Video: Kleuter uit brandende gebou na veiligheid gegooi

In die video is dit duidelik hoe die vrou die kleuter na die skare mense wat onder die gebou in die straat staan, gooi (Foto: Skermskoot)

’n Video wat wys hoe ’n kleuter uit ’n gebou in Durban gegooi word – nadat die gebou deur betogers aan die brand gesteek is – word wyd op sosiale media gedeel. Dié video het selfs internasionaal opslae gemaak.

Die kleuter en ma het ongedeerd van die brand afgekom.

Maroela Media het vroeër berig ’n groep betogers het Dinsdag omstreeks 12:30 die City Life-gebou in die Durbanse middestad aan die brand gesteek. Dié gebou bestaan uit onder meer winkels en woonstelle.

Video’s wat op sosiale media gedeel is, wys hoe sommige mense – wat vermoedelik in die woonstelle vasgekeer was – by die vensters begin uitklouter.

In van die video’s is dit duidelik hoe ’n volwasse vrou uit die venster klim, waarna iemand – wat steeds in die gebou vasgekeer is – ʼn kleuter na die vrou gooi. Die vrou vang die kleuter en gooi die kleuter dan na die skare mense wat onder die gebou in die straat staan.

BBC het berig die volwasse vrou in die video is die kleuter se ma.

“Die ma was genoop om haar baba uit die brandende gebou te gooi. Ma en baba het ongedeerd van die voorval afgekom en is herenig,” lui die berig.

Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddiens, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die brand is omstreeks 13:00 geblus.

“Paramedici het altesaam 64 beseerdes op die toneel behandel. Twee van dié beseerdes is per ambulans na ’n hospitaal gehaas,” het McKenzie gesê.

Teen Woensdagoggend was altesaam 1 234 mense in verband met gewelddadige onluste en plundery die afgelope paar dae in KwaZulu-Natal en Gauteng in hegtenis geneem is. Die plundertogte het nou reeds 72 lewens geëis.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Cheryl ·

SA brand en ek hoop mense besef die erns vd situasie. Net God kan ingryp en sake verander. Gebed is die enigste antwoord. Bid lewe en nie dood nie. Dankie.

Andre ·

Ja, die Skepper kan ingryp, maar Hy sal nie. Hy het nog nooit in gemeng met die mens se regerings en politiek, behalwe waar Sy Naam of Sy Eer betrokke was. Hy het natuurlik ‘n tyd vasgestel wanneer hy die satan se juk op die aarde sal breek en Sy koningkryk(letterlike regering) onder Sy seun Christus Jesus sal oprig. Dit sal eers wees na 1) Die val van Babilon die grote( valse godsdiens) gevolg deur die 2)Groot Verdrukking, en 3)dan Armaggedon en dan absolute vrede en veiligheid op aarde.

Leeuwyfie ·

Sien niemand die vrou met die gebreekte voet nie? Heeltemal af! Dis verskriklik!
Ek is so dankbaar die kind is veilig.

Vlooitjie ·

Ja flippit, ek het dit ook gesien. Ek hoop iemand het haar ook gehelp.

Belinda ·

Wys jou hoe hulle dink, dink glad nie aan die inwoners wat bo die winkel sentrum bly. ai…

Deon ·

Hoe weet ons hulle het nie aan die mense wat bo die winkels bly gedink nie?

Vlooitjie ·

Ek wil tjank as ek sulke goed sien. Daar is verskeie berigte van mense wat saam staan ongeag kleur of kultuur wat opstaan teen die kriminele wat verwoes en plunder en nie enige gewete het oor hoe die rippel effek van hul dade nie net ons ekonomie en land verwoes nie, maar ook lewens eis. Dit gee my nog hoop dat almal nie al die kluts kwyt is nie. Dankie.

Wanda ·

Dis wat mense doen by ons twee spars wnt dis al wat oor is by ons,alles weg,hele mall geplunder met pick n pay en checkers daar.Game ook daarmee heen

Tokkel ·

Baie dankie dat julle daardie baba kon red. Dankie vir die mense wat nog omgee. Kom ons staan saam teen hierdie looters wat als wil destroy in ons land. Ons wil in vrede leef en mag hulle ‘n tronk bou in die woestyn vir hierdie mense ….

Wanda ·

Dis vrek hartseer mense.Ons het net twee spar’s oor in ons dorp,ons hele mall is geplunder selfs die chinese winkels.Geen checkers en pick n pay meer nie.Mica is weg,game alles.Ander dorp 16 km verder is darem nog meestal okay maar mens staan 5 ure vir paat items.Kan glad nie by garages inkom nie

Anel ·

Dis erger as gedurende ‘n oorlog. En ons regering is so stil soos ‘n muis. 2 dinge: of hulle keur dit goed of hulle kruip weg wat hulle weet nie wat om te doen nie. Maar hulle vrek eerder voor hulle dit witman vra vir hulp.

Elinette ·

Ek dink hulle keur dit goed. Die gepeupel het opgestaan, nes met die Franse Rewolusie en die bestorming van die Bastille. Ook dáár het dit gegaan om ‘n ekonomie wat aan’t insak was a.g.v. korrupsie en wanbesteding, groot werkloosheid, kospryse wat die hoogte ingeskiet het en wanbalans in politieke beheer. Alles dinge wat ons nóú in SA sien. ‘n Regering wat net hulself verryk, ‘n ekonomie wat ineengestort het, werkloosheidssyfers wat deur die dak geskiet het, korrupsie en wanbesteding wat aan die orde van die dag is en kospryse wat onbekostigbaar geraak het.

Hou vas, dinge gaan nog eers BAIE rof raak, voor dit DALK beter raak. Kom ons hoop dat daar nog enkeles is wat in hierdie omstandighede hul normale verstand en denke behou het. Kom ons hoop dat diegene wat hierdie anargie vir eie gewin aanblaas, iets oorkom.

Elinette ·

Hemel weet, was dit nou nodig??????????????????????????? Waar gaan alles eindig????? Dit gaan lankal nie meer net daarom dat Zuma opgesluit is nie, LANKAL NIE MEER NIE. Dis nou ‘n “Free-for-All” … Maar kom net hier in die Wes-Kaap marakkas maak …. HIER wag die taxi-manne vir julle …

Deon ·

Die wil my laat rook blaas soos n draak!!! Dit is eintlik onmenslik, hoe kan jy as n “mens” so iets veroorsaak? Dankie Vader die “gooi” het goed afgeloop….. Ek wonder, indien die kind sou seerkry, sou die mense wat die kind wou red in die moeilikheid wees? …… Cele en sy spul moet aangekla word dat hulle n kind se lewe in gevaar gestel het, hulle kan ook gerus van manslag aangekla word vir die tiener wat dood geskiet is… En sommer almal wat lewens verloor het… Kom John en Pieter, hier is n bus wat regte waarde het om op te klim hou die spul wat dit veroorsak het asook die wat moes keer, verantwoordelik vir al die sterftes en ongevalle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.