Video: Leerder bang om terug te keer skool toe ná aanranding

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Hoërskoolmeisie wat Donderdag ten aanskoue van ander leerders op die skoolterrein deur ʼn medeleerder aangerand is, sê sy is nou te bang om terug te keer skool toe en sal waarskynlik van skool verwissel.

Die video van die voorval, wat by die George Campbell School of Technology in Durban plaasgevind het, word sedertdien wyd op sosiale media versprei. Op die video kan gesien word hoe twee meisies op ʼn pawiljoen staan en oënskynlik in ʼn woordwisseling betrokke is. Die volgende oomblik klap die een meisie die ander een dat sy agteroor val en op die pawiljoen gaan sit. Sy kry daarna nog ʼn hele paar houe en klappe voor die ander meisie wegstap.

Die meisie wat aangerand is se ma het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat haar 16-jarige dogter omstreeks 10:00 tydens pouse deur ʼn ander leerder van dieselfde graad as sy aangerand is. Volgens die ma het die ander leerder haar dogter daarvan beskuldig dat sy ʼn gerug versprei.

“My dogter het aan haar probeer verduidelik dat sy nie ʼn gerug versprei het nie en dat sy inteendeel ʼn hele ruk by die skool afwesig was omdat sy siek was. Die volgende oomblik het die ander leerder haar net begin slaan,” het die ma gesê.

Sy sê geen van die ander leerders wat die aanranding sien gebeur het, het enige iets gedoen om dit te keer nie. “Hulle het net gekyk, gelag en video’s gemaak. My dogter het my ná die voorval in trane van die kantoor af gebel en gevra dat ek haar kom oplaai.”

Volgens die ma het haar dogter geringe kneusplekke aan haar gesig en lyf opgedoen. Sy het intussen ʼn klag van aanranding by die polisie aanhangig gemaak.

Die ma sê sy was nog geensins met die skool in verbinding oor die voorval nie, maar verneem die ander leerder is vir drie dae geskors oor die voorval. “Ek verwag dat die skool haar permanent uit die skool moet skors. Dit is glo nie die eerste keer dat dié leerder haar hande vir ander leerders lig nie. My dogter sê sy wil glad nie teruggaan skool toe nie. Ek is van plan om haar heeltemal uit die skool te haal,” het sy gesê.

‘n Skermskoot uit die video.

Kwazi Mthethwa, adjunkdirekteur van mediaskakeling by die provinsiale departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê hy het met skok van die video kennis geneem. Volgens Mthethwa sal die departement wag op ʼn volledige verslag van die skool oor die voorval voor daar besluit word oor gepaste stappe wat gedoen sal word.

“Dit is hartseer dat só ʼn voorval aan die lig kom aan die begin van Jeugmaand, ʼn tyd waarin ons ons land se jeug moet vier. Dit is betreurenswaardig om in teenstelling daarmee te sien hoe jeugdiges eerder na geweld oorgaan en dit boonop op ʼn skoolgrond,” het hy gesê.

“Namens die departement wil ek om verskoning vra aan die slagoffer se ouers wat hul kind skool toe gestuur het met die wete dat sy daar sal veilig wees, maar dat dit nie die geval was nie. Ons distansieer onsself van hierdie barbaarse gedrag en beklemtoon dat dit heeltemal onaanvaarbaar is. Ons sal seker maak dat die gepaste stappe gedoen word om die voorval aan te spreek.”

Dit is nie die eerste keer dat die George Campbell School of Technology in die departement se visier is nie.

Die departement het verlede week aangekondig hy het ʼn ondersoek van stapel gestuur na bewerings van wanadministrasie by die skool. “Verdoemende inligting het onder die departement se aandag gekom in verband met bestuurskwessies by die skool. Dit hou verband met bedrog en korrupsie, onreëlmatighede rondom die verkiesing van die skoolbeheerliggaam, ongemagtigde betalings aan onderwysers en diefstal,” het Mthethwa gesê.

Hy het gesê weens die erns van die bewerings kan die departement nie in dié stadium meer besonderhede bekendmaak nie, maar ʼn span is aangestel om ʼn voorlopige ondersoek by die skool te doen en die departement van ʼn verslag en aanbevelings te voorsien.

Maroela Media het die skool om kommentaar genader en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

114 Kommentare

jessica ·

Let me put my input to this, if someone touches my daughter with a inch of a finger, God help them i will take the law into my own hands, with the person who lifts his hands, i will get to you before anyone else will and that will be his or her last ever to lift a hand or to open your eyes ever again.

Gert ·

2 wrongs dont make a right , is net barbaars om so te wil baklei .

AWVDM ·

@Jessica, Knowledge…. Wisdom… Insight….You as the parent will register a Criminal Complaint and take Civil Action against the offender and his or her Parents…. Yes it will take Time… Yet thats how you teach your child in how to deal with matters of such a nature….

Yet i hear and understand what you are saying…. But we Know Better….

Piet Snot ·

Jessica, ek verstaan jy’s ontsteld. Maar om die Here se naam op hierdie manier te gebruik, is godslastering.
Die Groot Boek sê so.

