Video: Leerder oorlede ná boeliery by skool

‘n Skermgreep van die video oor een leerder wat ‘n ander klap by ‘n skool in Limpopo. (Video: Twitter)

Die LUR vir onderwys in Limpopo het sy kommer uitgespreek oor die toenemende voorkoms van boeliegedrag in skole in dié provinsie.

Dít nadat ʼn gr. 10-leerder aan ʼn hoërskool in Limpopo dood is nadat sy deur ʼn medeleerder aangerand is.

ʼn Video is Dinsdagoggend onder die departement se aandag gebring wat wys hoe ʼn gr. 10-leerder van Mbilwe Sekondêre Skool in Thohoyandou, ʼn landelike gebied in Limpopo, deur ʼn ander leerder rondgeklap word.

Die voorval het Maandag plaasgevind. In die video kan gesien word hoe twee meisies in skoolklere in ʼn woordewisseling betrokke is. Dan kom ʼn ander skoolmeisie, blykbaar ook in gr. 10, en begin een van die meisies in die gesig klap. Die boelie klap die slagoffer 15 keer hard in die gesig terwyl sommige van hul klasmaats hardop lag, voor ander leerders ingryp en die twee uiteentrek.

Die leerder wat geklap is, is sedertdien oorlede, hoewel die oorsaak van haar dood onbekend is. “Die departement wag nog op ʼn amptelike verslag vanaf die betrokke owerhede oor die oorsaak van haar dood,” het die departement Dinsdag in ʼn verklaring gesê.

In ʼn ander geval het gr. 12-leerders van Nthuba-hoërskool, ook in die noorde van Limpopo, verlede week met mekaar handgemeen geraak. ʼn Video oor dié voorval is Vrydag op sosiale media versprei. “Die departement het besonderhede oor die voorval vanaf die skoolhoof versoek en die nodige dissiplinêre stappe sal onmiddellik ingestel word,” sê die departement.

“Dit is baie ontstellend om hierdie vlak van geweld onder jongmense waar te neem. Boeliery is verkeerd en sal nooit in ons skole geduld word nie.”

Die departement sê hy skerp tans die emosionele ondersteuning op wat deur beraders in die onderskeie onderwysdistrikte aan leerders gebied word, in ooreenstemming met die terugvoer wat hulle vanaf distrikte kry. Maatskaplike werkers is ook na die betrokke skole ontplooi om leerders ná afloop van bogenoemde voorvalle by te staan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Pieter ·

Die vrugte van die ANC beleid wat jou strafregtelik vervolgbaar maak as jy die boompie buig terwyl dit nog jonk is. Haar dood is die ANC se toedoen en die regters wat anti-Bybelse wette bekragtig.

Jannie van Niekerk ·

Indien ek die ouers van die slagoffer was, sou ek ek ‘n saak van strafbare manslag teen die aanrander gaan maak. Kla ook sommer die spul wat bystaan en lag aan as medepligtiges

marius ·

Julle het tug misdadig verklaar . Julle is die oorsaak van die gemors !

Johanna ·

Onaanvaarbaar. AFSTOOTLIK en ontoelaatbaar in enige skool.
Afbranding en afbreek van instansies, Universiteite word toegelaat Nou sit ons met kinders in skole wat maak en breek soos hulle wil.
Bring terug dissipline by skole en ouerhuise.
As my kind stout is by die skool word hy weer gestraf as hy by die huis kom.
Ons is besig om monsters groot te maak.
Wat is die verskil tussen kinders van vandag en kinders in die 1980’s. Dissipline!! En daar is baie minders kinders wat dood is dmv dissipline. Nou word daar Sommer messe uigepluk en onderwysers vrees hulle lewens. A Nee A!! Dis n skande as n kind so optree.

Mariana ·

Sies kan nie glo dat hulle soos feekse tekere gaan nie en die omstanders is in my oë ook boelies. En als is groot grap. Verdomde skollie gedrag dis wat dit is. Kinders word deesdae blootgestel aan allerhande goed en omdat daar min straf uitgedeel word, neem hulle aan dit is reg om so op te tree. Dissipline is so belangrik. Ek hoop daai een word geskors…..nie dat dit nou enigsins sal help nie, sy sal dit weer doen. Die dogter is dood, mag haar dood vir die res ‘n besef bring dat jy nie net kan maak soos jy wil nie, aksies kry reaksies en die gevolge sal jy dra.

