Video: Kroningspark se wit plakkers moet trek

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die inwoners van die Kroningspark-informele nedersetting in Krugersdorp moet oppak en trek.

Ingevolge ‘n hofbevel het die mense van Kroningspark tot 16 Desember tyd om te verhuis.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dewald ·

Hulle bly dan al hoeveel jaar daar; kan hulle nie plakkersregte eis soos enige ander nie?
Regdeur Europa probeer die verskillende regerings om al die ‘travellers’ gevestig te kry. Die SA regering is nou besig om ‘n nuwe generasie van travellers te begin deur die mense rond te skuif!

Elfie ·

Die VF+ het glo voorheen alternatiewe akkommodasie aan die klomp aangebied wat hul nie wou neem. Jammer om te sê maar ek help hul nie. Het paar jaar gelede na bedelbriewe my hele bonus en deel van my (baie klein salaris destyds) geneem en klere en kos en goed gekoop en gevat. Ek is skaars bedank, meeste sit in die son en rook en het selfone (wat hoeveel alles kos?) en die honde en kinders word verskree. Saans is dit ‘n dronknes. Een vrou sit met ‘n hoop klere in die son en bekyk elke ding, dit wat sy nie van hou word een kant op die GROND gesmyt.’N buurvrou he tklom klere bymekaar gemaak en toe sy daar aankom sê een vrou “hier bring hul alweer hul ou k*k klere vir ons – nie gedink sy word gehoor nie. Nie een keer het enigeen van hulle gesê luister, kom ons begin ons eie groentetuin om selfversorgend te probeer wees nie. Mens kan selfs in ou buitebande klein groentetuintjies begin as mens nie wil grond omskoffel nie. Jammer maar vir die klomp is ek skaam. Daar IS sekerlik ‘n paar goeies wat swaar kry en wat probeer, maar die meerderheid… nee! My kennisse en vriende vir wie ek ook die bedelbrief aangestuur het het presies dieslfde ondervinding gehad en ook gesweer nooit weer. Die ergste is kort-kort is daar nuwe babas – dit terwyl voorbehoeding gratiste kry is. Ons Afrikaners moet opstaan en ordentlik wees en self probeer, nie net hand uithou nie.Elke winter moet mens komberse skenk – waar is verlede winter s’n dan? Ek weet – dit word verkoop vir drankgeld. Ek het respek vir iemand wat selfs motors oppas om geld in te bring maar meeste van die klomp WIL nie werk nie, hul kry dan heeltyd donasies. Ons is moeg om stories te hoor wat nie waar is nie, die klomp is die beste akteurs ooit as hul van hul swaarkry moet vertelop tv ens. Maroela, nou kan jul dit maar verwyder as jul wil, dis die absolute waarheid!

Shannon ·

Elfie, miskien tyd dat ons die edel Afrikaner se tralies skud. Soos ek elders skreeu – ‘daar’s 1n rede waarom hierdie mense sit waar hulle sit’. En ongelukkig is dit al weer die arme kleingoed wat sal betaal vir hul onnosel ouers se lamlendigheid. Maar dan moet mens nog steeds vra : ‘hoe help mens’ (die kinders) ?

yvonne ·

Elfie…ek stem saam met jou..om arm te wees is een ding…maar sleg is heeltemal iets anders.Ek skaam my ook vir hulle

"Huh!" ·

Ek oordeel nie graag nie. Hoop net nie die bordjies word eendag verhang nie. Ek is ook nie in hul skoene om te kan oordeel nie.

Stephanie ·

Ek kon nog onthou dat koerantberigte fotos gewys het waar sommige “behoeftiges” sommer die skenkingsklere gebrand het en nogal met breë glimlagte die vuurwerke aanskou het.
Dit was witmense. Grens aan boemelaars.
My skenkings gaan net na my kerk wat dit na dankbare behoeftige mense versprei.

Elizabeth ·

My geld gaan verkieslik na diere welsynorganisasies, weeshuise en mense wat ek GOED weet wel probeer maar tog sukkel.

Chivago ·

Elfie – heeltemal korrek! Ek woon ook in Krugersdorp en ek gee geen enkele sent meer nie. Waarom is hulle al jare daar? Want dis gerieflik – hoef nie te werk nie, almal dra aan en vir die drank (en dwelms?) word daar gebedel. Die meeste van hulle WIL nie verander nie. Ek weet van ‘n gesin wat die kamp letterlik as ‘n “pit stop” gebruik het tot hul weer op hulle voete was, waarom kan party dit doen maar die meeste nie? En die ergste is die babas wat in strome gebore word….nee wat, my simpatie het ook lankal verdamp.