LB S ·

AWVDM, ek stem 100% met jou saam. Dit is skandalig om so op te tree. Hierdie bakleiers is swak opgevoed en beslis nie voorberei vir die werklike lewe buite die skool nie. Wat jy voorstel sal beslis ‘n goeie inpak maak en hulle moontlik in die toekoms, in hul volwasse lewe, leer om binne die wet op te tree.

Gjertjie ·

Ou Gertjie, die polisie, regsisteem help nie, so dan moet mens maar jouself beskerm.

Yes Jessica ·

I would do the same! I hate bullies. Having been bullied myself and myself being bullied at school. That girl needs sorting out! ?

jessica ·

If this mother is a real mother go take this girl who slap and beaten your daughter into your hands, show her how you can use your fists.

Susan ·

Ja dan sit jy ook met ‘n klag van aanranding teen jou en ‘n kriminele rekord en dan wil ek sien hoe gee enigiemand vir jou werk. Jy is stupid om dit met die vuiste te wil gaan uitsorteer, jy het heel waarskynlik dieselfde mentaliteit as daardie kind. Ag nee man, jy is mos die grootmens. Dink bietjie verder as jou neus.

janus ·

Agree 100%. Go to her house and give her a boxing lesson infront of her parents. ?

Andre ·

Kritiseer die boellies deur dieselfde as hulle te wil doen? Ek wonder waar kom die voorbeeld wat hulle volg vandaan?
Ek het self ‘n dogtertjie en is self ontsteld, maar om ‘n tiener kind aan te val gaan dit nie beter aak nie, gaan my uit wys as ‘n lafhard. Daar is 100 dinge wat mens kan doen buiten fisies met die kind word…

Genieve ·

Dus barbars om so op te tree dis reg skors haar die kinders hou hulle te groot.Dink hulle is kwaai as hulle ander kinders boelie.

Peter ·

Sy wil groot wees en fight, gooi haar in die tronk dat sy fight

JP ·

Wat gaan aan met die kinders die afgelope tyd, ek hoop iemand klap jou ook rond.

Gerhard ·

Die goed gebeur nog altyd, dit is net deesdae a.g.v sosiale media oral in die nuus.

bgj van der westhuizen ·

gee haar n behoorlike pak sla dit is wat sy kort wand sy kom niks oor as sy eimand slaan nie slaan haar dat sy kan voel hoe dit voel om geslaan te word

Andre ·

Daarsy! Sy kort ‘n ordenklikke pakslae! Die boude brand nie meer nie so kinders het geen verantwoordelikheid of respek nie want niks gebeur nie.

Linda ·

Hierdie leerder wat die ander leerder so aanrand behoort permanent geskors te word, dit is agterstraatse barbaarse gedrag !!!

Lana ·

Stem saam. Skors haar permanent. Kinders moet op hul plek gesit word, want kom sy nou daarmee weg, maak sy môre iemand dood.

Verstom ·

Omdat geen disipline in skole meer toegepas mag word nie. Handelinge 5 is al wat gewerk het in ons tyd, nou is dit strafbare mansslag. Skors die kind summier.

JP ·

Dis nie die skool se verantwoordelikheid om dissipline toe te pas nie die kind moet by die huis gedisiplineer word. Ouers wil kinders he maar nie grootmaak nie en dis dan wat daaruit spruit…ongemanierde on opgevoede barbaarse kinders!!!

CHRISTA ·

Jy is reg, daar is geen dissipline in ons skole nie!! Daar is blykbaar ook geen onderwysers meer op die skoolgronde gedurende pouse, soos in die verlede nie!! Ouers wat deesdae deel vorm van die beheerraad van skole moet daarop AANDRING dat daar ten minste 3 onderwysers gedurende pouses op die skoolgronde MOET wees. Daar is genoeg onderwysers – hulle kan mekaar daagliks afwissel!!!

Abe ·

Het Maroela nog geen nuwe opvolg berigte oor die Stella moorde nie?

Lollie ·

Al het die ander meisie ook wat gedoen is die barbaars! Indien die slaner my kind was het ek haar laat inskryf om gemeenskaps diens te doen iewers waar sy kan leer hoe om met mense te werk! Ek as ouer sou my gesig in skaamte laat sak het! Kry eintlik seer dat ander sien sy is van my nasie!

CHRISTA ·

JP, soos wat jy alle reëls in jou werksplek uitgelê word as jy daar begin werk en dit moet nakom, so moet jy dit ook by skole en selfs in enige land doen!! In skole word dit “dissipline” genoem!! In ‘n land word dit “wette” genoem!!

Dissipline wat jy in jou huis toepas, mag verskil van dissipline wat ek in my huis toepas. Daarom moet ALLE leerlinge dit volg en indien hulle dit nie doen nie, moet hulle permanent geskors word, dan kan hulle ouers hulle tuisonderrig gee!!!

