[Video] Klagtes na onderonsie met metrobeampte

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Aanrandingsklag is teen ʼn beampte van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) ingedien nadat hy Woensdagoggend na bewering ʼn motoris en sy passasier gedreig en hul selfone uit hul hande geklap het.

Diederick Stopforth het aan Maroela Media gesê hy en sy vriendin was vanoggend op die R24 in Edenvale toe ʼn vragmotor in ʼn kruising by ʼn afrit gestop het nadat die verkeerslig na rooi verander het. Volgens Stopforth moes hy en ander motoriste noodgedwonge om die vragmotor ry om te verhoed dat hulle die kruising versper.

ʼn EMPD-beampte het hom afgetrek en gevra waarom hy om die vragmotor gery het. “Hy was sommer uit die staanspoor aggressief en het sy gesig by my voertuig in gedruk terwyl hy met my praat. Ek het vir hom verduidelik ek het geen ander keuse gehad nie en toe het hy sommer begin om my motor na te gaan en na iets te soek wat fout is,” het Stopforth gesê.

Volgens Stopforth het sy meisie begin om ʼn video op haar selfoon te maak omdat die beampte so aggressief was en die beampte het gesê hy sal hulle “ʼn les leer”. “Hy het my bestuurslisensie uit my hande gegryp en net weggeloop. Ek het uit die motor geklim en agter hom aangestap om te vra waarheen gaan hy met my lisensie. Ek het ook begin om ʼn video met my selfoon te neem,” het hy gesê.

Stopforth sê die beampte het geweier om sy bestuurslisensie terug te gee, maar het ook nie vir hom ʼn boete uitgeskryf of verduidelik wat hy verkeerd gedoen het nie. Op die video wat Stopforth geneem het, kan gehoor word hoe hy die beampte vir sy naam en rang vra, voordat die beampte skynbaar die selfoon uit Stopforth se hand klap.

“Wat julle nie op die video kan sien nie, is dat hy my meisie se selfoon ook gegryp en stukkend gegooi het. Haar vingers is in die proses gesny. Hy het haar gedreig en gesê hy sal haar in hegtenis neem en haar ‘wys wat ʼn beampte met haar sal doen’. Ek wou haar net daar wegkry, want ek het geweet dit sal moeilik wees om myself en haar te beskerm as dinge handuit ruk. Ek het toe vir haar gesê om in ons motor te klim en weg te ry.”

Stopforth sê hy het daarna 10111 gebel en twee SAPD-beamptes het hom vinnig te hulp gesnel. Hy beweer toe die polisievoertuie by die toneel opdaag, het die EMPD-beampte en van sy kollegas wat ook op die toneel was, in hul motors gespring en weggejaag. Hy sê die polisiebeamptes het die EMPD-beamptes agterna gesit, maar kon hulle nie inhaal nie.

Hy het daarna ʼn saak van diefstal, aanranding en opsetlike saakbeskadiging by die polisie aanhangig gemaak. Kol. Malesela Mapulane, woordvoerder van die polisie, het bevestig die Edenvale-polisie ondersoek die saak.

Stopforth sê sedert hy die video op sosiale media gedeel het, het ʼn paar mense gesê hulle ken die beampte in die video en het al voorheen ʼn onderonsie met hom gehad. “Een van die polisiebeamptes by die Edenvale SAPD het vir my gesê hulle kry letterlik daagliks klagtes oor die gedrag van die EMPD-beamptes,” het hy gesê.

“Ek verwag dat hierdie beampte geskors word, sodat hy nie ander motoriste kan behandel soos hy ons behandel het nie. Hy moet ook strafregtelik vervolg word op die aanklagte wat ek aanhangig gemaak het en ek sal ʼn persoonlike eis teen hom en die EMPD instel oor die voorval.”

Stopforth het gesê die saak word deur die EMPD se eenheid vir interne aangeleenthede ondersoek. Lt.kol. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die EMPD, het egter aan Maroela Media gesê hy het nog geen inligting ontvang van ʼn amptelike ondersoek oor die voorval nie. “Die EMPD sal eers verklarings van die klaer en die betrokke EMPD-beampte moet kry, asook van onafhanklike ooggetuies wat op die toneel was en dan sal ʼn ondersoek begin,” het hy gesê.

