Video: Leerder tydelik geskors ná vuiste klap

’n Skermskoot van die geveg Donderdag buit Table View High School.

’n Leerder van die Table View High School naby Kaapstad is tydelik geskors ná ’n hewige vuisgeveg Donderdag buite dié skool uitgebreek het.

Die voorval is op video vasgevang en het sedertdien soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

In die video kan gesien word hoe twee leerders, nog in hulle skoolklere, mekaar rondruk en -pluk voordat een van hulle bo-op die ander te lande kom en hom herhaaldelik met die vuiste bydam.

Volgens Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, het die voorval buite die skool plaasgevind en was altesaam vier leerders, almal in gr. 8 en gr. 9, daarby betrokke.

Twee van die leerders word daarvan beskuldig dat hulle die beweerde slagoffer in die video se selfoon gesteel het, hoewel die leerder wat hom op die video slaan, nie by dié beweerde diefstal betrokke was nie. Hy is egter tydelik geskors en word saam met twee ander leerders deur dissiplinêre stappe in die gesig gestaar. Dit is nie seker hoekom die beskuldigde die slagoffer bygedam het nie.

Die oënskynlike slagoffer in die video, sê Hammond, gaan nie dissiplinêr verhoor word nie, maar sal wel as ’n getuie geroep word.

“Die departement neem kennis van die ernstige aard van dié voorval en was reeds met die skool in verbinding oor stappe wat gedoen moet word. Fisieke aanranding en mishandeling kan onder geen omstandighede geduld word nie.”

Hammond sê mediasie tussen die vier leerders het reeds plaasgevind.

“Almal het om verskoning vir hulle rol in die onderskeie voorvalle gevra en dié verskonings is ook aanvaar.

“Traumaberading oor boeliegedrag en woedebestuur is vir die beweerde slagoffer gereël asook vir twee van die ander leerders.

“Die skool was ook met die betrokke leerders se ouers in verbinding.”

Volgens Hammond sal verdere stappe bepaal word afhangend van die uitkoms van die dissiplinêre verhoor.

Sy benadruk dat fopnuus oor die voorval op die video egter versprei word aangesien talle media berig dat dié geveg oor ’n pakkie skyfies was.

Die beheerliggaam ondersoek wel só ’n voorval wat ook Donderdag by dié skool plaasgevind het. Dit is egter nie op video vasgevang nie.

*Neem asseblief kennis dat die beskrywing by dié video op Twitter nie akkuraat is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

My siening ·

N saak het 2 kante die video wys nie wat die rede was nie in die begin!

Blom ·

Enige saak het twee kante, maar om iemand so te slaan wys net dat jy geen opvoeding het nie en dit tel vir almal wat gestaan en kyk het en niks gedoen het nie.

Pim die Skim ·

En jy is ‘n gedrag en opvoedskundige? Ek dink jy weet nie waarvan jy praat nie!! ‘n Mens moet hierdie geveg sien vir wat dit is. Daar lê waarskynlik geweldige frustratie agter dit. Gewis gaan daar meer en meer van hierdie onderonsies voorkom, soos wat witkinders meer en meer gefrustreerd raak omdat daar openlik teen hulle gediskrimineer word. Ek sal ook graag ‘n video wil sien 10 minute voor die geveg insluit.

Fae Fubar ·

Hierdie verfoeilike soort gedrag vind oor die hele wêreld – elke dag – by skole plaas. Since the beginning of time. Maar dit word net meer in die kollig geplaas, deur die geredelike beskikbaarheid van selfoon video-opnames. Wat ookal aanleiding daartoe gegee het – ek glo dat die skool die gepaste straf sal uitdeel.

VaalDonkie ·

Skole deel nie “gepaste straf” uit nie. Hulle probeer sulke goed toesmeer want dit laat hulle sleg lyk as dit uitkom. gelukkig is daar deesdae selfone met kameras. Want in my dae is kinders in die hospitaal ingeslaan en Maandag is die aanvaller maar weer pouses in die badkamer besig om sigarette te rook dat hulle een lang kool is.