Lizel ·

Ek kry so kind vreeslik jammer en dit breek n ouer se hart om so iets te sien. Snaaks genoeg is dat die meisie wat die arme kind so slaan as n “Hero” bestempel word en die ander dogter word die slegte woorde toe gesnou en as sleg uitgemaak. Ek sidder om te dink wat ek sou doen as ouer. As ek daai kind se ma was wat die arme kind so slaan en dit voot die hele skoll sal ek haar n pakslae van haar lewe gee voor die hele skool en dit ook vaslê op video en vir al haar maats stuur.

Jaques ·

Die kinders van vandag volg maar net die voorbeeld wat hulle daagliks sien van stakende ontevrede South Afrikaners.
Dit het mos nou al allerdaags geword dat “hulle” alles regkry dmv geweld.

jean ·

Doen die onderwysers nie meer speelgrond rondtes soos in die ou dae?….Waar is die prefeke?….Wat ‘n verleentheid vir jouself en jou ouers!

Linda ·

Die probleem is dat jy nie net in die skoolgronde kan ingaan en n leerder gaan slaan nie, jy word inhegtenis geneem. Ek het jare gelede dieselfde voirval gehad, waar n gr 1 onderwyseres toegekyk het hoe my kind aangerand word. Die volgende dag, nadat ek al die merke op my gr 1 kind gesien het, is ek skool toe. Daar was nie nog tyd om by die Hoof in te gaan nie, ek is direk na die klaskamer toe en het die onderwysetes goed gemoker. Sy het n pak slae van haar lewe gekry. Toe word ek inhegtenis geneem !!!

Goed so! ·

Magtig, dis aanranding, en jy was maar n SLEGTE VOORBEELD vir jou ‘heilige’kinfen die se maatjies

Dee Bradley ·

Hoe kan ons verwag dat leerders beskaafd optree met sulke gedrag van ouers. Skokkend.

Johann ·

Hi Linda
Dit was werklik n dom ding wat jy gedoen het ? Hoe kan jy die probleem oplos deur die arme onderwyseres op te voeter ??? Jy moes eerder n ander leerder betaal het om die onderwyseres goed te moker. Sodoende sou jy nie n kriminele rekord gekry het nie. Wakker wees mammie ! Terloops…. jy het nie dalk n video geneem van jou insident nie ?…..ons wil ook n bietjie lag !

Sies ·

Sies Johann, jy is lekker stout, hoop almal snap die humor, ek moet se, ek sou darem self n lekker laggie gehad het.

Susan ·

Ja nee eks bly jy was in hegtenis geneem. Trauma is klaar erg vir jou kind maar toe gee jy 100 maal erger trauma vir ander onskuldige kinders. Ek skaam my vir jou as ouer, jy kon haar aanvat waar geen kinders was nie

Han ·

Meisiekind/boelie, dit sal jou lááste aanranding op my kind wees. Jy sal bid dat jy nooit gebore was nie. Jy is onopgevoed en barbaars. Hoop jy word permanent geskors!

Jaques ·

Die kinders van dag volg maar net die voorbeeld van duisende ander suid afrikaners wat daagliks demand en hulle sin kry deur geweldadig te raak.

TLC ·

Sê ek mos ook as jy jou hande lig gaan ek my hande ook lig Nee hoor Laat ons hele storie hoor mm Maar nogsteeds gaan dit nie geduld word nie

Amelia ·

Kyk dit is n geval van groepsdruk. Kyk mooi dit is n groep teen een meisie. Sy wil natuurlik nie met die groep geassosieer word nie en daarom dink die groep hul kan doen wat hul wil. Daarom die gelag en niemand wat help want die groep staan gereed om in te tree.
Aan dai boksertjie se liggaamstaal kan jy lees dat sy n baie baie baie baie groot boelie is en die res van die groep se kom ons se bedeleier is. (want n groep is eintlik maar n bende.)
Sy moet vir haar skoolloopban geskors word en die groepie wat saam haar is moet vir sommer vir die res van die kwartaal geskors word.
Hulle moet leer om te waardeer dat dit n voorreg is om skool te kan gaan.

Loretta ·

Die meisiekind was siek en sy moet nou so behandel word deur onbeskofte mens,die arme meisie is nou van vooraf siek sal nou tyd neem om te herstel,maar die meisiekind wat die ander so barbars slaan is baie onbeskof het nie selfrespek vir haar nie,sy behoort nie in die skool nie,jammer vir haar ouers. Sy moet summier geskors word want sy sal nie ophou nie,sy is onbeskof!!

Adrie Hoffmann ·

Dis verskriklik wat hier gebeur!! En die ander kinders kyk net!! Nee genade wat het van die jongmense geword vandag????

H ·

nou moet die arme kind van skool verander oor ‘n bully wat probeer afshow voor haar maatjies.
Raak ontslae van die bully en laat die kind haar skool waar sy ook die reg het om te wees geniet sonder om oor haar shouers te kyk.
#bully’s must fall

Mielie ·

Soos dit in die samelewing gaan……n tekort aan respek, nie net vir ander nie maar ook vir jouself. Skandelik, veral vir jong meisies.

KG ·

Wanneer mense begin lag terwyl iemand aangerand word en nog die hele storie afneem en nie eers ‘n poging aanwend om te help nie….dan het ek nie baie hoop vir sekere van ons jeug in die land nie!!

