[Video] Koning leeu is onverwagse kuiergas

Foto: Francie Lubbe

Foto: Francie Lubbe

ʼn Johannesburgse egpaar het ʼn video op sosiale media gedeel van ʼn buitengewone ervaring tydens ʼn onlangse kampeeruitstappie toe hulle wakker geword het van leeus wat aan een van hul tente lek.

Francie Lubbe het aan Maroela Media vertel dat hulle die aand van 8 Mei by Mabuasehube-kampterrein binne die Kgalagadi-oorgrenspark in Botswana oornag het voordat hulle ʼn paar dae later verder na Namibië sou reis. “Dit het die vorige aand gereën. My swaer het die oggend wakker geword en die lekgeluid gehoor. Toe ons uitgaan, het ons drie leeuwyfies gesien wat daar naby ʼn tent se vensters die druppels staan en aflek.”

Lubbe het gesê die tent was oop voor en die leeus kon maklik ingegaan het as hulle wou, maar hulle het duidelik meer belanggestel in die waterdruppels wat aan die tentvenster gekleef het. “Ons het binne-in die tent gaan staan en die video geneem. Die leeus het ons gesien, maar hulle nie aan ons gesteur nie. Dit was regtig ʼn baie besonderse ervaring.”

Volgens Lubbe het die leeus ook om die tent geloop en een het sommer die braairooster ook ʼn paar lekke gegee. Hulle het later in die kampterrein opgestap waar hulle vir sowat twee uur naby die terreintoilette gaan lê het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ekwilibrium ·

Twee ure by die kamptoilette? En as jy jouself wil bevuil van vrees, wat moet jy maak?

Candice ·

Kyk eerste sal ek myself in n koma skrik maar dis eintlik so koslik dat hul die water so lek!

Stefaans ·

Ja, dit is die tyd wat ‘n ou wonder of jy nog ‘n stel skoon onderklere het

Gesiggie ·

Kyk ek sal dit nie eers maak vir die Toilet… maar dit lyk my hierdie Leeu’s was eintlik agter daai Bells aan , hul was so naby aan daai bottel… maybe ook die reuk van die spices”’ of was bloot maar net n bietjie dors… gelukkig nie te honger.. om verder as die tent venster te gaan… wat n ervaring, maar eh.. eh.. nee dankie ek slaan dood neer… gelukkig was hul mak en vol… ja dit moes vir jul n groot ervaring gewees het… well done..

Thea Gerber ·

In die Kgalagadi is geen mak leeus nie, nie honger nie definitief. Ek sou die Bells daarna moes “down” om myself weer in rat te kry.

sanja ·

Julle het my almal so lekker laat lag!!!!
Ek dink ek sou na so ervaring die bottle Bells maar klaargemaak het!!

Wiebo ·

Wat n wonderlike ervaring! Dit gebeur net 1 keer in n leeftyd dat n mens so n ervaring kan beleef. Sien, diere, selfs roofdiere is beter as mense. As hulle in Gauteng gekamp het, en die leeus was mense, dan was al die kampeerders beroof of selfs vermoor.

Justa ·

Dis n baie kosbare ervaring. Nie meer lank nie dan is daar nie meer veel van hulle oor nie.

andre ·

nou wonder ek net hoelank was hulle daar, en het hulle vanself geloop of nie

Annika ·

Sjoe. Mak kat of wilde kat, hulle bly maar kat!! Beautiful!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.