Video: Leerders rand busbestuurder in die ry aan

‘n Skermskoot uit die video.

Twee tienerseuns is in hegtenis geneem nadat ʼn video die lig gesien het wat wys hoe ʼn busbestuurder deur twee leerders aangerand word terwyl die bus beweeg.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê twee leerders, onderskeidelik 15 en 19 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die voorval wat op ʼn busrit van Leslie na Secunda in Mpumalanga plaasgevind het.

Bhembe het gesê volgens die inligting wat die polisie tans tot hul beskikking het, het die busbestuurder leerders opgelaai, insluitend die twee wat in hegtenis geneem is.

“Die twee het toe vir die busbestuurder gevra hoekom hy hulle by die vorige oplaaipunt agtergelaat het. Voor hy kon antwoord het die twee leerders hom begin slaan en skop.”

Volgens Bhembe het dit gebeur terwyl die bus beweeg het en is die ander leerders se lewens in gevaar gestel.

Die voorval is by die polisie aangemeld en ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is aanhangig gemaak. Die twee leerders is Donderdag in hegtenis geneem en het reeds Vrydag in die Leslie-landdroshof verskyn.

Die 15-jarige verdagte is in die sorg van sy ouers vrygelaat en die ander verdagte op waarskuwing. Hulle moet weer op 10 Oktober in die hof verskyn.

ʼn Video van die voorval word intussen wyd op sosiale media versprei. Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die jong mense se gedrag teenoor ʼn volwassene ten sterkste veroordeel.

Zuma het ʼn beroep op ouers gedoen om in te gryp rakende die vorming van hul kinders se gedrag. Hy het ouers aangemoedig om gereeld hul kinders se skooltasse te deursoek vir gevaarlike wapens en selfs dwelms.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Inderdaad gaan dit deesdae baie lekker op skool, wys net wat die jeug maak van al hul vryhede en burgerregte. Inderdaad merk ek al vir baie lank op dat daar geen, of bitter min positiewe rolle in die swart gemeenskap is nie. En wanneer daar ‘n positiewe rolmodel opstaan, word hy of sy deur die res van die gemeenskap afgeskiet. Maar gangsta-rap, radikale linkse politici en die soort gedrag is wel rolmodelle wat bly staan en nie afgeskiet word nie.

SO ·

Uiters swak gedrag wonder hoe gaan dit in hul ouerhuise. Regte rammetjie uitnekke daardie. Geen skaamte of respek vir ouer mense nie.

Magda ·

Waarom word die gesigte nie gewys nie? Ek verstaan die een is minderjarig maar wys die ander ou sin, dan kan almal sien hoe n krimineel lyk!

Cherokee ·

Lesufi sal moet ‘n bepaling die lig laat sien wat verhoed dat mense mondig word en steeds op skoolbanke wees.

Poppie ·

Meeste van vandag se kinders se paadjies is reguit tronk toe geboek. Ek kry hoendervleis as ek sien waarmee hulle wegkom deesdae. En as hul kan baklei soos grootmense, moet hul die punch kan vat as grootmense. Nou is hy net in die sorg van sy ouers vrygelaat. Twak man. Hy moet sy slae kan vat.

Word wakker ·

Zuma n beroep gedoen op ouers oor hul kinders se vorming van hul kinders se gedrag. Ag asb,kinders sien dit by hul ouers. Hoekom dink jy is daar so baie bande wat brand,winkels wat verplinder word,verkragtings,ontvoerings,kapings,
moorde,diefstal,ens? Dit kom van die ouerhuis af natuurlik!! Daar is geen medisyne.

Ek kook van befoeterheid ·

Buiten dat jy iemand aanrand, veroorsaak jy groot drama vir baie mense se lewens. Hierdie gedrag moet nie toegelaat word, hulle moet sommer vir 6 weke elke dag met ‘n sambok geslaan word, terwyl hul ‘n slaansak slaan sodat al hul irritasies uitgesorteer word.

