Video: Kommer oor grondhervorming

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Politieke ontleders is steeds bekommerd oor die uitwerking van die regering se beleid oor grondhervorming op die landbousektor. Die regering het die grondeiseproses in 2014 weer oopgestel vir ‘n tydperk van vyf jaar. Die konstitusionele hof het egter vroeër vanjaar bevind dat dié wetgewing ongrondwetlik is omdat dit nie deur ‘n behoorlike konsultasieproses voorafgegaan is nie.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Waar’s julle DA-aanhangers nou! Julle stem immers daarvoor.

Anti regering ·

Die wiele moet maar eers afval voor dit reggemaak word die vorige munisipale verkiesings is ‘n goeie voorbeeld hiervan

Peet J ·

Die politieke ontleders moet ingedagte hou dat F W de Klerk onlangs tydens ‘n onderhoud met Amanpour op CNN televisie erken het dat die witmense in S A teveel grond besit en dat dit ‘n probleem is.

Schalk ·

FW kan maar stilbly want hy is wat my betref deel van die wanorde in die land. Sy menings is maar net om aandag op homself te vestig. Tipies politikus.
Grondhervorming is ‘n politieke gedrewe magsposisie misbruik poging om aansien by die voetsoolvlak verteenwoordiging te verkry. Ja, gee die grond terug of wat ookal en kyk hoe verval dit. Niks kan instand gehou of ontwikkel word sonder finansies en kennis nie.
Ons regering ondersteun nie boere nie, en ek sluit alle rasse en geslagte in soos dit behoort te wees nie.
Dit is probleem skepping van allemintige proporsie wat gaan veroorsaak dat frustrasies gaan lei tot bloedvergieting

Waarheid ·

Stem saam Schalk. So dringend is verlede en dis gister… Moes nie verby gegaan het sonder vordering in beplanning OM OORLEWING mbt VOEDSELVERSEKERING vir die hordes en verdere aant…was. Wys my hoe EET jy GELD! Winkel vra al omverskoning oor kwaliteit maar prys aikonna bly belaglik. SWAAR sal ons kry DRINGENDER sal ons moet bid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.