Video: Leerder jaag klasmaats met vuurwapen

Die seun het met ‘n vuurwapen agter die ander leerder aangehardloop (Foto: Skermskoot)

Die polisie in Wolmaransstad, Noordwes, het ’n ondersoek van stapel gestuur ná ʼn voorval van beweerde aanranding wat op twee video’s opgeneem en wyd op sosiale media versprei word.

Die voorval het Woensdag buite ’n skool in Krugerstraat, Wolmaransstad, afgespeel.

In die een video kan gesien word hoe die betrokke leerder ’n ander leerder met ’n item – wat soos ’n metaalstaaf lyk – slaan. Die leerder hardloop daarna met ’n vuurwapen in die hand agter die leerder wat aangerand is, aan.

’n Groep leerders hardloop dan gillend saam met die leerder wat met die vuurwapen gejaag word.

Volgens brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het die seun die vuurwapen na bewering by sy pa gekry. Geen skoot is tydens die voorval afgevuur nie.

In die tweede video is dit duidelik hoe die leerder, wat met die vuurwapen gehardloop het, en sy pa die ander leerder – wat in die eerste video aangerand is – slaan.

In die video kan gesien word hoe die pa die leerder aan die kraag vashou en teen ’n heining vasdruk.

Mokgwabone sê twee sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer en nog ʼn saak van aanranding is aanhangig gemaak.

’n Saak, geopen vir die oortreding van artikel 120(10)(a) van die Wet op Vuurwapenbeheer, 2000 (Wet no. 60 van 2000), word ook ondersoek.

“Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen wat die kind in sy besit gehad het,” sê Mokgwabone.

“Die motief vir die voorval is nog nie vasgestel nie en niemand is in hierdie stadium in hegtenis geneem nie.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

SwartBees ·

En dit is ons toekomstige regeerders. Asook is hulle die toemstige motoris wat met n “lesensie” van voor kom.

domheks ·

Is dit nou ons toekomstige leiers? Dankie cANCer vir die GOEIE opvoeding!

Johan ·

Hoe is dit moontlik dat niemand nog nie in hegtenis geneem is nie was dit nou n wit kind en sy pa was daar een groot boehaai en ons weeruit gekruit as rassiste.

Jr ·

En hy sal berading saam met sy familie kry en n huis. En free tertiere opleiding

Perdeby ·

As dit nou wittes was, was hulle ou agter tralies, maar ons sal die outjie en sy pa maar monitor.

Herman L ·

Dit is nie moeilik om te weet hoekom niemand in hegtenis geneem is nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit help nie om jou naamgenoot te blameer nie. Ons moet aanbeweeg.

Magda ·

So swart mense word ni gearrestreer nu, maar as dit nou n wit kind en pa was was altwee agter tralies en EFF voor Di polisistasie on te BETOOG. SWART APARTHEID IS SO DUIDELIK HIER SOOS NAG EN DAG VERSKIL. KLOMP RASSISTE

Derick ·

Dis wat gebeur as mens nie die boompie buig as hy groen is nie. Die agressie by almal is regtig skrik wekkend

Nettie ·

Soveer verkeerd in die prentjie:
1) Pa gee geweer aan kind
2) Pa rand persoon aan voor kinders
3) Pa stop nie seun om ander te jaag en dreig
4) Seun jaag en dreig ‘n ander met ‘n wapen
5) Omstanders hardloop jillend saam en lag, ondersteun duidelik die aanvaller
6) Niemand staan by of verdedig die slagoffer
7) Omstanders slaan vuurwapen-draer op skouer asof hy ‘n held is of ‘n goeie “job” gedoen het.

Miskien het die slagoffer verkeerde dinge gedoen en hou die ander nie van hom nie en is bly hy word geintimideer, ek weet nie. Maar hierdie is NIE die manier hoe so iets aangespreek word nie. Of hy skuldig of onskuldig is, word nie deur die “mobs” en skoolkinders of ‘n enkele pa besluit nie.

Sjoe, dis nou waarnatoe ons land gesink het. Ek hoop daardie gemeenskap laat sak hulle kop in SKAAMTE en gaan op hul KNIEë voor God.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien jy in feë verhale glo kan jy seker ‘n voorspoedige toekoms bou tussen dié mense.

Waarnemer ·

Laat my weer dink aan die Aen die B Jy kan n A uit die B haal maar jy kan nie die B uit die A haal nie.

Nie Verbaas ·

Is daar n motief nodig vir die aanranding en is dit maar reg so as n kind met n vuurwapen rondloop? Wees nou wit, dan was jy en jou ouers klaar in hegtenis geneem.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Arresteer die krimineel….want dit is presies wat hy is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.