Hy het gesê hy wag vir terugvoer van die EMPD se eenheid vir interne aangeleenthede.

Posted by Diederick Stopforth on Wednesday, March 15, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Johann ·

Gert vra ek ook? Seker gevat en gebreek.deur die “beampte”?

pieter van emmenes ·

Waar is die video? Kan dit nie gesien kry nie!

Piet Snot ·

Pragtigen video.
Dankie meneer, jy het my pas ‘n ryk man gemaak.

Johann ·

Edenvale se LOAN RANGER is al BERUG vir sy bravades. As ek reg onthou was hy al op CARTE BLANCE? Maar hys blykbaar onaantasbaar…siende dat hy oor en oor en oor “aangekla” word maar steeds sy magsbeheptheid op motoriste uithaal? Hoe kry mens sy en sy bevelvoerder se name en gedrag by n REGTE vervolgings gesag uit?

Christa ·

Dis hulle modus operandi. Laas jaar het die verkeer vir kilometers gestaan om Greenstone na Modderfontein. Daar was ten minste 3 Metropolisie-voertuie wat boetes uitgereik het aan motoriste wat omdraai ipv die verkeer voor te reguleer waar die probleem en oponthoud was. Toe hulle my aftrek vra ek hoekom hulle nie die verkeer reguleer nie se sy vir my “You whites must always complain about everything”. Toe ek haar naam vra, weier sy om dit vir my te gee, want sy het haar trui aangehad en daar was geen naambalkie aan nie. Ek het ook haar foto met ‘n foto van die verkeer en die metropolisie-motors langs die pad!!!

Mike ·

Baklei hierdie saak en moenie dat enige struikelblok in jul pad staan nie. Hierdie beamptes kan nie net verdwyn ie. Ry hulle behoorlik sodat hul sien hulle kan nie net wegkom nie.

Johann ·

Hys BERUG vir sy manewales…EN die feit dat hy en sy tjomme daarmee wegkom! Klad op die res van sy kolegas…wens die wat opreg en eerik hulle werk doen en dien; wil díe Lone Ranger in hul eie geledere VASVAT?

maria ·

ek loop altyd met ‘n kamera by my. ek was verpes deur n boelie, nes hierdie een. Videomateriaal is jou enigste bewys. moenie eens jou venster afdraai as ‘n persoon jou aftrek nie, en gee aan hom die rede – dat dit te gevaarlik is .

Basjan ·

Ek stem saam met jou Mike. Moenie toelaat dat die skuldige welkom nie.

Asmain ·

Dit gaan my verstand te bowe dat hierdie vlak van intelligensie in die SAP en Metropolisie toegelaat kan word…moet jy nie ten minste matriek he nie?
O ja met n 35% vereiste slaagsyfer is dit die kwaliteit wat jy kry…en dan word hulle met vuurwapens uitgereik!

sonja billson ·

Watse kommentaar mag ONS lewer ?
Ons mag dan NIKS meer se nie ?

Casper Labuschagne ·

Nee maar dit gaan heerlik in hierdie Suid-Afrika. Is daardie beampte se naam al bekend gemaak? Sal so graag vir hom wil gaan kuier. Wat op die aarde hulle dink wanneer hulle dink wanneer hulle so maak weet mens nie……., o ja hulle Kani dink nie. Vir jou part hoop ek regtig die wet loop sy regte loop. Sterkte.

willie ·

sy houding in die videogreep voor die klap spreek boekdele van arrogansie en haat!

Penellope Jones ·

Op sulke subtiele en slu maniere druk hul hul “stempel af”.

Johan. H. ·

Ry hom sodat hy dit nooiet weer aan iemand anders kan doen nie, Jy het meer gedult as ek , STERKT vir dit watkom…,!

