Video: Kyk hoe stort Eskom-silo ineen

'n Foto van die silo

‘n Foto van die silo

Die video volg onderaan die berig.

Maroela Media het beeldmateriaal bekom van die begin van die ineenstorting van ʼn steenkoolsilo by Eskom se Majuba-kragstasie in Mpumalanga Saterdag.

Die video wys hoe die silo met tonne steenkool kraak en begin ineenstort. Dié ineenstorting het tot gevolg gehad dat die kragreus inderhaas ʼn noodbeurtkragskedule van stapel moes stuur – die grootste nóg sedert die kragkrisis in 2008. Lees meer hier.

Tsheido Matone, Eskom se uitvoerende hoof, het Sondag tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg gesê die steenkoolsilo is in September verlede jaar geïnspekteer en daar was geen ooglopende tekens van verval nie.

“Tydens die laaste inspeksie is daar bevind dat die struktuur in ʼn goeie toestand was,” het Matone by die konferensie gesê. “Die risikokategorisering is tydens die inspeksie as laag geklassifiseer.”

Die vakbond Solidariteit het Eskom Maandag van nalatigheid beskuldig en voer aan dat Eskom glo sedert Januarie vanjaar bewus is van strukturele probleme met die silo. Lees meer hier.

Volgens Matona sal ʼn ondersoek na die voorval plaasvind. Die ondersoek sal na verwagting sowat drie maande duur.

[wpvideo bPSmDjh0]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

Dit was interessant om te sien hoe die silo se wand breek. Kan julle asb. nou die video post waar die silo ineenstort soos gesê deur die opskrif?

Paul ·

Ja nee, Jaco, vir ‘n silo wat ineenstort, doen hy dit nogal ongemerk op daardie video :)

Willem Grobler ·

Ek wonder wie het daardie silo gebou? Mens sou verwag dat daar staalringe in die beton vasgegiet sou wees en dit lyk nie of daar so-iets is nie…

Paul ·

Die silo is minstens in 1994 reeds klaargebou, want dis toe die eerste eenheid van die kragstasie begin krag lewer het.

Daar is waarskynlik wel staalversterking in die beton, want dis juis wat beton so kan laat kraag – as daardie staalversterking met water in aanraking kom weens ‘n ander fout – dit begin roes en die uitsetting wat met die roes gepaard gaan, plaas geweldige druk op die beton.
Staal is nodig in die konstruksie, maar dan moet dit so hanteer word dat daar nie water by die staal uitkom en dit mettertyd begin roes nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.