Elfie ·

@almal wat met my saamstem. Kom ek vertel julle ek het sowat 20 jaar gelede ‘n bediende gehad. Nadat ons verhuis het het sy baie swaar gehad, werk gekry en verloor omdat mense of verhuis het of nie meer ‘n bediende wou hê. Sy het baie met haar gesondheid gesukkel en ek het maar nou en dan ‘n geldjie ingesit. Daar was huiseienaars in die dorpie waar sy gewoon het wat die hele huis aan verskillende swartes verdeel het, ondermeer ‘n enkel garage in 3 kamers en aan swartes verhuur het en hemelhoë pryse gevra het. Sy het in so “kamertjie” gewoon en kon later nie die hemelhoë huur beksotig en het ons toe vir haar ‘n goeie nuwe sinkhuis laat opsit in ‘n swart woongebied. Sy kry steeds bitter swaar omdat sy skaars kan loop en nie kan werk met al haar rumatiek ens, MAAR met haar geswelde bene en sleepvoet stap sy elke liewe dag kilometers ver en tel bottels en stukkende bottels op wat sy dan ver dra na ‘n glasverwerkingsbesigheid waar sy, afhangende van hoeveel glas sy kan kry ‘n bedraggie kry waarvan sy lewe. Sy sê “dis sodat ek nie die miesies (dis nou ek) moet vra vir geld nie.” DIT is swaarkry maar gaan sit sy? Sy is elke Sondag in die kerk en sy glo absoluut God kyk steeds na haar. Sy het nooit in haar lewe gedrink of gerook nie, sy is net iemand wat deur die krake van die lewe geval het. Ek het self arm grootgeword met ‘n pa wat se besigheid ten gronde gegaan het agv wanbetaling van mense. Hy het gesukkel om werk te kry met doerie jare net st 6 omdat sy pa vroeg dood is. Maar hy het nie gaan lê hy het sy hande deurgewerk vir ons en hoewel ek grootgeword het met “hand-me-down” klere van niggies ens,sou my pa NOOIT bedel of WAG dat iemand vir hom moet sorg nie.

izak ·

Ek kan net byvoeg dat dit die waarheid is! My komberse is al seke 10 jaar oud. Jy gebruik dit mos net bietjie in die winter!!

Sollie ·

Ek stem – Afrikaners moet trots wees en opstaan en werk en ‘n voorbeeld stel. Wat het na die Anglo-Boere oorlog gebeur? Plase was afgebrand diere dood, vrouens en kinders wat wel lewendig uit konsentrasiekampe gekom het moes baiekeer self inspring omdat die man van die huis dood is in die oorlog. Dit was ‘n bitter stryd en ja, hul het wel hulp ook gekry MAAR het hul net plat gaan sit? Hulle het geWERK, self mure opgebou, geplant en gesaai – swaar dae maar iets in ons geskiedenis waarna met trots kan verwys, ons mense het nie gaan lê nie.Komaan al julle lui mense DOEN iets self ook! Heng as ek alles moet verloor sal ek karre was, ek sal rondloop en vra of ek mense se tuine kan versorg of stoep kan was ENIGIETS wat eerlike werk is, maar ek sal waaragtig nie net hand uithou nie.

As julle wil Help! ·

Ek stem heeltemal saam dat die mense al so gemaklik is oor al die donasies, dat hulle nie bereid is om iets aan hulle omstandighede te doen nie. Ek het gedurende die week op FB n foto van n Tannie gekry wat mielies en groente langs die pad verkoop, maak nie saak van die weersomstandighede nie, ergste van als is die Tannie is doofstom!!! Vir die Tannie sal ek ondersteun verseker!!! Ons gesin prober ook sover moontlik ons dankbaarheid wys deur terug te gee….ons ondersteun die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom! Elke keer wat ons daar was, die kinders gee nie om oor die klere en die geskenkies nie, alhoewel hulle verskriklik dankbaar is, hulle wil eintlik net n drukkie, liefde en aandag he!! dit is hartverskeurend om daar te ry! Help eerder n registreerde instansie, tenminste word dit waardeer en daardie Huis Ouers doen alles in hul vermoe om die kinders volwaardige volwassenes te maak, met respek, waardes en ambisie!!

Elizabeth ·

@As julle wil help – ek stem SO saam met jou. Het ook al vir Abraham Kriel kinderhuis geskenk en in werklikheid is hulle gedeeltelik ‘n begunstigde in my lewenspolis. Daardie kinderhuis het al STERRE opgelewer, glo my.

marlize ·

Ek het op n tyd n oom gehelp baie oulik ou oom ons het v hom n werk gekry hy het gewerk ma op n tyd het hy begin moun hy kan ni lank staan ni sy bene raak seer sy niere is seer hy het so baie gejok tot ons hom uit gevang het want sy stories was net ni di selfde gese ni ek het 1dag by di huis gekom na n lang dag se gewerk ek was di volgende dag af toe ek agter kom its n my huis is ni reg ni my vleis raak net minder my klere wat ek altyd aan getrek het was ni me daar ni en di mense op di plaas vra “where are the old man” tot my spuit het ek agter gekom hy verkoop my vleis en klere v pille en drank en het ons beskinder agter ons rug ons vriende se goedheid misbruik hy het ok hul goed verkoop sonder dat ons dit weet of agter gekom het als het uit gekom op my af dag en vandag is hy we terug as n bedelaar hy bly agter n kerk in richardsbaai ek en my man en ons vriende het besluit ons sal ni we imand help ni het so baie veloor deur om net te help.ek het geen simpatie v imand wat bedel ni jy gee v hul kos hy smuit dit in di asblik mense koop v hul koeldrank wil hul dit verkoop aan jou di snaakste goed wat ek al gesien het wat hul doen net v geld!

Nina ·

Sjoe, ek is bly ek is nie die enigste een wat nie meer simpatie het met hierdie blankes wat so sleg geword het nie! Ek het self net gister gesê dat hulle die een baba na die ander het, terwyl daar GRATIS voorbehoeding is! Maar nee, hulle wil eerder bakhand en soms sommer plat op die g@t sit en ander se hardverdiende geld net Hê! Want boeta; werk, die wil hulle geen snars nie! En dan sal daar nog deur die bedelaars gespog word oor die geld wat hulle weekliks maak. Ek weier om agv simpatie ‘n sent aan enige sleg blikskottel te gee. Gaan werk in die tuin, in die huis, was karre. Enige iets. Niks is verniet nie. En hou verdomp op teel. Die arme kinders verdien dit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.