Robbie ·

Jy praat hier van boelies wat jou op skool aangerand het
Dis die soort wat weggekom het
Maar dankie aan tegnologie deesdae

BOKKIEBEK ·

En niemand tree tussenbeide nie….niemand probeer eers keer nie…. skandelik!!!

Peetjie ·

Nee niemand tree tussen beide nie …te besig om n video te meem

Robbie ·

Het ons dit nie al oor en oor gesien Dat niemand betrokke raak om dit te probeer keer nie

Johanncb ·

Enige saak het altyd drie kante – myne, syne en die waarheid!

SwartBees ·

Ek sal graag 10min, voor die geveg begin, se video opame wil sien.

Robbie ·

Ongelukkig sal jy die nooit sien nie sodra die geveg aan die gang is Dan lyk dit of net een party skuldig is

ditiswatekdink ·

Toe ek op skool was het ons gereeld n bietjie gestoei.
Niemand was ooit dood van dit nie.
Die onderwysers het nie eers kom kyk wat aangaan nie.
Hormone loop so n bietjie.

JJB ·

As die skool reg wou optree moes beide seuns geskors word. Dan volg ‘n behoorlike ondersoek. In my dae sou ‘n skool nooit by ‘n bakleiery buite die skoolgronde betrokke geraak het nie. Die feit dat net een seun geskors is dui op gevaarlike vooroordele.

Moeggeploeg ·

And I Motsepe dit is tipies. Speel altyd die ras kaart.

Kathleen ·

tyd dat fone by die huis gelos word , en lyfstraf in skole terug gebring word en ouers nie bang is om hulle kinders ‘n ordentlike opvoeding by die huis te gee nie .

Frank John ·

Die het op skool gebeur in my jong dae. Baie kinders beklei met mekaar oor probleme. Ek self was in so ‘n geveg en kon vir ‘n week nie uit my oë sien nie. Niemand was geskors of disiplener vervolg nie. Nie mand was uitgekreit as rassisties nie. Die goed gebeur. Ek en die ou wat baklei het is na die geveg weer vriende. Self die duitsers en engelse het na oorlog onder trou.

Robbie ·

In ons tyd was Ek geboelie Maar Ek het so bietjie gevegskuns geleer en dit het my in n posisie geplaas waar Ek boelies kan n les Leer
Boelies kan die onskuldige laat Baie swaar leef selfs te bang om skool toe te gaan

Erika ·

Ons sien die geveg n wit Seun wat Swart seun met vuis te bykom …
Die waarheid word nie altyd.uitgewys nie
Mense wat aan die slagoffer se ras groep behoort gààn van selfsprekend nie noodwendig Objektief daarna kyk Nie …. Reg /Verkeerd Eerste ongeag Ras nie
En dit kan onnodige verdere Rassime aanhits..

Robbie ·

Daar is 2 kante
Baie duidelik het die Swart seun self n Paar rukke en houe geslaan
Ek was ook al so kwaad Dat jy aanhou slaan jy besef nie as jy in daai mode ingaan nie
Geweld die land is vol van misdaad ons moenie vergeet van die ras situasie waar die wit kinders onder druk word nie
Daar is soveel elemente betrokke
Ek reken die antwoorde sal wel gegee word

DIABLO ·

Ek onthou toe ek op skool was (baie jare terug) , was die dag nie normaal as daar nie n vuisgeveg was nie. Lyk my seuns op daardie ouderdom baklei maar. Die feit dat dit twee seuns is van verskillende etniteite, is die rede waarom dit die nuus haal. Ek moedig geensins geweld aan nie en hou niks van wat ek hier sien nie, maar tieners baklei. Dit is n feit soos n vis. Dis n jammerte dat ouers nie self hul seuns se basvelle kan aftrek nie.

Kathleen ·

ouers is te bang om hulle kinders te tugtig , bedoelende om hulle ‘n ordentlike outydse pakslae te gee .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.