Friesperd ·

Ja-nee Casper, kan ek saamry vir die kuier? Ek is seker die meneer sal nie so te kere gaan as sy vlerke bietjie geknip word nie.

Tannie ·

Friesperd, mense soos jy en Casper help nie dat daar vrede kom in SA nie. Om geweld met geweld te antwoord, sal heel waarskynlik in jou gesig opblaas met ‘n saak van aanranding teen jou. Die manne wat so trots is daarop om hul probleme met geweld “uit te sorteer” is deel van die probleem.

Wieookal ·

Hierdie beampte is van daardie soort wat net weet hoe om af te brreek en nie voortbou of opbou nie – niks anders as Dom en dwaas. Dis ook duidelik rasisme wat uit die beampte vlieg. Die haat kan jy in sy gesig sien

vermeende ·

Die saak sal ondersoek word, en dit is waar dit sal bly!

C ·

How does South Africa become a better place with people like this policeman in our midst.. It does not seem he is qualified enough to do his job professionally. I hope his time is NOW that he gets what he deserves.

boerperd ·

Ek lag waar ek hier sit hy gaan nog verkeerde man aanvat dan gaan hy vinnag maniere leer glo my iemand gaan sy strooi nog uitsort vir hom ek kan nie glo na so baie klagtes teen hom doen hulle niks nie dis skokkend mense wees maar paraat waar ookal julle is en wees veilig dinge raak lyk my net erger maar bly net glo

Dirk Sweitz ·

Ek is daarvan oortuig dat die vent nie swartes so hanteer nie en dat hy doelbewus blankes teiken.

Marcel ·

Waarvoor moet daar oog getuies wees as daar n video is …. stupid. Dit sou sy laaste klap gewees het.

Di ·

Hy het hoeka al ‘n paar voor tande missing miskien het iemand hulle hoeka al vooruit uitgeklap!

Honibal ·

Dis ouens soos die wat dink hulle is verhewe bo die wet wat die land so ondermyn.

As hy nie ‘n ‘bribe’ kan kry nie, sal hy jou lewe vergal. Hy is ‘n country bumpkin.

Jean ·

Word hulle nie dalk sleg GEKEUR nie? Dit het niks met opleiding te doen nie, dit is ‘n swak karakter wat se maniere hier SKORT!

Jean ·

Dis reg, ons moet klagtes indien, al gebeur daar niks aanvanklik nie, hou net aan, hoe meer klagtes teen die onprofessionele persoon, hoe beter. Ons moenie net op FB kla nie, gaan maak ‘n saak oop by die polisie en gee dit sommer aan by die MRK ook Dit is twak dat iemand in ‘n posisie van mag ander mense so behandel. LET HIM PAY.

Poot ·

In SAPS staan jy parade voor ELKE skof om toe te sien dat jy aan diens is en dat jy reg toegerus is. Wat het die skof bevelvoerder van hierdie lid vir homself te sê? Het die lid so sonde naamplaatjie en rangtekens aan diens gerapporteer, of het hy dit verwyder na skofparade? Die bevelvoerder behoort ook dissiplinêr aanspreeklik gehou te word.

Magda ·

Dit was my 1ste vraag ook gewees! Hulle is veronderstel om parade te staan voor elke skof.
En jy mag onder geen omstandighede weier om jou naam en aanstellingskaart te wys nie. Ek weet nie of julle so ‘n paar maande gelede gesien het toe hulle ‘n prok af getrek het nie. Hy het aangedring op sekere dokumente wat hulle te alle tye by hulle moet he dat hulle wel opgelei is om die publiek te kan af trek. Hulle het nie die file by hulle gehad nie en hulle kon niks doen nie. Jy moet te alle tye jou kaart by jou he!!! Dis reg wat die man wil doen , dagvaar die lid self en die Metro dalk sal die ander 2 keer dink voor hulle so iets doen!

