[Video] Kovsies gaan standbeelde verwyder

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Jonathan Jansen, het ingestem om ‘n proses van stapel te stuur om die standbeelde van oudpresidente MT Steyn en CR Swart van die Kovsie-kampus te verwyder.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Ons Afrikaanse studente moet maar streks staan en asb keer dat die standbeelde bly waar hulle is.

Sarel Strydom ·

So geen plek meer vir Afrikaanse student by Kovsies nie.

Frik Lotz ·

Die verwydering, beskadiging,ens. van die Afrikaner se standbeelde is onaanvaarbaar en moet nou end kry. Hoe lank gaan ons nog toekyk hoe ons erfenis vertrap word. Dis tyd dat die Afrikaner opstaan vir sy taal, sy kultuur en sy erfenis. Eendrag maak mag!

Shannon ·

Liewe vader mens ??!!
“..moet nou end kry..” Nê ?
Ek wil graag aan u uitwys dat daar nie een is nie – `n einde.

Rudi ·

Die ANC en EFF leiers sing voor verkiesings om boere dood te skiet en hul werf miljoene stemme deur die afrikaner af te breek. Ons moet dit as ‘n komplement sien. Meeste van ons WILL NIE sien nie. Die Steyn mense hoof nie kwaad te word nie want wat in hul harte is sal nie afgebreek kan word nie maar slegs ontwaak word. Stadig maar seker sal die koring van die kaf geskei word

Josef du Toit ·

Hierdie standbeelde sal beslis ‘n welkom aanwins wees in Oranië. Die fokus moet verskuif vanaf hopelose pogings om sinkende skepe soos voormalige Afrikaanse Universiteite van ondergang te weer, na die verskuiwing van soveel as moontlik van ons kultuurskatte (en geteisterde volksgenote!) na ‘n veilige heenkome.

Bruno Stef ·

Weet net dat die gematigde Afrikaner het die hele tyd Passief / akkomoderend en heeltemal diplomaties probeer optree maar moet dit nie vertolk as n swakheid nie.Dit kos nie veel om die hele land algehele chaos te dompel nie dit gebeur alreeds.Die aanstigters en aanhitsers moet vir die gevolge van hulle dade voor pa staan julle het vure aangesteek wat nie maklik geblus gaan word nie.

chrisp ·

Wonder hoe gaan dit met die manne wat hy verkeerdelik weggejaag het oor rassisme terwyl hy een grote is?
Maar jy is reg Bruno geen ware Afrikaner sal sy beeld of werke wil asosieer met dit wat tans en vorentoe op die kampusse gaan gebeur nie.

Verwyder hom, jy wat Jonathan heet is nie werd om in die skadu van sy beeld te staan nie.

neelsie ·

Die stigters en opbouers van die verlede word nou geminag deur swart rassisme.” Jansen, jy en baie ander “leiers” saam met jou is besig om julle eie grafte te grawe. So word die RSA een massagraf”
Verantwoordelikheid en aanspreeklikheid?….wat is dit nou weer?

Martin ·

Hulle wil die verkeerde standbeelde verwyder. Hulle moet die Rektor standbeeld verwyder.

anne ·

Ag tog alweer Jansen, kan hy nou maar nie ophou om so bedreig te voel deur die handjievol blankes wat wel iewers kom en iets in hulle lewe bereik nie?

Mariaan Victor ·

Dan moet ons maar die een van Nelson Mandela ook so “sagkens”gaan verwyder?

Verward ·

Ek is ‘n student aan Kovsies en ek verstaan nie die rede daarvan om die standbeelde van CR Swart ens. Te verwyder nie? Ons regsfakulteit se gebou is dan reeds die CR Swart gebou? Gaan die naam dan ook verander word? Dit het gewerk in die verlede, wat het nou verander?

Annatjie ·

Wanneer leer hulle die “leiers van môre” dat jy ‘n beter toekomsskep deur die geskiedenis van ‘n land of ‘n groep in die land te misken nie? Miskien het dit tyd geword om op te hou om ons monde uit te spoel oor die tipe goed en daadwerklik te begin optree. Is ons nie besig om self al die mag aan ander te gee nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.