Video: Leerder rand glo onderwyser aan

‘n SKermskoot uit die video.

Die Gautengse departement van onderwys het laat hoor dat hulle die omstandighede rondom ʼn voorval by die Three Rivers Secondary School in Sedibeng ondersoek.

ʼn Video van die voorval word wyd op sosiale media rondgestuur.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê die deapartement het beeldmateriaal onder oë gehad waarin daar gesien kan word hoe ʼn vroulike leerder ʼn skryfboek na ʼn onderwyser gooi in ʼn klaskamer.

“Ons het onmiddellik beamptes na die skool gestuur om die voorval te ondersoek,” het Mabona gesê. Dit is onduidelik presies wanneer die voorval plaasgevind het.

Die beradingsproses het volgens hom vanoggend by leerders en onderwysers van die skool begin.

“Die departement het ook berading aan die onderwyser gebied deur die werknemer-welstandsprogram,” het Mabona gesê.

Volgens hom word die betrokke leerder nou deur ʼn dissiplinêre proses geneem en sal daar gepaste aanbevelings gemaak word.

“Ons maan al ons leerders om hulself nie te wangedra in skole nie en maan ouers ook om die departement by te staan om dissipline te handhaaf in en om die skoolomgewing,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

W van der Merwe ·

Dit is hoe dit gaan in vandag se skole,geen respek meer nie

O aarde ·

En dit is ‘n Engelse skopl boonop. Hoe geskok is ek nie nou nie!

FG ·

Sy kan bly wees ek`s nie haar mamma nie! Ek sien daagliks hoe ongeskik is van die jonger mense – ken nie eers “asseblief” en “dankie” nie. Daar vind geen of bitter min opvoeding of disipline plaas in huise. Ek dink baie het `n wan persepsie en word “gebrain wash” oor dinge in die verlede. Baie ouers sê hul is bang vir hul eie kinders, want as hul durf waag om streng op te tree gaan daar eenvoudig net `n klag gelê word by die polisie. Dankie tog my oures het my maniere en respek geleer , pas ander se goed op , respek vir jou meerderes. Ek sien mos die renons (haat) houding. Ek voeg by ek`s nie eers in die onderwys nie – net in my eie besigheid. Daar is darem ook pragtige jongmense wat mooi opgevoed is. By my is 2 pragtige seuns in diens, het die mooiste maniere en is gretig om by my te leer.

Marina ·

Dit het absoluut niks met die taal uit te waai nie. My kind is in afrikaanse hoërskool en sy vertel my elke dag hoe ongeskik die kinders met die onderwysers is. Dis die ouers se skuld wat nie meer die kinders leer van respek vir ander nie. Ek kan jou versker my kind sal nooit so iets waag nie want sy sal vir ‘n maand lank nie op haar gat kan sit as ek met haar klaar is nie. Dit belowe ek jou.

Wors ·

Ja toenou. Jy het dit al gesê. Red eerder jou gesin, dis waar jy moet begin.

Gatvol Juffrou ·

Ja….. maar die kinders het AL die regte….. Dit is hoekom ons almal die beroep wil verlaat…. Leer jou kind maniere by die huis asb.

Koos ·

Wel, die goeie nuus is dat hulle mos nou die Bill of Rights gaan moet aanpas om ons grond te vat. So hulle kan nou netsowel twee ekstra aanpassings daarin maak: (a) dat jou reg op lewe SLEGS van toepassing is as jy ander dieselfde reg gun, en (b) dat jy die REG het om te SELF te besluit of jy pakslae wil kry, of jou tyd te moet mors met X aantal ure niksseggende detensie. Mind you, so van plase gepraat, ek WED jou ons kan die grondhervormingsprogram 5000% persent versnel met ‘n eenvoudige “deal”: Vir elke dag wat NIEMAND in Suid-Afrika vermoor word nie, sal ‘n hektaar grond GRATIS vir die regering geGEE word. Hoe’s daai?

