Video: Klag gelê ná EFF-LP beampte klap

‘n Skermskoot uit die video.

Die parlement het ʼn voorval veroordeel wat Donderdagaand by die parlement afgespeel het toe ʼn EFF-lid ʼn polisiebeampte, wat in gewone klere geklee was, geklap het.

Dié voorval het ná afloop van die staatsrede plaasgevind en is op video vasgevang. Die video word sedertdien wyd op sosiale media versprei.

Op die video kan gesien word hoe EFF-LP’s in ʼn onderonsie met veiligheidsbeamptes betrokke is waarna een van die EFF-lede ʼn polisiebeampte, geklee in ʼn swart pak, deur sy gesig klap.

“’n Voorlopige verslag beweer AO Johan Carstens, wat verantwoordelik was om die uitgang af te sper vir die prosessie, is skielik gekonfronteer en deur ʼn EFF-LP aangeval, wat tot beserings aan sy gesig gelei het. Beampte Carstens het ʼn saak van aanranding by die polisie aanhangig gemaak,” lui die parlement se verklaring.

Die parlement sê hy is “woedend en teleurgesteld” oor die “skandelike gedrag van ʼn LP”, veral aangesien hy veronderstel is om ʼn voorbeeld vir die res van die samelewing te stel.

“Die voorsittende beamptes wag vir ʼn volledige verslag oor die kwessie voor daar op gepaste stappe besluit sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Wurmpie ·

Kom skors hom dadelik. Die juf by die skool is geskors. Wat maak dat die LP kan wegkom

Oud Rhodie ·

Dit is aanranding. Waarom nie summier in hegtenis geneem nie ? Die beampte se selfbeheersing is prysenswaardig.

MarieM ·

Kyk die AO het geweet sou hy hom terug klap was hy aangekla van rassisme of nog erger.

Klasvakie ·

Ek stem wurmpie voordat n kan wurm ontstaan. Maak klaar met hierdie een.
Daardie juffrou sou ook geskors gewees het al het dit buite die klas plaasvind

Ander Gert ·

Hierdie is bietjie vreemd. Hoekom het die polisieman die LP nie net daar en dan in hegtenis geneem nie?

Suikerbos ·

Nou verduidelik vir my hoe n klap n sluipmoord aanval gaan stuit??? ?

Thinus Erasmus ·

Ek moet maar die kans waag miskien glip ek ook deur: Dis is darem so duidelik dat die lid/e van die EFF op soek is na moeilikheid, hulle is uiters verwaand, arrogant en aggressief. En ek mag nie veralgemeen nie so in die woorde van hul leier: “nie almal nie, net die meerderheid”
Die hartseer waarheid is dat in SA kom hulle met hul onwettige optrede weg en word nog soos helde vereer!

Jan pierewiet ·

Dit is aanranding gewoon. Daar was geen bedreiging wat die amptenaar vir die mp ingehou het nie. Geen debat nodig. Gewoonte oortreeder…. minus bevoegtheid om wapen te besit.

Irma ·

Dit was nog nooit anders nie. ‘N persoon se karakter en optrede vertel presies wie hy is. In die geval definitief ook so. Mens se mond kan baie woorde praat maar jou dade verduidelik alles.

Duppie ·

Dit is aanranding op ‘n Polisie beampte. Dit is onmiddelike arrestasie, en die beskuldigde sal reguit hof toe gaan vir borg aansoek. Dit is hoe die wet moet werk en geskryf is. Maar lyk my omdat hy ‘n LP is kry hy voorkeur behandeling???? Wat ‘n klug!!!

Rupert Ashford ·

Nee, nie oor hy ‘n LP is nie. As dit bv John Steenhuizen was sou hy onmiddellik in hegtenis geneem geword het. Jy verstaan wat ek bedoel.

Andre ·

Hoekom slaan die polisie man hom nie terug nie, hy lyk baie bang? Dalk moet hy maar nie `n polisie man wees nie.

Ronel ·

Andre, sou die polisieman teruggeslaan het, het die EFF (Dapper outjies wat hulle is) ‘n teenklag teen hom gaan lê. Die selfbeheersing van die polisielid is prysenswaardig. Ek sou seker ook teruggeslaan het, maar dit maak die aanrandingsklag teen die LP net soveel sterker

Anoniem ·

Want hy is nie op dieselfde lae vlak as die EFF LP nie. Mens maak nie dinge reg met geweld nie.

