
Só groet mens iemand met die elmboog, het pres. Cyril Ramaphosa in sy toespraak verduidelik (15 Maart 2020) (Foto: Skermgreep uit die video)
Pres. Cyril Ramaphosa gaan Dinsdagaand na verwagting om 20:30 die land toespreek.
Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het vanoggend in ’n verklaring gesê die president sal aanvullende ekonomiese en maatskaplike verligting te midde van die Covid-19-pandemie aankondig.
Dit volg ná onlangse gesprekke met die nasionale koronavirusbeheerraad, die president se koördineringsraad, die Nasionale Raad vir Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeid en ander.
Volg die gesprek regstreeks hier:
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
geen mens kan na sy snert luister en opgewonde raak oor die land nie
Gaan kyk en leer by Trump uncle Cyril. $1500 per individu per maand, ongeag of jy wit of swart is! Plis nog $500 per maand per kind. Wel dit is seker wat gebeur as jy iemand in beheer het wat actually gewerk het om te kom waar hy is nê?