Werner ·

Geukkig is dit nie rasisme nie Anders was dit Nou weer black life matters

Vonkprop ·

Julle wil mos lyfstraf en God uit die skole haal so dit is nou die gevolge.

Francois ·

Die ANC saai nou wat hy maai. As dit wit op swart was was die kind sl gevonnis

Jaco ·

Our people is darem lelik met mekaar. Wat dan nou van Black Lives Matter? Wat ook van ramaphosa se uitsprake van “our people are actually law-abiding and peace-loving”???

Jr ·

Law abiding and peace loving en ek is die prime minister van mars and jupiter

Verslae ·

Dis nie boeliegedrag nie, dis pleinweg kriminele aanranding.

Maggies ·

Onaanvaarbare gedrag. Skokkend. Strafbare manslag en sit die hele spul in ‘n verbeteringskool.

JohanR ·

Kan ons se in Engels, “what hasn’t fallen apart under the ANC?”

Debbie ·

Ja nee dis wat jy kry as jy dissipline uit skole haal en as jy nie jou kind mag dissiplineer nie. Die sielkundiges se mos as n kind n pak slae kry dan maak dit hom geweldadig. Nou hoekom is daar so baie kinders wat boelie deesdae. Verstaan ook nie

Hendrik ·

Daardie gelag van die toeskouers is byna meer afstootlik as die klappe self.

Sarel ·

Dit us dan Regeringsbeleid . Geweld maak alles reg en die skagoffer is fie skuldige

modiglianigirl ·

Ek stem saam dat die verval in die toepassing en implementering van dissipline en waardes ‘n groot faktor is. Maar, dit is slegs ‘n bydraende faktor.
Die massa brein-programering wat deur ‘n gewelddadige adrenalien verslaafde media toegepas word (films, video speletjies en selfs kinder programme waarin die ‘helde’ voor die voet skiet, skop en aanval) sosiale media wat die boodskap ‘wys hulle wie is baas’ promofeer.
Realiteit het verwronge geraak. Ons kinders leef in ‘n pseudo oorlog atmosfeer.
Gewelddadige en selfsugtige optrede word as standaard voorgehou.
Selfs Amerika koes nou in die strate vír die jeukende vingers van gewapende ‘alledaagse’ mede landgenote.
Verander die programering en die resultaat sal verander.
Gemors in – gemors uit. Wat die hart (kop/gemoed) van vol is loop die mond (aksies) van oor. Hoeveel méér cliché kan dit wees?

Di ·

Dissipline begin by die huis! Sulke kinders word groot gemaak met die indruk dat jy als met geweld kan vermag,ongeag van die skade wat aangerig word.

Louise ·

Dit maak mens se hart so seer, kan nie eers myself indink waardeur daai arme kind moes gaan nie. Hoe sy moes voel nie. Hoop ook regtig die boelie word aangekla as n volwassene. Gaan kyk daai film “The Girl Fight” Gebasseer op n ware verhaal. Mens besef nie altyd watse impak dit op n kind het nie.
Sterkte aan die familie, dis so tragies.

Yolandie ·

Die jonges sien maar net wat die leiers van ons land daagliks doen. ‘n Klomp kommuniste wat hulle landsburgers boelie met wette wat indruis teen ons mense regte en vryhede (tydens Covid). EN laat ons nie eers begin by al die politisie wat vry rondloop na kriminele vervolging nie. Daar is geen verantwoording vir dade deur ons leiers nie so hoekom sal daar enige vir die kinders wees??????

Annelize ·

Hoop die madam wat so mildelik klappe uitdeel is baie trots op haarself noudat die ontvanger van die klappe dood is.

deHAS ·

As ek kyk na die “boelie kultuur” by my werk teenoor my en ander kollegas dan kan ek sien die oorsaak? Ek rapporteer dit en niks word reg gestel nie.

Yvonne ·

Resultaat van n onderliggende SIEKTE in ons land…..tragies

Karen ·

Dit is moord! Dat die meisie selfmoord gepleeg het, jammer ek is GLAD NIE oortuig nie, no way’s.

Regverdigheid ·

Lyfstraf bring dit terug , kinders kry te veel reg en onderwysers kan niks doen ,,, ons was pak gegee op skool en ons leef nog .

Astrain ·

Dis ‘n baie algemene verskynsel in skole…soos swangerskappe van meisies onder 16 wat tegnies as verkragting behoort hanteer te word maar als is mos okay…die morele verval in hierdie land is onbeheerd!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.