KC ·

In baie gevalle, soos dié gaan die video die victim baie help. Ander kon ingetree het, maar dis reg dat iemand dit afneem. Dat die girl nou maar n lekker kriminele rekord kry!

Linda ·

KG ja ander put genot uit geweld. Toe ek daardie dag die onderwyseres n pak slae gegee het, het die kinders nie gelag nie maar geskree en weg gehardloop. Ek het van die space cases op die tafel gegryp en op die onderwyseres se kop stukkend geslaan en gese jy sal van vandag af brains kry ! Ek het my kind toe in n Privaatskool ingeskryf. Geen ma sal staan en toekyk dat jou kind aangerand word, en dit voor n onderwyseres !!!

Ek skaam my dood ·

Jou gedrag is skokkend en is niks beter as die van die boelie nie. Jy leer jou kind dat probleme met geweld opgelos moet word en dan kom ” brag” jy nog. Waar dink ouers leer kinders om so te wees en ander te slaan? Dit is uiters swak en mens kan nie verwag dat kinders beter gaan wees as dit die voorbeeld is wat hul sien nie. JY het die leerders in die klas aan geweld bloodgestel en is nou ewe trots op jouself. JY het leerders so getraumatiseer dat hulle geskree en moes vlug en dan nog hul eiendom beskadig. SIES!

Adam ·

Ai Linda, kon jy nie ons maar die inligting van ons weerhou het nie.

Cornè Barnard ·

Dit is voorwaar onaanvaarbaar vir n dame om haar so te gedra. Ek neem die Ouers kwalik! Hoop dat GEEN skool haar ooit sal aanvaar nie. Sy behoort tronkstraf te kry!! Genade ek sak my kop in skaamte!

GM ·

Almal sê altyd mens moenie die ouers blameer nie, maar buig die boompie terwyl hy nog jonk is en verminder sodoende die kanse dat so iets gebeur. Daarmee sê ek NIE dat jy sulke gedrag heeltemal gaan voorkom nie, maar dissipline speel ‘n groot rol in hoe jou kind konflik hanteer. Kleuterskoolkinders slaan en skop mekaar, en daar word dikwels niks daaraan gedoen nie.
As jy ‘n goeie verhouding met jou kind het, gaan jy weet wanneer hy/sy saam met die verkeerde vriende/vriendinne uithang. Jy kan leiding gee. Elke aksie het ‘n reaksie, laat hul van kleins af verantwoordelikheid vat vir hul dade. En leer hul van respek.

Die boelie se gedrag is tien teen een ‘n geskree om hulp. As hul nie weet hoe om hul eie wanbalanse te hanteer wat die lewe na hulle toe gooi nie, dan speel hul ‘tough’. Vir geen oomblik dink hul aan die skade wat hul die ontvanger berokken nie.
Ek sou ‘n afgedankte loesing gekry het as ek my ouers SO in die skande moes steek.

Lee ·

Ek breek haar nek persoonlik as sy net aan my kind raak. Onderwysers moet weer hulle agterstewe warm maak soos vroeer jare dan sal vandag se jeug dalk ore en maniere kry.

Ronel ·

Dis vir n ouer, so seer om te sien hoe sy of haar kind geboelie word. My seuntjie was in n Orkney laerskool so geboelie en die hoof het net sy skouers opgetrek. My kind en familie is deur so baie trauma. Maar hulle sal dit nie weet nie…want hulle worry nie. Soos ek verstaan, kan hierdie meisiekind se ouers n saak gaan maak teen daai boelie-kind se ouers.. ek hoop geregtigheid geskied!!!

Blondie ·

Ek is nou geskok en teleurgesteld. Hoekom help niemand haar nie. Hoekom hoor ek hoe hulle lag, so asof dit vooraf beplan was. Dis duidelik ‘n manspersoon wat die video neem. Meisies doen mos nie sulke goed nie. Aggeneeeee sies man

Linda ·

Ek wil dit net noem dat Beeld koerant sensasie uit hierdie voorval uitgeput het en die storie was voorblad nuus. Ek is hof toe, skuldig gevind, n groot boete betaal, maar dit was vir my kind !!!

RHG ·

Linda, wat jy gedoen het was veel erger as die kinders se bakleiery. Ek twyfel of die onderwyseres net gestaan en kyk het. Daar is maniere en kanale waardeur mens werk. ‘n Kind se weergawe tuis is selde die volle verhaal. Om ‘n leerkrag fisies te gaan bydam voor kinders is totaal onaanvaarbaar. Seker lekker opgewerk oornag en reg vir die juffrou! Wonder hoe jou kind hieroor gevoel het.