Ander Annie ·

Die tweetjies moet toegesluit word vir ‘n lang tyd. Eerstens vir aanranding en tweedens omdat hulle ander leerders se lewens in gevaar gestel het. Hierdie tipe gedrag word net meer en meer. Watter verskoning is daar vir die tipe gedrag? Onderwysers word aangerand en vermoor. Hier word ‘n busbestuurder aangerand terwyl hy bestuur. Die regstelsel sê jy mag nie jou kind tugtig nie. Daar is ‘n duidelike gebrek aan respek en discipline.

Lizelda ·

Vandat daar gese is kinders het” regte” en kinders mag nie meer pakslae kry nie ruk dinge so uit. En ja ek se “regte” want met regte kom verantwoordelikhede maar duidelik word dit in baie gevalle vergeet om te leer… As die busbestuurder homself verdedig het is hy aangegee vir kindermishandeling. Nee, wat hoop is min…

Anni ·

By my is daar nie ‘n ding soos regte nie. Jy kry dit as jy 21 is. Tot dan, het jy voorregte, want kinders het nie die vaardigheid en volwassenheid om regte bestuur nie.

marous ·

me ramaphosa kan die video ook saamneem na die VSA om te wys hoe voorbeeldig die land se skollie(re) is ….

Hoopvol ·

Liewe Vader, mag elkeen in hierdie land terugkeer op hulle kniee en regtig begin bid vir hierdie land?

Jozi ·

Wat? Lees ek reg?
Die twee “verdagtes” rand ‘n persoon aan, word in hegtenis geneem, net sodat die 15-jarige terug is by sy ouers en die 19-jarige wegloop met ‘n waarskuwing?
(Ja, ja hulle moet vorentoe in die hof gaan verskyn waar hulle met ‘n baie hartseer en skuldige gesig kop onderstebo gaan sit. )
Ek is geskok in die sisteem. Hoekom sit hulle nie albei agter tralies waar hulle duidelik hoort nie.
Hulle is ‘n potensiele gevaar vir die samelewing.
Vandag loop hulle lekker op straat, slaan en skop al wat voorkom want hulle het mos nou gesien – geen nagevolge vir hul dade nie!
Ek is baie dankbaar daar was nie ‘n mes of vuurwapen betrokke nie.
Niks op aarde regverdig sulke gedrag nie.

Jane ·

Nee dis mos die kinders wat in SA grootgemaak word, steek die onderwysers dood, val die busbestuurders aan .. en glo my .. dit het nie naastenby so rof gegaan toe daar nog dissipline in skole was nie . maar NEE LESUFI en al wat leef en beef wil so gou moontlik ALLE dissipline, ALLE godsdiens, ALLE reels en regulasies uit skole verwyder . kry nou maar vir julle.

chrissie ·

Dink nou net as hulle nou nog n dagga zol ook gerook het!! genade ons land is in n toestand!!

Jerry ·

Wat jy saai sal jy maai. Dit lyk of die jeug heeltemal buite beheer raak op n uiters lafhartige wyse. As dit die geval is dat daardie element van lafhartigheid en disrespek posgevat het by die jeug dan sal hulle selfs instaat daartoe wees om hulle oumas en oupas en ma’s en pa’s aan te val as die nie in n posisie is om hulself te verdedig nie!

Jennifer ·

Daar word ‘n beroep op ouers gedoen om in te gryp by die vorming van ons kinders? Bietjie dubbelsinnig sal ek se as die wette ouers keer om kinders te tugtig as dit nodig is. Kinders het geen respek meer deesdae nie…en dis nogal skrikwekkend wat voorle vir die toekoms.

Theresa ·

Dalk juis daar waar die voorbeeld daagliks beleef word.
Hoop hul was vir dwelms getoets.
SWAK!!! Hoop die busbestuurder maak ‘n saak teen albei.

