Video: Kovsie-studente eis verskoning van rektor

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Twee studente van die Universiteit van die Vrystaat eis ‘n verskoning van die rektor, prof Jonathan Jansen, nadat hulle in ‘n Bloemfonteinse landdroshof vrygespreek is op aanklagte van poging tot moord, aanranding en roekelose bestuur.

Die klagtes wat Damane Gwebu, ‘n medestudent, aanhangig gemaak het nadat hy glo raakgery is, het boonop ‘n landwye rasseherrie ontketen. Cobus Muller en Charl Blom is na die voorval in Februarie onbepaald geskors en moes hulle studies summier opskort.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nina ·

Weet jy, sulke goed wakker die haat warm in mens aan. Ding lê daar asof botter nie in sy bek kan smelt nie, terwyl twee jong mense se lewens omver geblikskottel is! Die FLOK weet! En JA, REKTUM, jy skuld hulle ‘n verskoning! Verdomde rassis!

Eugene W Steyn ·

Ek wil dit ook beklemtoon dat Prof Jansen nie so maklik die saak onder die mat kan invee na sy vieslike optrede teenoor Muller en die UV se negatiewe optredes teenoor die twee studente nie. Prof Jansen het weereens bewys dat hy nie ‘n onpartydige regverdige leier is nie, en moet bedank of alternatiewelik afgedank word. Daar moet ook skadevergoeding betaal word deur Gwebu en die UV aan die twee professionele jong manne wat se loopbane nou op so ‘n agterstand begin. Daar moet ook opgetree word teen Gwebu, as daar regverdig gehandel is neem ek aan dat hy al reeds geskors is vir sy leuens en wandade, of hoe nou Prof Jansen?

Ek hoop nie Tukkies maak dieselfde foute as die regstellende aksie-UV-rektor nie!!!! Ek kan nie glo dat UP nog steeds ondersoek instel na die twee meisies se private partytjie-tema nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.