MANIE ·

Die skurk het tog seker n blyplek. Miskien moet hy daar besoek word weg van sy kriminele wat hom beskerm. Dan kyk ons of hy nog so braaf is. Gewoonlik is hierdie metropolisie net braaf as hulle soos n pak honde bymekaar is

Lee ·

Edenvale se Metropolisie beamptes gee EMPD wragtig ‘n slegte naam. Dis nie die eerste geval waarvan ek ook hoor nie. Hy is ook veronderstel om sy badge op sy trui te hê. As jy nie jou naam wil gee nie moet jy weet hy is uit daarop om moeilikheid te maak. Hoop hy word afgedank want sulke vrot kolle het niemand nodig nie. Ek is so bly die ou het ‘n saak gaan maak en ‘n video geneem want EMPD se hande is afgekap as mense nie ‘n saak gaan oopmaak nie.

Corrie ·

Hulle sal enige iets doen om ONS sleg en seer te maak. As so iets met my gebeur gaan ek of tronk toe of geskiet word want wraggies ek sal so ding met n vuis deur sy neus sit. Wens hy kry n pakslae wat hom in ICU gaan sit!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het nie raad vir al die onopgeleide siele wat die publiek “maniere moet leer nie” maar neem jy enigeen kwalik wat hul sien vir wat hul is: dom en tweederangs met uitgestrekte bedelhande na die man wat hierdie land nog op die been probeer hou.

Alida ·

As die klaer die saak wen sal hierdie arrogante vent niks betaal nie maar die Metro sal moet betaal want hy is in hulle diens. Weereens die belastingbetaler. Dank hom onmiddellik af.

BOLANDER ·

Asmain, ons kamstige President!! het dan net Graad 5. “I rest my case”

Christelle ·

Ek is so bly en ek voel meer mense moet hierdie stappe neem. In 2015 moes ek ‘n diefstal saak aangee by ons plaaslike polistasie en ek werk ook vir Ekurhuleni. Die beampte wat my gehelp het was ongeskik en kort af ek het ‘n klag by die stasie bevelvoerder ingedien en ‘n ondersoek beampte het my by my werk kom sien ‘n paar weke later is ek in kennis gestel dat die beampte nou ‘spanners swaai’ en nooit weer met mense sal werk nie.

Carlia ·

Dit sal die beste wees om klaar ‘n video “live” op Facebook op te neem. Indien jou selfoon beskadig word of gevat word, dan is dit reeds reg om versprei te word. Hierdie tipe van misdaad moet ook gestop word.

Adoons ·

Ek het nou na die video op Facebook gaan kyk. Die motoris se optrede was onnodig uittartend – hoekom kan hy nie die beampte met hoflikheid hanteer nie? Ek sou waarskynlik self lus gewees het om iemand wat my so tart ‘n taai klap te gee. Dis regtig nie die manier om verhoudinge te bou nie.

Ruby ·

Adoons, sou jy nie ook ontsteld gewees het as jou meisie se foon uit haar hand geruk was nie en sy in die proses seergekry het nie? Komaan!

Goed vir hom dat hy bevestig het in die video dat die offisier weier om sy lisensie terug te gee. Patetiese offisier.

Sandra ·

Waarom n klag lê – verdedig jouself teen die onopgeleide offisier

Hansie ·

Die beampte my toe gesluit vir drobk bestuur 3 jaar gelede toe ek nie omkoop geld wou gee en hom betrap het met meer as R1000 se op gefrommelde note in sy broek sak wat gewys het, hy is n idioot. My saak is terug getrek want daar was geen alkohol in my bloed deur hof.

Driaan ·

Dit is sulke goed wat maak dat ek weier om aftetrek langs die pad, hoe weet jy jou veiligheid is gewarborg? Ek ry tot die naaste dorp se polisie kantoor jy sal my daar kry. As jy my van die pad af wil druk gan ek voel jy wil my Hijack en my Hilux sal BF Goodrige merke op jou dak los.

Willem ·

Ek en my vrou gaan sondag van klerksdorp centorion toe ry ek ry gewoonlik randfontein deur kan iemand asb die meneer laat weet sal dit ‘like’ as hy my aftrek

Chriszelda Steyn ·

as ek nou kon sê wat ek wil sê gaan ek ook aangekla word!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.