2019
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
48 Kommentare
Kom skors hom dadelik. Die juf by die skool is geskors. Wat maak dat die LP kan wegkom
Dit is aanranding. Waarom nie summier in hegtenis geneem nie ? Die beampte se selfbeheersing is prysenswaardig.
Hoekom is hy nie op die plek in hegtenis geneem nie?
Ek stem wurmpie voordat n kan wurm ontstaan. Maak klaar met hierdie een.
Daardie juffrou sou ook geskors gewees het al het dit buite die klas plaasvind
Hierdie is bietjie vreemd. Hoekom het die polisieman die LP nie net daar en dan in hegtenis geneem nie?