$ ·

Sjoe Linda. Ek verstom my oor hoe jy jou optrede regverdig en daaroor spog. Daar is baie dinge wat ´n ouer vir sy of haar kind sal en behoort te doen, maar om ´n onderwyseres te gaan aanrand ten aanskoue van die kinders in haar klas (of selfs al was daar niemand teenwoordig nie) is darem regtig nié een van daai dinge wat ´n ouer ´vir my kind’ behoort te doen nie. Die gevolge van so ´n daad (voorbladnuus? verwerping/bespotting wat jou kind moes verduur? skuldgevoel en verantwoordelikheidsgevoel wat jou kind moes ronddra omdat mamma ter wille van hom/haar in hegtenis geneem is en op die koerantvoorblaaie gepryk het?) is darem regtig nie die genoegdoening wat jy daaruit geput het, werd nie. En dat jy selfs nou nog nie fout kan sien met jou optrede nie en daaroor spog laat my maar net my kop skud.. Ek is bly jy is nie my ma nie …

GM ·

Die ouers, van die kinders wat net staan en toekyk, moet ook ‘n gesprekkie met hul krose hê. Skandelik dat die oorgrote meerderheid van vandag se jeug, so ruggraatloos is. Then again, as panga’s al na winkelsentrums geneem word, en kinders mekaar met skêre steek, is dit seker maar beter om apaties teenoor als te staan.

Linda ·

Ek is n dwergie en my kinders is ook so. Mense dink hoe kleiner jy is hoe meer kan hulle jou boelie, nie ek nie, ek kan hoog spring !!!

Aneen ·

Hoekom moet sy nou ‘n ander skool kry? Skors daai boelie wat so klappe uit deel en maak sommer ‘n aanranding saak daarby.

kobus ·

Dis haar ouers se skuld.gaan kyk dit gaan so by haar huis ook.sy kan dankbaar wees dis nie my kind nie

jaco ·

dis n wit kind wat n ander wit kind geslaan het, so hier sal niks van kom nie. onderwysdept sal net sê “dis apartheid se skuld”,

Simpatieke ma ·

In 2016 was my dogter deur haar “vriendin” rondgeruk en pluk op die stoep voor ‘n klas. Sy was ook beskuldig van skinder stories waarvan sy geen kennis geneem het nie. Die populere maatjie se makkers het n mooi, nou kringetjie gemaak en die kind is die geleentheid gebied om my dogter met n vuis by te dam en haar ribbes af te slaan. ‘n Onderwysseres het die skare laat spat. My kind het gebel, maar ek was vriendelik versoek om nie die skool te besoek nie en die skool sou dit ondersoek. Die ander ma kon egter haar dogter se saak gaan stel en n simpel verskoning moes doen. Tydens n gesprek met die ma was haar verweer bloot dat sy haar kind ken en dat sy sekerlik uitgelok moes wees. Daar het niks van gekom nie. My dogter was baie ontsteld. Die aggressiewe een het later 0% populariteit gehandhaaf en het gekies om self te gaan. Maar die skade was klaar gedoen. Boelies moet gedisiplineer word! En die wat geboelie word, moet leer om op te staan vir hulle self op die regte manier. Dis n rowwe, ietwat barbaarse wereld daar buite…

Linda ·

RHG eks n dwergie, die juffrou wou my gryp, toe duik ek haar bene onder haar uit en gryp n space case en slaan haar op die kop, die enigste wapen wat naby my gele het !!! my kind het net gekyk !! Dit was mos nie beplan nie !!!

Susan ·

Skaam jou! Jy is veronderstel om ‘n voorbeeld en rolmodel vir jou kind te wees en al wat jy hom/haar geleer het is dat sy issues met geweld moet uitsorteer. Nou sit jy met ‘n kriminele rekord en klink nog trots ook daarop. Sies man!

RHG ·

Linda ons kom agter jy voel soos ‘n reus oor jou daad. Vertel vir ons hoe werk ‘n boelie se kop. Nou, na ‘n paar jaar, hoe tree jou dogter op teenoor ander mense?

Mac ·

Ek kan verstaan hoe almal staan en toe kyk kan niemand die meisie keer nie is daar nie leiers wat kan toesig hou nie

Mira ·

Ek was ook so op skool aangerand, meer as eenkeer. My hare was tot eendag afgesny en ek was meer as eenkeer op gespoeg. Ek weet hoe dit voel van gr 1 tot matriek. Ek homeschool eerder my 3, want as ek in die 90’s so geboelie was kan ek net dink hoe erg dit vandag moet wees.

Mac ·

Dis nou die tweede voorval in n kort tyd waar meisies so tekere gaan nee regtig

Donna ·

Mens kan seker nie veralgemeen oor vandag se kinders wat boelie nie. Meer as 50 jaar terug het ek ook in Sub A deurgeloop onder ‘n boelie, nogal ‘n seun heelwat ouer as ek. Die ander kinders het in ‘n kring om ons gestaan en gegil: Fight!Fight! Die seun het soos ‘n wafferse kapokhaantjie om my getrippel terwyl ek met my hande agter my rug gestaan het. Ek wonder nog steeds waar was die onderwysers wat moes toesig hou gedurende pouse? Ek praat dit nie goed nie. kinders wat boelie kry dikwels ‘n swak voorbeeld tuis.

Oom Kalahari ·

Volgens die bostaande skrywe van die mediaskakelings beampte is hierdie sogenaamde skool se reputasie nie van die beste nie.