Anderkant ·

Ja gatvol juffrou, daar is sekerlik vele huisgesinne waar respek en dissipline nie geleer word aan kinders nie. My kinders is nie een van hulle nie. Maar steeds het die onderwyseres en hoof en beheerliggaam die ander kinders se kant gekies en gelieg en bedrieg toe my kind na jare se geboelie deur onderwysers en ander kinders geknak het en geweier het om net weer die minste te wees. So al leer ons getroue ouers ons kinders ook wat by hul huise, word die wiel steeds gedraai deur die wat aansien, welvaart en ñ doodgewone gatkruipery by die wat tel leef. So wees maar gatvol juffrou. Jou keuse gewees om onderwys as loopbaan te kies. Ek kan nie by my baas gaan tantrum oor my werksomstandighede wanneer die sosio-ekonomiese model van my beroep verander nie.

Berading? ·

Berading? ‘Berading’ se voet!! Dit moes nooit ooit gebeur het!! En die ander in die klas lag lekker saam!! Wat ‘n vernedering vir haar wat nie uitgewis sal word. Ja Lesufi, dis ‘n kanker wat jy probeer invoer by ander skole ook.

Wonder ·

Dit is die realiteit in skole. Onderwysers het geen regte.

Es ·

Dis hoekom mens leerlinge wil keur voor hulle toegelaat word in skole, om die elemente uit te hou. Die wat nie waardes en dissipline respekteer en alles net op ras wil baseer.

Gertryda ·

Ja nee n toe bek is n heel bek seker die dat ek nie onderwys gee nie

Mielie ·

Kom neer op RESPEK. Geen respek vir ander, skoolreëls of haarself. Soos dit gaan in die land as iets jou nie pas nie of jou ongelukkig maak gaan oor n geweld…..want jy mag. Die EFF sê so en hulle maak die reëls.

Moeg ·

Dit is ongelukkig so by baie skole. Ek wil bittergraag uit die onderwys. Nog nooit het ek so erg soos niks gevoel nie. Jy word nie eers as ‘n persoon hanteer deur leerders nie…

Belinda Bosman ·

ESTATE AGENT VICKI MOMBERG WILL GO TO JAIL FOR HER RACIST RANT-IF THE STATE HAS ITS WAY………..just wondering if black student will also go to jail for assaulting her white teacher??????

Catherine ·

Is jy laf? Now they all will be silent, but if it was other way around, huge court cases..

Annette ·

Let daarop dat sy nie net die onderwyser aangerand het nie, sy het die hele klas ontwrig en onrus onder die res van die leerders gesaai. Sy het die onderwyser deur haar optrede verneder. So ‘n leerder behoort die voorreg ontneem te word om die skool by te woon.

piper ·

dink met wat sou gebeur het as leerder wit was en die onnie swart

Blue Butterfly ·

Betogers en die skool sou gebrand het as dit wit kind en swart onderwyseres was.

O aarde ·

Is dit nie ‘n rassistiese aanval deur die leerder nie? Ek vra maar net.
Dis die tipe mense wat Lesufi in Overvaal wou sit!

Eugene ·

Wat n absolute rasistiese voorval. Sulke mense hoort nie op n akademiese instelling nie.Sy moet geskors word.

Irene ·

Bedank en kry ander werk onopgevoed
Hoop eff gaan nou toi toi teen sy eie mense

Koos ·

SELFBESKIKKING? In DIE land? Aikona. Dis mos net Duitsers wat oor Duitsers mag regeer, Italianers oor Italianers, Engelse oor Engelse, Grieke oor Grieke, Spanjaarde oor Spanjaarde, Dene oor Dene, Russe oor Russe. Hier in AFRIKA, as ‘n Afrikaner oor ‘n Afrikaner wil regeer, of ‘n Zulu oor ‘n Zulu, is dit RASSISME, VREEMDELINGEHAAT, VERKRAMPTHEID EN/OF APARTHEID. Hier gaan selfbeskikking NOOIT gebeur nie. Enigste plek in die wereld waar ALMAL anders (wat ironies genoeg in talle gevalle deur hul eie mense regeer word) ‘n eier oor wil kraak… Een van ons ‘perks’ neem ek aan.

Milan ·

Maar laat dit nou n blanke kind teenoor n swart onderwyser was? Dan was Lesufi, Malema en kie reeds in hul menigte voor die skool se hoofingang gewees.

