Video: Klagte teen Vrystaatse munisipaliteite oor riool

(Foto: Skermskoot uit video)

AfriForum het Maandag strafregtelike klagte teen drie Vrystaatse plaaslike munisipaliteite, waaronder Hertzogville, Welkom en Kroonstad, by die polisie ingedien. Die klagte hou verband met gebrekkige dienslewering.

Volgens dié burgerregteorganisasie vloei riool in die strate van dié drie Vrystaatse dorpe en hou dit ’n groot risiko vir gemeenskapslede in.

Talle klagtes is al by die drie betrokke munisipaliteite, waaronder Tokologo (Hertzogville), Matjhabeng (Welkom) en Moqhaka (Kroonstad), oor die riool ingedien, maar dié het glo net op dowe ore geval en geen oplossings is vir die probleem gebied nie.

AfriForum het die rioolsuiweringswerke van dié munisipaliteite besoek en bevind dat dit in ’n haglike toestand is en die munisipaliteite dus versuim om basiese riooldienste te lewer.

“Die strafregtelike klagte teen die munisipaliteite volg nadat ’n aanmaningsbrief reeds vir die munisipaliteite gestuur is waarin hulle gevra is om dringend aandag te gee aan rioolwerke, die oorspoeling van riool en die risiko wat dit vir die gemeenskap inhou. Ons het egter geen terugvoer gekry nie,” het Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, gesê.

Volgens Morgan hoop hulle dat die onderskeie munisipale bestuurders in hul persoonlike hoedanigheid deur die strafregtelike klagte aanspreeklik gehou sal word.

Johan Terblanche, AfriForum se takvoorsitter in Welkom, sê talle erwe is onder rioolwater en sowat 15 boere sit met landerye en grond wat met rioolwater oorspoel is.

Inwoners moet bakstene in hul erwe pak om van die pad tot by hul voordeure te loop om deur rioolwater te kom, het Terblanche gesê.

Volgens JP Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland, het rou riool op ’n boer se plaas by Hertzogville ingevloei en was die boer genoop om van sy vee te verkoop.

“Die riool besoedel ook die ondergrondse water dermate dat mens nie meer die water in die huis kan drink nie,” sê Nel.

Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekshoof vir die Sentraalstreek, meen dit is tyd dat gemeenskappe moet opstaan en die munisipaliteite verantwoordelik hou vir die dienste wat nie gelewer word nie.

“Ons belastinggeld word gevat, maar dan kom munisipaliteite nie hul verantwoordelikhede na nie,” sê Grobbelaar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohanR ·

Wonder hoe die Vrystaat sal lyk as die DA, VF Plus, Solidarieit en AfriForum net die provinsie kan saam loop vir ‘n jaar….net 12 maande? En om te dink die Vrystaat was eens op ‘n tyd ‘n spog provinsie.

Harley Davidson ·

Maar hulle “leiers” wil miljoene vir Kuba gee vlag paal laat opsit Afrikaanse taalmonument se naam verander maar die bollie loop in die strate,hoe lagwekkend is hulle nie.

annie ·

Volgens argeologiese navorsing duur beskawings sowat 350 jaar daarna verval dit. Ons ervaar die laaste stuiptrekkings… en dit is nie mooi nie. Wat gaan volg is glo nooit ‘n herhaling van dieselfde patroon nie. Stel iets voor.

anniekiewiet ·

Skuus ek wil sê, dis seker n idee uit ons woede uit, ons teleurstelling oor al die verval, maar daar is nie n manier wat ek dit sal doen nie, sal my laat voel ek daal tot hulle vrot rioolvlak.

Tiny ·

Ek wens mense in die gemeenskappe wil ophou om die useless munisipaliteite geld te voer. Hou op betaal. As hulle elke week jou asblik kom haal, betaal vir dit. As hulle nie jou riolering reg doen nie, hou op betaal vir dit. Hier by ons is daar nou in twee gemeenskappe so ‘n aksie. Hulle dreig jou met die reg, maar dit gaan hulle jare vat om dit reg te kry, want hulle weet nie hoe nie. Hou op om die bleddie skurk anc en sy kaders geld te voer.

Kokerboom ·

Strafregterlike klagtes moet aanhanging gemaak word teen President, sy patetiese Ministers betrokke, LUR e en munisipale besture!
Sulke ontwikkelings het NOOIT in ou Afrika bestaan ..so hul ignoreer. Dis ook werk!!!!

Andre ·

Gelukkig beteken dit hulle het nog water! Sommige plekke naby kry net soms water.

Toy ·

Sies, dit is uiters swak. Die mense het geen trots, daar word nie omgegee hoe dit lyk nie. Daar word blink karre gery bogger die res.

Kokerboom ·

Kan iemand ‘n tydlyn verskaf hoe lank dit die ANC gaan neem om SA samelewing totaal te vernietig?

Herman ·

In die Mynbou en industriele omgewings is daar wetgewing wat ten doel het om mense se gesondheid en veiligheid te beskerm en hierdie wette word uiters goed en doeltreffend toegepas. Ek kan nie glo dat daar in die openbare sektor nie soortgelyke wetgewing bestaan om die veiligheid en gesondheid van die algemene publiek te beskerm nie. Daar behoort in elke munisipaliteit ‘n persoon of persone aangestel te word wat moet toesien dat hierdie wetgewing nagekom word. Hierdie persone behoort in so situasie strafregtelik vervolg te word en daarna moet die proses opwaarts eskaleer totdat die president uiteindelik strafregtelik vervolg word. As wetgewing nie op grondvlak toegepas word nie, is almal boontoe ewe skuldig daaraan dat daar nie effektiewe stelsels implementeer word om wetgewing toe te pas en te bestuur nie. Wensdenkery…. Hoe lekker droom ek nou…

Blikkies ·

Is die Munisipale leiers vertraag of wat gaan aan met die spul dat hulle nie eens ‘n verduideliking kan gee oor die omstandighede nie, ek vloek sommer so kwaad is ek. Hulle kan absoluut niks bestuur nie man.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.