Hierdie boelie (meisie) was aangehits voor die tyd en het probeer macho speel voor haar vriende en wetend daar is niemand wat hierdie arme siek slagoffer sal help verdedig nie. Die aanranding is ‘n grap vir hul en le dit op video vas en plaas dit op Youtube om te sien hoeveel aandag hul daarop kry. Dit is die oorsese tendens onder die jeug.

Hierdie kind is/kom uit ‘n siek bed en word so aangerand, verkleineer, verneder en word nou ‘n bespotting. Hierdie aanrander/boelie is ‘n toonbeeld van ‘n swakkeling met sielkundige afwykings tot geweld. Gaan stel sommer ondersoek in tuis wat die omstandighede is. Die ouers van die kind wat geboelie is moet mediese ondersoek laat doen en verslae bekom, want sy mag dalk nou ok wees, maar oor ‘n week kla sy haar kakebeen is seer of kry hoofpyne en dalk harsingsskudding opgedoen. Stel eise in vir aanranding, skool veranderings en skool klere asook vervoer na nuwe skool se kostes in.
Skors hierdie boelie permanent uit alle skole asook al dir grapjas Did”s in die agtergrond wat hul so verlekker in die aanranding en nie optree om dit te stop nie. Blatante swak optredes en hoop hul kry almal wat hul toekom.

Marinda ·

Hoe het die persoon wat hierdie afgeneem het, geweet die meisie gaan die ander meisie konfronteer?

madels ·

Ek kan nie glo wat ek op hierdie video sien nie. Ek wonder nou net hoe op aarde is die boelie grootgemaak dat sy so optree? Sulke aaklige en barbaarse gedrag in n kind is omdat die ouers die kind nie behoorlik grootgemaak het nie.. Nee wat!

Ninette ·

Swak! Regtig Swak! Vir die dogter wat haar hand gelug het en die wat gestaan en kyk en lag het…

HPV ·

Lê ‘n klag van aanranding teen die boelie, beter bewys as die video kan mens nie kry. Sodoende kry die boelie sommer gou ‘n misdaad rekord.

G ·

Sal graag wil weet hoe dit in haar ouerhuis gaan?’n Kind moet altyd ‘n advertensie van die ouerhuis wees.

Katerina ·

I have always told my daughters: ” Never hit first,but if someone attacks You – You put them in the ICU.” I have ZERO tolerance for bullies.

Pierre de Villiers ·

Ek dink nie hierdie gedrag onder kinders het juis toegeneem oor die jare nie, destyds was daar maar net nie selfone om vidios te neem nie. Gaan sit en dink `n bietjie terug aan jou tyd op skool en ek belowe jou, elkeen van ons kan ten minste een geval onthou. Hoeveel seuns het mekaar bloedneus geslaan!?

J ·

Die betrokke meisie wat so klappe wild en wakker uitdeel moes dit in haar ouerhuis gesien het as die ouers in n woorde wisseling betrokke was. Probleem ouers en kinders is besaai met die samekewing.

PJC ·

André vir mense om hierdie boelie meisie se naam en adres te weet gaan net nog meer mense in die moeilikheid laat beland. Mense moenie nog aangemoedig word om die wet te oortree nie. Hierdie is ń saak vir die ouers van die slagoffer en het niks met enige buitestaander te doen nie.

Thinus ·

PJC, liberales soos jy maak my moeg. Los die man dat hy haar n les leer wat sy nooit vergeet nie! André vat haar …

Janine ·

Die skors storie werk nie vir my nie. Lê die kind lekker leeg by die huis sonder toesig…genade weet wat by die huis aangaan as ‘n kind so optree! Nee, gee hul community service by die skool. Hul mag met geen kinders meng…rond gestuur word waar nodig…mooi oo ‘n stoeltjie in die kantoor sit tot hul nodig is. Laat hul dan klaskamers vee en tuine skoonmaak gedurende skooltyd ook….

Stella ·

Onderwysers word geskors indien hul intree, die onbeskofte kind se ouers lê gewoonlik die eerste klag teen onderwyser. Onderwysers moet ook kos op die tafel sit.

CJ ·

Hierdie video is niks in vergelyking met die videospeletjies/selfoonspeletjies waarmee ons lieflike jeug hul kosbare tyd verwyl nie. Hul raak so “opgeneem” in die geweldadige speletjies, dat hierdie regte egte geweld skaars n indruk op hul maak.

Sue ·

Kinders wat boelie moet korrektiewe straf opgele word en klaar. Ek moes ook al met n skool deel wat toegelaat het dat n mede leerder my kind amper versmoor het deur sy gesiggie in die sandpit vas te trap en met n ander geleentheid my kind se vinger gebreek het. Die gord was goed gaar. Ek het my kind uit daardie skool uit en die “skool hoof” wat ander pad gekyk het en my bky ontwyk het, het haar prokureer aangese om my te laat weet dat as ek hulle weer kontak sal hle n hofbevel teen my kry. Dis nogal n privaat skool gewees. Wel, het het geld gehad vir verdediging het ek gese “bring it on” maar toe stap ek maar weg. My naels is nou nog nie terug getrek nie. Ma van daai dogter, moenie NET jou kind skuif nie, maak seker sy kry haar straf wat sy verdien. Kinders pleeg selfmoord oor die soort gedrag. My een vriendin se 14 jarige dogter het haarself dood geskiet nou 4jr terug ook oor skool boelies. Staan sterk Vrou.