Dorothea ·

Ek wens ek kon ‘n paar onderwysers aangerand het 42jr gelede. As jy gemoun het by die Huis het jy nog ‘n pakslae gekry.

Hanna ·

Die arme onderwyseres lyk nog baie jonk, die leerder is heelwaarskynlik ouer as haar onderwyseres… Die ergste van alles is die reaksie van haar klasmaats: sy is duidelik hulle hero! Ek dink die onderwyseres het die situasie goed hanteer, want dit kon so maklik op haar onkoste neergekom het (sy is wit). Nou moet hierdie leerders in ons skole ingedruk word…

Oom Kalahari ·

Dit kom neer op aanranding, disrespek, vernedering, verkleinering en rassisme. As dit alreeds op skoolvlak so gaan, wat gaan haar optrede in die werkplek eendag wees. Het die Onderwyseres dit met haar gedoen dan was Mnr Lesufi homself binne minute daar en is die Onderwyseres verwyder. Is hierdie leerder ook so ge-hanteer en onder toesig van haar Ouers uit die Skool geneem. Nee ek glo nie. Die hele klas het dit aanskou en geniet wat gebeur. Daarom is dit belangrik om Onderwys in eie gemeenskappe te doen waar dit kultureel bereikbaar is. Voorspoed aan Onderwysers/esse, jul beroep gaan nog vele uitdagings vorendag bring met groot uitlokkinge en hartseer.

rollie ·

Niks met rassisme te doen nie. Gaan oor gebrek aan respek en probleem met opvoeding by die huis. ‘n Familielid van my is jare terug in ‘n wit, Afrikaanse skool deur ‘n skolier aangerand (het hom van agter bekruip en met die vuis in die rug geslaan).

Huh? Hoe sê?? ·

Niks met rassisme uit te waai nie?
Dink jy vir ‘n nano-sekonde dat sy so-iets in ‘n Township skool, met ‘n swart onderwyseres sou probeer het; of daarmee weg gekom het?

DinkBietjie ·

Sou daardie onderwyser swart gewees het, en die kind wit, sou dit bestempel word as rassisme. Ek moet ook noem dat daar wit kinders is op skool, wat hulle ook nie kan gedra nie. En dan wanneer die ouers ingeroep word, kan hulle bloeitjies gewoonlik niks verkeerd doen nie. So die mense kan kla en kerm soos hulle wil. Maak nie regtig saak wat die kind se kleur is nie, as die kind wil rebels wees en ‘n onderwyser met ‘n boek gooi sal hy of sy dit doen.

Werner ·

Koos, daar is reeds Afrikaner-selfbeskikking. ‘n Voorval soos hierdie sal nooit in Orania plaasvind nie.

Mielie ·

As ouer en onnie mag jy kinders nie meer pak slae gee nie. Dit behoort ook onwettig te wees om n onnie op enige manier aan te rand. Daar behoort ook in vandag se dae n kamera in elke klas te wees. Die skool hoof en ouers behoort toegang tot die kameras te hê enige tyd van die dag. Om werkskeppend te wees behoort elke skool iemand te hê wat die kameras beman en so kan n leerder onmiddelik verwyder word sonder dat die onnie dit doen…..Die onnie is dan beskerm om die kind uit die klas te jaag of n vinger op die leerder te lê. In die geval dink ek dit is rassisme. Ek sal graag die reaksie van die regering wil sien indien enige. Sadly word die kinders alles toegelaat en aan alles blootgestel ongeag hul ouderdom. Hull kan betoog en oproerig raak, skade aan besittings en eiendom aanrig want dit is die aanvaarbare norm. Kyk watse voorbeeld word gestel deur volwassenes en die regering en opposisie partye. Die regering van hierdie land en die onderwys departement het die jeug gefaal. Maar hulle sal dit ontken en die witman blameer. Ouer swart mense sou nooit soos die jeugdiges sover gegaan het nie, dit was ongehoord. Maar vandag se jeug het geen waardes of respek nie. Hulle word aangemoedig om die reels te oortree eerder as omte streef vir n beter opvoeding en toekoms. Dankie ANC en kie

Wonder ·

Gaan in baie skole so, ongeag die ras. As julle nog nie ‘n onderwyser was nie, het jy nog niks gesien. 15% van ons leerders lyk so. Die ander 85% is pragtige leerders en word hieraan blootgestel. By dissiplinêre verhore is die kind onskuldig en die onderwyser het die kon tot die daad gedryf.

