Stormsterk wind belemmer brandbestryding

Foto: Koos Britz/WVS Wildfires/Twitter

Toestande in die Eden-distrik wat Knysna insluit het vererger nadat stormsterk wind sedert Saterdag om 11:00 brande in die omgewing laat opvlam en lugbestryding gekniehalter het.

Die Wes-Kaapse regering het in ʼn verklaring gesê 11 vliegtuie, waaronder drie Oryx-helikopters van die weermag, het voordat die wind opgesteek het, brande in die rampgeteisterde gebied bekamp.

“Lugsteun het onverpoosd deur die oggend gewerk en is nou tot verdere kennisgewing opgeskort weens weerstoestande wat dit onmoontlik maak om te vlieg. Dit sal brandbestryding baie bemoeilik,” het James-Brent Styan, woordvoerder van Anton Bredell, die minister van plaaslike regering en omgewingsake, Saterdagmiddag gesê.

Hy het gesê nagenoeg 800 brandbestryders is in die omgewing ontplooi.

Brandbestryders fokus op die gebied tussen Knysna, Sedgefield en George. Volgens berugte het minstens drie eiendomme Saterdagoggend in dié omgewing afgebrand.

Clinton Manuel, hoof van die brandweer, het gesê die brand tussen Knysna en Plettenbergbaai is tans grootliks onder beheer en spanne op die grond monitor die situasie.

Die N2-snelweg was met tye vir verkeer gesluit weens die brande wat swak sigbaarheid veroorsaak het.

Geen lewensverlies is tot dusver vir Saterdag aangemeld nie.

Lees vorige berigte oor die Knysna-brande op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Veteraanbestuurder ·

Opmerklik in die begin van die video waar die busbestuurder alreeds stilhou waar andere nog steeds nader beweeg tot hulle uiteindelik in die rookvuur beland. Weereens is GEDULD die wagwoord bo domastrantheid. Hou stil vóór die rook waar almal jou kan sien en natuurlik LANGS die pad. Dis mos nie só ingewikkeld?

Ai ·

Hoop hulle kry goeie swaar reen, dit sal so baie help om die brande te stop.

oumie ·

O God hou U beskermde hand oor die mense daar is alklaar soveel hartseer wat gepaard gaan hier en bewaar ons brandweer manne hul doen sulke gevaarlike werk ASB my Vader in die hemel en op aarde Amen

Port Elizabeth ·

Die beeldmateriaal is tussen PE en JBay en nie Knysna nie. Heelwat geboue van die skool Woodridge asook ‘n private huis het in die slag gebly. Asseblief respekteer die feit dat ons in PE baie skade gely het en moenie die beeldmateriaal verkeerdelik as Knysna wys nie. Nietemin, Sterkte op die tuinroete en ook die baai.

Jane ·

Ai, en daar is sopas bekend gemaak dat sover ‘n dame van 71 oorlede in juis die areas is. Sien ook die videos is daar afgeneem wat die Thornhill omgewing is. Dit is verskriklik! Ek bid vir almal se hartseer en hoop die brande stop.

hein ·

Baie dankie almal julle wat nie eens tyd het om hier te lees nie julle wat julle lewens op die spel plaas vir ander se lewens en besittings, mag die Here, Skepper van Hemel en aarde sien die bedoeling van julle harte…julle is goed.. nie soos ek wat sleg is nie….

Yvonne ·

Die foto, videoclips en foto van n ander berig op die blad is defnitief die N2 tussen PE en J bay. Dit is darem n hele entjie van Knysna af. Die omstandighede waaronder al die brande ontstaan het is baie verdag…. laat my so dink aan lord Kitchener se verskroeide aarde beleid tydens die Boere Oorlog……… sterkte aan al die manne en vroue wat deel is van die verskeie nooddiens spanne. Ek haal my hoed vir julle af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.