Renier ·

Waarom stuur mense nog hulle kinders na die “skole”, waar jy na 12 jaar se “opleiding” beswaarlik vir ‘n minimum loon werk kwalifiseer en dan boonop opeindig met ‘n gebrekkige waardestelsel?

Johnna ·

Dit het tyd geword dat hierdie boelies vir altyd uit die skool geskors word.Dit is vieslik dat meisies so baklei.Wat se opvoeding kry hulle by die huis?Ek vra maar net.

Derik ·

Shoe..ek ook skoon bang, sy gaan haar man ook eendag aanrand!

Maro ·

Wat gaan aan met die”dames” vandag….rand mekaar aan, vloek en skel in d openbaar…nee genade…en waar is die “manne” wat bietjie kan intree…nee die staan soos regte dogtertjies en giggel…die ou wêreld is onderstebo!!

Andre ·

Rakende die leerders wat die voorval aanskou het en niks gedoen het nie: onlangs stop ‘n vroulike familielid helder oordag by ‘n robot in Sandton. ‘n Misdadiger spring op haar voertuig se enjinkap en rig ‘n vuurwapen op haar deur die voorruit. Al die volwassenes daar teenwoordig het nie een ‘n vinger gelig om iets te doen om haar te help nie. Dalk waar die leerders dit leer? By die ouers?

Suzette ·

As ek so na die verskillende kommentare lees, wil dit blyk dat die kinders hul gedrag by hul ouers leer. Watter voorbeeld stel ons as ouers aan ons kinders: bou ons op of breek ons af?

brens ·

skokkend! wat is besig om te gebeur met die mensdom? almal baklei en slaan en moor en roof!! hierdie is totaal onaanvaarbaar! Leer jou kind van kleins af maniere en respek! Dis waar dit moet begin; die gode bewaar ons mensdom!

CHRISTA ·

Kinders vat hulle ouers wat hulle pakslae gee Hof toe, hierdie meisie se ouers moet dieselfde stappe teen daardie barbaarse tiener neem!!!

peter holmes ·

Gedurende my skooljare 1952/1964 het die meises baklei dat die hare waai. Soms was dit sheilas wat oor m ducktail baklei het. Daar was nie selfone om dit af te neem nie.

Corne ·

Mense julle almal kyk die grootste probleem mis, ons wonderlike regering is te blameer vir die gedrag in vandag se jeug. Kom ons almal wees baie baie eerlik, as ons so iets gedoen het in die 80’s self gedeeltes van die 90’s wat het dan gebeur met ons. Eerstens is by die skool beter pakslae gegee, En ons is baie laat verstaan dit was verkeerd gewees. Dan is daar huis toe gegaan en daar is ons beter gewetter deur Ma of Pa, want dit het hulle beledig en in n slegte lig geplaas. Maar nee vandag mag ons mos dit nie meer doen nie anders word ons as ouers aangekla van aanranding. Van se jeug het geen benul van nagevolge van hulle dade nie, Hulle kan maak soos hulle wil sonder enige vorm van die wete dat daar gaan nagevolge wees soos my Gat gaan brand as ek by die huis kom. Vandag wat word gedoen daar is vir jou debut punte afgetrek moenie weer nie. En soos baie mense ook hierbo gesê het dit is nie n nuwe ding by skool kinders nie baie van ons was al miskien in n fight betrokke by die skool toe ons daar was maar die hele wêreld het nie daar van geweet nie want daar het nie so iets soos Youtube of Whatsapp bestaan nie. Maar soos genoem die grootste probleem is die wette wat vir ouers voor geskryf word en kinders is n watte toegedraai.

Linda ·

n Boelie word so gemaak deur n ma in n huis wat hom of haar te vinnig groit maak vir sy of haar skoene. Dan word n boelie almal se pel in die skool !!! Ek brag nie omdat ek n onderwyser goed gemoker het nie, dis haar kind wat my kind so in gr 1 met n hout leniaal met n stuk staal aan geslaan het. My kind is na n top privaat skool toe, het n engineer geword en na Amerika geimmigreer en is onsettend suksesvol, vandag ook n pappa met n beeldskone dogtertjie. My seun sal niemand vandag toelaat om sy dogtertjie te boelie nie. Ek sal weer n onderwyser takel !!! Want niemand raak aan my 3 kinders nie. Gee nie om wat die mense hier se nie ! As jy my kind gaan aanrand is ek daar so klein soos wat ek is. Dis glad nie n skande vir n Ma om haar kinders te beskerm nie !!!! Die Ma wat dit nie kan doen nie behoort nie die titel Ma te dra nie. Jou kind is gemaak en het nie gevra om hier te wees nie, dis elke ouer se plig om sy en haar kind te beskerm ! veral teen onderwysers se kinders wat dink hulle besit die skool !!!

