Video: Krugersdorp-tronk in ligte laaie

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die departement van korrektiewe dienste stel tans ondersoek in na ʼn video van ʼn brand Vrydag by die Krugersdorp-gevangenis aan die Wes-Rand, wat vermoedelik deur ʼn gevangene geneem en versprei is.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, het aan Maroela Media gesê die brand het Vrydagmiddag in die gevangenis uitgebreek en twee gemeenskaplike selle verwoes. “Ons kan nog nie bevestig wat die brand veroorsaak het en of dit met opset gestig is nie,” het hy gesê.

Hy het gesê die brand het afgesien van die twee selle ook skade aan die gang en dak van die gevangenis aangerig. ʼn Presiese kosteberaming van die skade is nog nie gedoen nie.

Volgens Nxumalo is die gevangenes ten tyde van die brand na die binnehof verskuif. Vier gevangenes en twee tronkbewaarders is na ʼn hospitaal geneem om vir rookinaseming behandel te word, maar is sedertdien weer ontslaan.

Nxumalo het gesê die oorsprong van ʼn video van die brand, wat sedertdien op sosiale media versprei word, vorm deel van die departement se ondersoek. “Dit wil voorkom asof die video deur ʼn gevangene geneem is en dit is kommerwekkend aangesien die gevangenes nie veronderstel is om selfone in hul besit te hê nie. Ons neem hierdie ondersoek nie ligtelik op nie en druk om dit so gou moontlik afgehandel te kry,” het hy gesê.

“Die departement sal binnekort ʼn verklaring in hierdie verband uitreik.”

Die video van die brandende gevangenis is deur die YouTube-gebruiker Mikail Reza Patel op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

A ·

Hallo Suid Afrika….Alles is moontlik in SA, Brand als af, skole, universiteite, huise, geboue, winkels, tronke…en dan word selfone ook toegellat. Wys jou net..in tronke word hul nie ondersoek vir allerhande onwettige goed in hul besit nie…………………………………………en hiervan gaan ook niks kom nie………………………………………………..nou moet ons belastingbetalers dit ook nog herstel…………………………

007 ·

Aan die orde van die dag. Steek aan die brand en neem n video.

Voorlaaier ·

Kamtig verbaas oor di selfoon!!…Twak man!..Elke gevangene het ten minste 2 fone..
En Voorlaaier kan maar praat!…Ek het my tyd ook i paar jaar tevore gdoen en sel fone is allerdaags in tronke.

hevw ·

Wat is daar dan in n tronkswl wat kan brand. O alles het mos moderniseer.

ELAINE ·

Weet van ‘n man en vrou wat tans in die tronk is hulle is in twee verskillende tronke die man is in Krugersdorp en julle sal verbaas wees van wat alles in die tronk gebeur die selfoon is maar ‘n drupel in die emmer maar nou ja straf is ook nie meer straf in Suid Afrika nie hier kry die krimenele vleis en ons die pap.

Heksie ·

Kyk maar op fb hoeveel van hulle het fone. Dit gaan te lekker daar hulle is nie eens skaam om fotos van hulle self in hulle tronk klere te neem nie. En ek praat nou van wit mans.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.