Willie ·

Die EFF is ‘n geweldadige organisasie. Alles wat hulle doen ontaard in geweld.

Dirk ·

Daar is mos twee stelle reels en wette in ons land
Een stel vir wit en een stel vir al di ander kleuriges.
Di verskil is dat di juffrou wit is en di LP swart is
Dit behoort almal se vrae te beanrwoord

pieter ·

Dink net eff want hul altyd geweldadig dink net as hul land regeer da sal gaos wees

Jean van der Riet ·

In n ander media webtuiste se die EFF daar was n aanval op Malema se lewe en hulle moes hom beskerm !

@Jean van der Riet ·

Het ook dié pot snert gelees. Hierdie spul is van dwaasheid, eiewaan en vervolgingswaansin aanmekaar geplak. Altyd een of ander sameswering of doodsdreigement teen hulle CIC (Clown in Controversy)… Wat ‘n klomp opgemaakte bog om weereens aandag op hulleself te vestig en skobbejak optrede te regverdig!

Thinus Erasmus ·

Ja daar behoort teen al die betrokke EFFers streng opgetree word oor hul oneerbare parlementere gedrag.

bollie ·

Korrekte optrede sou wees om die belhamel hardhandig in hegtenis te neem, tot buite te sleep en in ‘n vangwa in te dons ten aansien van Malema en Shivambu.

Maggs ·

Die Polisieman weet maar alte goed dat hy in die selle sou slaap as dit net gelyk het of hy hom verdedig. Dan was die LP ‘n victim

1+1 ·

“Katte op ‘n warm plate, maak benoude spronge” Na hierdie episode gaan die eff bangkrot verklaar word. “WATCH THE SPACE!!!” Voorwaards burgers in die wapad brand ‘n liggie.

Gert J ·

SKORS HOM JUFFIE SE KLAP WAS NOG NIE EERS KOUD NIE TOE IS SY GESKORS.

Emelia ·

Ag jis weet… Hulle weet die kameras is op hulle. Die EFF moet n Oscar kry. Regtig hoor. Die nuus is boring.

m.d.r. ·

Behalwe die ooglopende klagte van aanranding teen hier sg LP. moet die parlement ook sy eie strafmaatreels toepas:
Skors die LP lewenslank en verbied die EFF om hom met iemand anders te vervang. Hierdie party moet LEER om sy lede in toom te hou….

Nou verstaan ek ·

Lekker man lekker, SA sirkus vir almal om te geniet

Jannie ·

Die dag wat Oom Siener geprofeteer het, wat die wiel gan draai, gaan enig in die geskiedenis wees en dit gaan ‘n onbeskryflik genotvolle dag wees!!!!!

Hennie ·

Hierdie polisieman is n held dat hy nie teruggeslaan het nie maar die wese wat die klap uitgedeel het moet weet daar is baie ander mense wat dit gesien het hy moet maar lig slaap

hendrik ·

Beki Cele is kamtig baie erg oor die beskerming van sy polisiemanne so waarom tree hy nie op nie. Miskien is die kleur nie heeltemaal reg nie.

Johan ·

Die EFF hou almal op hulle agtervoet met suiwer aggressiewe en byna waansinnige gedrag. Daardeur intimideer hulle die nie nét die publiek nie maar ook hele regstelsel. Ek haat dit om dit te sê, maar in die praktyk word hulle “untouchable”.

Dirk ·

As dit nou n wit man was wat n swart man gemlap het,was hy toegesluit.Ai die samelewing tog..

Hoc est bellum ·

Wil voorkom of dit vooraf beplan was, want hoekom word mense in ‘n gang op video afgeneem. EFF het seker met opset ‘n uitgang gebruik wat verbode was.

Piet ·

Waar is die Minister van Polisie nou! Het almal mooi laat verstaan jy raak nie aan ‘n polisieman nie.

Stella ·

Alle voorvalle van hulle word”ten sterkste veroordeel”maar hulle word maar net oorgesien en weer toegelaat om die hofverigtinge te ontwrig,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.