Alice ·

Kan MM asb al Linda se kommentaar verwyder. Linda al jou kommentaar is uiters swak en jy is ook maar n boelie in n ander vorm

Adam ·

Dankie Alice. Ek glo jy sal saamstem dat ons ons telkens moet skaam vir ons eie mense. Wit boewery is nie verskoonbaar nie, al wil Linda dit nie net regverdig nie, maar klaarblyklik tot ‘n nasionale sport verhef.

Linda ·

Ek gee nie om wat mense hier se nie, ek is n Ma wat my kinders altyd sal beskerm totdat en in my graf gaan le !!! Ek was nie aangerand en geboelie nie, en ek verwag nie dat ander mense my kinders moet aanrand en moet boelie. Ek bly hul ma, en hulle is myne !!! As klein Poppie se ma soos ek was, het haar kind nog gelewe !!!

Linda ·

Die nuwe ding nouse dae is dat wanneer n kind geboelie word in n skool,en hy te bang is om vir sy ma of pa te se, pleeg hy selfmoord. Kweed n gesonde en goeie verhouding aan met jou kind, wees sy heel beste maatjie, sodat hy jou, as ouer, kan vertrou en kan vertel as hy geboelie word ! Stel belang in jou kind se doen en late en laat hom voel dat hy as mens net so belangrik soos wat jy is, ook is. As iemand jou kind aanval, maak nie saak in n skool of deur n stiefpa/ma nie, wees daar en gereed om jou kind te beskerm !!!

Danie Grobler ·

Kla die boelie, die skool en die omstanders aan. Sluit daai boelie en die res toe en gooi die selle se sleutels ver weg.

Pop ·

Kinders word deesdae met geweld gebombadeer. Die regering laat dit toe. Hierdie jeug leer nou al dat jy eendag met geweld en vuurhoutjies en klippe alles gaan regkry. Hoe meer barbaars jy optree hoe meer gaan jy vermag. Hierdie regering moet oppas, die jeug is oppad om groot te word en dan gaan ons gaos beleef.

Linda ·

Ek beveel aan dat elke ouer, elke onderwyser en kerk, Afriforum se Teenboeliegids bekom. Jy kan jou kind se lewe red ! Hierdie gids is gratis, kry dit nog vandag !!! Gee jou kinders ook so n gids en versterk hul vertroue in jou as n ouer asb.

Johan. H. ·

Almal het baie te se,,, Maar as jy my kind so slaan is hierdie landjie te klein vir jou en jy is beter af as jy immegreer,Punt.

Frances van Vuuren ·

Sies, sies jonge dame!! As jy bietjie ouer was kan sulke gedrag jou agter tralies laat beland waar jy dalk n paar taai klappe of meer kan kry…….. Geen meisie of dame gedra haar so nie!!

Marizaan ·

Ek sit in presies dieselfde bootjie. My seun is Donderdag aangerand deur ‘n seun by ‘n Hoërskool in Rustenburg. Ek het die skool menigte kere in kennis gestel van die geboeliery en die gradehoof se antwoord was “ek het nie tyd vir die kinderkak nie”. Die volgende dag is my seun op die neus met ‘n kop geslaan. Hoe kan ek my kind skool toe stuur as ek nie weet die skool kan hom veilig hou nie? Daar is nog niks van die skool se kant af vir my gesê wat gaan gebeur met die seun wat my kind aangerand het nie. Hy is bang om Maandag skool toe te gaan oor daardie groep kinders nog in die skool is

Bea ·

Die by staanders is net so skuldig. Uiters swak! opvoeding begin by die huis.

Oom Kalahari ·

@ Marizaan, jou kind het nie nodig om deur hierdie trauma van boelie taktiek te gaan nie. Neem jou kind vir mediese ondersoek, kry die mediese verslag en gaan maak ‘n klag van aanranding teen die betrokke partye by die polisie en meld ook die weiering van optrede deur die Gradehoof, want dit kom voor of hy dit goed keur as hy nie wil optree. Meld dit aan en stuur afskrif (gesertifiseer) aan departement van Onderwys en stel ‘n eis in teen daai boelie se Ouers asook skool vir enige mediese kostes en die sielkundige trauma wat jou kind moet deurgaan. Dit is tyd dat hierdie boelie elemente asook leerkragte wat weier om op te tree vasgevat word. Sterkte

Wouter ·

Waar is die goeie ou dae toe ons mekaar eerste pouse gemoker het, blou oë en bloed neuse en tweede pouse was ons beste tjommas. As ons tuis kom kry ons pakslae, nie oor baklei nie maar omdat hemp geskeur is of daar bloed op is.

Nienie ·

Ek was my hele skoolloopbaan in d koshuis. Jy het nie gewaag om te gaan kla dat n ander kind jou slaan nie. Jy het maar teruggeslaan en gehoop d boelie hou op. Dit het gewoonlik gewerk. Wanneer dit in groepverband gebeur het, het jy maar jou eie maters gevra om te help. Meestal het ons as n groep inggegryp as n ouer kind n jonger een boelie. Dan het dit gou gestop. Lg is afwesig by d huidige generasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.