Video: Kommer ná ‘EFF’ op winkel toesak

‘n Skermgreep uit die video.

ʼn Sakevrou van Viljoenskroon is bang en vrees vir die veiligheid van haar onderneming nadat ʼn groep mense, talle van hulle geklee in EFF-klere, vandeesweek op haar winkel toegesak en daar gedreig is dat dit geplunder sal word.

Engela Griesel (62) besit ʼn winkel op die dorp wat klereherstelwerk doen en allerhande ander snuisterye verkoop. Haar skoondogter, Lynne Derksen, sê Griesel was Dinsdag alleen in die winkel toe ʼn man haar by die toonbank genader en gedreig het om geld te oorhandig.

Griesel het die veiligheidsmaatskappy ontbied en die man is uit die winkel.

Hy is kort daarna buite die perseel aangekeer.

Derksen sê herhaalde oproepe na die polisiestasie het egter onbeantwoord gebly en lede van die veiligheidsmaatskappy en buurtwag het opgedaag terwyl ʼn skare mense, talle van hulle in EFF-drag geklee, na die winkel opgeruk het.

Derksen sê een van die mans in hierdie groep het onder meer aangevoer dat die man wat volgens Griesel die geld geëis het, geslaan is. In ʼn video wat Griesel se dogter, Suzette Mouton, van die voorval gemaak het, kan gehoor word hoe die man onder meer die polisie vloek. Een van die mans wat Griesel te hulp gesnel het, is oënskynlik ʼn polisielid wat van diens af was.

“Ek is nie bang vir jou nie … F** die polisie …” snou ʼn man in ʼn EFF-hemp en rooi baret hom toe.

“Ek sal daardie mense aansê om hierdie winkel te kom verniel. Ek sê dit nou vir jou … Daar is niks wat jy kan doen nie. Jy is ʼn klein seuntjie. Moenie met daardie neigings hier kom nie. F** jou,” skreeu hy dan weer voor hy uit die winkel storm.

Derksen sê haar skoonma is by ʼn agterdeur uit die winkel geneem en is huis toe waar paramedici haar onder meer met suurstof moes behandel. Sy het vermoedelik ʼn ligte beroerte tydens die voorval gehad en kon vir ʼn ruk nie loop of praat nie.

Mense drom buite die winkel op Viljoenskroon saam.

Sy was boonop vreesbevange dat haar vierjarige kleinseun wat ook tydens die voorval in die winkel was, in die spervuur sou beland. Dit gaan nou weer beter met haar gesondheid.

“Sy is nou beter, maar sy is nog baie bang en huilerig,” het Derksen gesê.

Griesel se winkel het sedert die voorval nog nie weer heropen nie. Derksen sê hulle wou Woensdag ʼn saak by die polisie aanhangig maak, maar kon nie omdat die polisiestasie volgens haar tydelik weens ʼn Covid-19-geval gesluit is.

Hulle gaan ook nou veiligheidsmaatreëls by die winkel opskerp.

Derksen sê hulle het die situasie probeer ontlont en wou nie verdere konfrontasie op enige manier uitlok nie, maar dat hulle die saak beslis nie daar gaan laat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Kokerboom ·

Wees voorbereid vir die rooi boewe. Hul is nou op ‘n hoog! Polisie moet wakker word.

Frank ·

My bloed kook. Hier kom ‘n interresante tyd. Ek raak sommer opgewonde. Ons moet net geduldig wees. Asseblief mense, geduld. Gee hulle genoeg tou…….

twaalfboor ·

Stem saam jou Frank. Maar magtag die arrugansie maak my WARM onder die kraag.

Persheks Adri ·

Nou wanneer gaan iemand iets doen aan die klomp rooi petters? Ons kla en kla oor die klomp ELKE dag en niemand doen iets nie! MRK is so teen ons en ek gaan my mond hou oor die polisie, want regtig ek sal dit verloor.

#TSEK EFF tsek!

Elize ·

Johan loop jy voor en ons sal jou volg want lyk my jy is ‘n gebore leier

katerinadiekat ·

Daardie eerste man wat ingekom het en haar gedreig het, het dit natuurlik gedoen suiwer om moeilikheid aan die gang te sit. Dis gaan nou seker die nuwe tendens wees, om klein blanke besighede te target vir moeilikheid maak. Op die einde vd dag sal aanlyn besigheid seker nog die enigste opsie vir blankes word.

Aai ·

As daai man ‘n polisieman was in video wat ek nie glo hoekom het hy nie werk gemaak en hom lt toesluit?En die ander wat daar saambrom is net daar om te kyk wat hulle kan steel as daar probleme is.

LiveAndLetLive ·

Ons gaan al hoe meer van hierdie arrogansie sien in ons land. Hulle dink hulle is onaanraakbaar – never say never.

Anoniem ·

n Politieke party kan mos nie so optree nie of hoe? Daar is n stel reels waaraan voldoen moet word so gaan kyk daarna en kla die EFF aan by die etiese kommitee, voeg dan klagtes by van die aanhitsing van geweld en afbrand van plase by en derigistreer hierdie terroristiese politieke party.

