
Argieffoto
AfriForum beplan om die naweek meer as 3 000 mense landwyd in te span om patrollies in hul woonbuurte te doen as deel van sy veldtog genaamd Operasie Misdaadvry.
Die veldtog volg op die stygende geweldsmisdaadsyfers, wat Dinsdag deur die nasionale polisiekommissaris, generaal Riah Phiyega en die minister van polisie, Nathi Nhleko, bekendgemaak is.
Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. eNuus word elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv uitgesaai.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
AFRI FORUM fantasties !!!!! en dankie !
WOW goeie idee julle. Maak asb ook n draai in Annlin. Komplekse wat teen Wonderboom lughawe le loop deur met inbrake, skietery ens met onwettige mense wat in die veld bly, Sinoville polisie stasie wil nie meer uit kom vir dit
Julle is tops!! Doe so voort!!!
Maak seker dat jy ‘n lid is van afriforum dis al oplossing
My gevoel is dat almal aan AfriForum moet behoort.