Johanna Botha ·

Net EEN goeie pak …..end of story ! Nou moet daar berading en mooi gepraat word …wat n mors van tyd !

6vandiebestes ·

Die ding begin by die huise… die ouers het nie n clue hoe om hulle kinders meer maniere te leer nie en dan sien hulle boonop in die samelewing kom jy weg met alles… want mamma en pappa sal ook gou die onderwyser die kop was. Alles sal na die ondrwyser gedraai word en sussie word beskerm… tyd laat hulle g@tte weer brand in skole

Juffrou ·

Watter berading moet die medeleerders ook kry? Dit was duidelik vir hul genotvol en opwindend soos wat hul lag en die voorval geniet.

AmY ·

Nou wil ek julle nooi om by ons kompleks te kom kuier waar daar soms tot 30 kinders op ‘n slag gil en skree en te kere gaan.
Wanneer mens met hulle praat en probeer orde herstel en sê hulle moet asseblief net bietjie sagter wees, lag hulle vir jou in jou gesig, steek tong uit en swaai hulle agterente in jou rigting.
Kinders so jonk as twee hardloop met stokke rond.
Een kind van drie is al uit drie kleuterskole ‘geskors.’
Hoe gaan daai kinders wees teen die tyd wat hulle in die hoërskool gaan wees?

DAVID ·

Meeste van die “leerders” in die klas het daai gedrag goedgekeur,as ek daai onderwyser was sou ek elke dag met daai spesifieke klas die kinders laat sit en glad nie vir daai periode klas gee nie laat hulle maak wat hulle wil sal self sien hoe slaag hulle daai vak.

Phillip ·

daar mag mos nie meer tugting wees nie so wat verwag die mens dom dan nou moet ons ouers saam met die departement werk doen julle viul werk self mag mos nie meer looi nie dit sal nooit nooit stop nie siestog mors julle geld maar op perraading . pakslae sou voeldoende aan daai kind gewees het

Piet ·

En daai leerder staan seker voor in die ry vir gratis onderwys ook nog……sleg

Jef ·

Ek wil net dit se, in Nederland is die situasie op skole ook so, kinders noem die onderwyser by sy of haar naam, verlaat die klaskamer sonder toestemming.
Daar was n geval toe die leerling iets aangevang het en as straf in die gangpad moes staan en toe word die onderwyser uitgeskel, bespuug en bedreig.
Die onderwyser het boonop n aaklige besoek gehad van die ouers van die leerling en die einde van die storie is dat die onderwyser n ander skool moes soek om les te gee.
Hier word tydens pauses gewoonweg gerook (wiet, hasjh) voor die onderwysers en daar word niks van gese nie.
Respek teenoor ouer mense en bejaardes is ver te soek, begrip, verstaanbaarheid, norme en waarde en liefde vir mekaar bestaan gewoonweg nie meer nie.
Opvoeding begin by die huis waar jy opgroei en die rugsak wat jy op jou rug dra is gevul met liefde en respek en die wil om te leer en daarmee kom jy baie ver in die lewe.

Se maar net ·

Ons bly langs so skool, hulle loop in die middel van die pad, gee niks om vir ander en as jy te naby ry of toeter blaas om verby te kom klap hulle op die kar of gooi lee 2liter bottels na ons. En intussen stop die taxi’s op ons gras om hulle af en op te laai. En die koshuis kinders is heeldag in die strate

Casper Labuschagne ·

As die leiers van politieke partye van die verhoog af sing “Kiss(ll) the boer! Kill! Kill! Kill! Bah! Bah! Bah!” dan sal insidente soos hierdie die heersende norm word. Wees verseker, elke ondersteuner van die EFF sal hierdie video gesien het voor die son vanaand sak.