Inkpot ·

Dit werk nie heeltemal so in Suid-Afrika nie.
Daar is ń ander kriteria vir die EFF en ANC

Anel ·

En hoekom is hy nog nie toegesluit nie? Hy het die mense gedreig dat hy die plek gaan afbrand!!! As dit nou andersom was, was die persoon klaar toegesluit, borg geweier, gevonnis en die sleutel weggegooi!!!

Stefaan ·

Dit gaan lankal nie meer oor reg of verkeerd in die land nie. Kleur is nou die bepalende faktor vir wat reg of verkeerd is.

Mariana ·

En dit gebeur as ‘n arrogante leier sy mense opstook. Die spul kan gevaarlik raak, mense moet hulself beskem en bewapen. Hulle kan nie net maak soos hulle wil nie en as die polisie kantoor gesluit is werk geen polisieman op daai dorp nie, interessant nê. Nee hulle verkies om hul skaars te hou en is deel van die gepeupel…….en die regering kan nie minder gepla wees nie……

Maggies ·

Hulle gaan nou vir weerbare ouer mense.
Té lafhartig om mense van hul eie portuur man op man aan te val en sal altyd in luide opgesweepte groepe optree.
Nie dat ons enigsins iets aan hulle kán doen nie, want daar sál altyd dosyne wees wat sal getuig dat die umlungo eerste begin het… dan word die blanke opgesluit.
Bekerm eerder julself, kry kring televisie, hou winkels gesluit (nie net diefwering nie) en wees paraat.
Enige winkel het volgens wet die reg om toegang te weier. Dit is net uiters moeilik wanner hulle reeds in die winkel is.

Annelize ·

Die EFF is seker een van die grootste probleme in hierdie land. Hulle loop en soek moeilikheid en lok moeilikheid uit sover soos hulle gaan.

Hierdie was 10 teen 1 ‘n poging om reaksie en konfrontasie uit te lok met die blanke mense, sodat hulle weer een helse kabaal kan opskop, en op ‘n plunder en strooptog kan gaan. Altyd oorgehaal om iets aan die brand te steek at the drop of a penny.

Werner ·

En as die ou tannie n pistool uitpluk hol hulle dat die stof so staan.Wat het vd saak geword waar die tannie haar moes verdedig by George

Janine ·

Ek stem saam. Ek kon my woede voel net deur die video te kyk! Daar sou beslis appels gerol het!

Riaana ·

Wonder of Afriforum nogsteeds voel praat en onderhandel gaan n verskil maak… Nee dit gaan nie, het nie, en sal nie

Suzette ·

Maar die kabinet sê meld misdade by die polisie aan – wat ‘n grap!!

Alex ·

Nou hoekom gaan hy nie aangekla word vir intimidasie nie en poging tot moord ens nie. Die EFF bewys nou net hulle is n party vir minagting, plunder en geen respek en dit word deur die parlement goedgekeur oor hulle noks daarom trend iets doen nie

madels ·

Mense moet TV kameras ORAL in hul winkels hê sodat ALLES opgeneem word wat daar daagliks gebeur en ook kameras buite hul winkels

Natasha ·

Sluit die gemors toe en gooi die sleutel weg!!! Crimean Injuria, aanranding, aan hitsing van geweld… gaan speel die video oor en oor vir Cele en Ramaphosa en kyk hoe doen hulle niks en verdedig ook nog die gemors.

Andre ·

Hierdie probleem begin by die gogga se kop, nie by sy tentakels nie.

Inkpot ·

Goeie genugtig, die polisiestasie gesluit weens Covid? Dus kan misdaad dan ongestoord voortgaan.
Dis tyd dat mense te alle tye gewapen moet wees.

Hoekom ·

Hulle is so arrogant want hulle weet die polisie sit hande gevou en kyk net toe. Hulle is verhewe bo die wet. Ek sê weer, ons is op ons eie. Die radikale rasse aanslag op ons is veel erger as enige ander tyd in die verlede van hierdie land maar die wat die hardste geskreeu het in die verlede se oë word nou styf toegeknuip!!

Hannes ·

Mag ons Vader in die hemel my bewaar dat ek nooit in so ‘n konfrontasie kom nie. Provokasie in die ergste graad.

Alta ·

Kan die EFF nou doen wat hul wil? Lyk my ons president is bang vir hulle! Wit mense word geteister op alle wyses maar tot die polisie staan terug vir hulle! Tyd dat die klomp malema zombies in die bek geruk word. Laat n wit man nou die polisie vloek dan is die hel los! Daar sal drasties n plan gemaak moet word met die klomp opstokers en verwoesters!

Johan ·

Ek ken ‘n hele paar manne in daardie area en as dit een van hulle was, was daar groot “bollie” in daardie dorp gewees. EFF is soos ‘n lastige vlieg wat net nie wil gaan nie. Regering gaan iets moet doen omtrent hulle (gaan seker nooit gebeur nie), want hulle gaan groot probleme in hierdie land veroorsaak. Een of ander tyd gaan iemand optree teen hulle dan is die gort gaar.

Dries ·

Ek wonder darem wat die reaksie sou wees as hulle by ‘n ‘foreign national’ se winkel so sou te kere gaan. Ek wonder…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.