Danie ·

Was die situasie omgekeer was die skool nou al in vlamme. Wys jou die dubbele standaarde.

Haan ·

Die kern van die hedendaagse gesin is besig om te verbrokkel. Kinders kry nie meer pakslae nie. Mamma én pappa werk en boet/sus is by die naskool of vriende. Aandetes word nie meer sáám om n tafel genuttig nie. Huisgodsdiens is vervang met televisie, en gedienstig volg ons die evangelie van die skerm. Ons is besig om kardinale tradisies by die venster uit te smyt, in n gekke poging om meer “progressive” te wees… En die vrug daarvan is wêreldwyd te bespeur.

Onderwyseres ·

En kyk jy net skeef na die kind verloor jy jou werk. Wens onderwysers het ook regte.

Vra Maar Net ·

Ek gaan nou ñ rots in die bos gooi, en heel moontlik ñ landsverraaier genoem word MAAR wie let op dat die onderwyseres die heeltyd besig is op haar selfoon? Nie ñ woord word daaroor gerep nie. Sy het nie eers die leerling sien kom nie want sy was te BESIG op haar foon? Onthou net ñ saak het twee kante en ñ middel ook. #foodforthought

Elsje Griesel ·

Al ooit oorweeg dat sy dak besig was om hulp te ontbied. Dit lyk vir my asof dit vooafgegaan is deur n woordewisseling. Die feit dat sy aanhou fokus op haar foon en nie geskok lyk tydens die aanval ni, se vir my sy het dit sien kom. Indien sy op haar foon besig was om hulp te kry, het sy beslis reg opgetree. Ek hoop haar volgende oproep was n prokureur

Onnie ·

Ek kan jou n brief gee dat sy besig was om hulp te ontbied. Hierdie situasie het nie begin met die kind wat opspring nie. Daar was tien teen een n situasie waar die juffrou die kind wou teregwys oor gedrag of huiswerk nie gedoen nie en die kind se reaksie begin het. Sy het gesien daar kom probleme en het hulp gesoek.

Ag kom nou ·

Ek sien meer as een persoon wat die onderwyser die skuld gee..
Asseblief. Sy is desperaat besig om hulp te ontbied. Hello!!!!
Dis ons probleem. Kan glad nie saamstaan nie. Ons as “currently disadvantaged” wil maar altyd opkom vir die “previously disadvantaged”

Blue Butterfly ·

Ook maar goed ek is nie in die onderwys nie. Ek sou GEEN selfbeheersing gehad het nie! En hoekom is “berading” nodig vir die leerders? Hulle het hulself gate uit geniet en nou moet ons belastingbetalings nog opdok vir berading vir die arme siele ook. Verregaande!

Tammy ·

Die probleem kinders kom uit probleem huise. Seker 70% se ouers is geskei en die kinders het geen opvoeding nie. Maroela kan gerus maar my skrywe ook n slag plaas. Dit help nie julle bly die waarheid ontduik nie . Reg is reg en julle kan dit maar se!!!!!!!!!!!

Ouma ·

Die onderwyseres was heeltyd op haar selfoon doenig en het nie eens opgekyk wie haar met die boek slaan nie. Syt eenvoudig voort gegaan op haar foon en uitgestap. Dalk was die leerder gefrusteerd met n probleem. So word leerders ook geintimedeer deur onnies!

HPV ·

Snert Ouma, stem saam met Onnie, sy was besig om hulp te ontbied of om ‘n opname te maak.

More Ouma ·

Die jufrou het die hoof probeer bel…
Daar was reeds ‘n probleem en sy het hulp nodig gehad

Riouna Martin ·

Weet mense wat ek sien op video is nie reg nie
Maar moet ook net noem dat ons as ouers moet skoolwerk aanbied naweek geen rus ek se nie alle skole is so nie maar ek is moeg daarvoor om onderwysers se werk te doen. En ja hulle is 90% op hul foon. Ek het n dogter wat al haar jare 85% tot 95% in haar vakke kry goeie kind en leier
So ek moet ook se onderwysers is nie altyd REG nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.