Theresa ·

Nou die dag by ‘n vrou gehoor dat indien mens nie jou kind (sy het van haar seun in matriek gepraat) teregwys en streng is oor verkeerde optrede nie, hy later sal omdraai en jou keel af sny.
Rillings het langs my rug afgekruip toe ek besef dat sy die waarheid praat – veral in vandag se chaos.

Sandy ·

Skreiende skande. Ek let op dat die jeug van vandag nie meer respek het nie. Dis heel moontlik ‘n aangeleerde ding.

Connie de Bruin ·

Hulle se wat jy saai sal jy maai….Ons land saai so moet ek meer se….

Foxi ·

Steenig my…vertrap my, wat ookal. Maar as die kind myne was, sou hy/sy vir n paar weke nie kon sit nie! Die HEL is los in die land.

Anoniem ·

Wat nog geen maar geen dissipline,disdipline begin by doe ouers huis

Jacques ·

Dit is poging tot moord maal met die hoeveelheid kinders ookal in die bus was. My bybel se buig die boompie terwyl hy nog jonk is , dit is my kultuur en geloof . Ek sal my kind reg help as ek dink dit is nodig .

Anni ·

Die boompies wat die regering gekweek het deur lyfstraf te kriminaliseer, dra pragtige vrugte. Pragtige vrot vrugte.

NOU wil die regering en die onderwysdepartement he ouers moet ingryp. HOE? Ouers se regte en pligte wat dissipline aanbetref is dan gekriminaliseer. Die regering het die kinders vlerkies gegee om te maak wat hulle wil, want as Ma of Pa plathand inle, dan hol ons Polisie toe en Ma en Pa word toegsluit. Oorgroote meerderheid kinders is besig om ruggraatlose brats uit te draai.

Dis tyd dat hierdie vlerkies stomp op die kinders se ruggies afgeknip word, met die plathand.

Casper Labuschagne ·

Ai tog, ek wens tog Maroelamedia het so ‘n knoppie gehad waarop ek kon klik om te sê dat ek hou van wat hier gesê word!

LH ·

Vandag se slaners is more se moordenaars! Maar ja, ons MAG ons kinders volgens wet nie tug nie . . . so? wat verwag ons dan? Onderwysers word met messe dood gesteek en deur groepe aangeval en wreedaardig aangerand en verneder. EN ons verwag hierdie selfde mense moet ons kinders ‘n opvoeding gee?

SjN ·

Was Lesufi al daar, hoeveel mede leerlinge se lewens was nie in gevaar nie, hul kort n goeie pak slae.

Penellope Jones ·

Het aanrand en aanval nou ‘n kompetisie onder skoolkinders geword???

Nou toe nou ·

Sit onmiddellik YSTERHOKKE om al die busbestuurders, hulle is nie meer veilig nie. Sit die onderwysers in HOKKE voor die kinders in ‘n klaskamer en sit die BUSBESTUURDERS in ysterhokke .. dit is al hoe hierdie arme mense veilig kan bly .. ek is so jammer vir die ou oom wat seergekry het . dit is VERKEERD, waar is die LIBERALES nou?

RHG ·

Regtig kommerwekkend. Hulle verteenwoordig darem nou ook nie die jeug van vandag nie.
Ek onthou van lank gelede dat busbestuurders ‘n draadafskorting om hulle gehad het om hulle teen volwasse passasiers te beskerm…… voor die tyd dat rampokkers vuurwapens gedra het.

Lindie ·

Wetteloosheid is aan Die orde van Die dag. Ons sien elke dag In Die hoogte gesag strukture van Die land word min tot verantwoording geroep.
Ons maai nou wat gesaai is. Ons toekoms lyk donker. Om te dink dat die gereg mens gaan geregtigheid gee is ook meer en meer ‘n pyp droom.

Casper Labuschagne ·

As dit van radikale swart nasionaliste afhang wat Afrikaans in alle skole wil afstel sal hierdie voorvalle nog baie voorkom namate voorheen uitmuntende skole vorentoe toenemend dekoloniseer.

Jozi ·

Ek dink nie dit gaan soseer oor die afskaffing van lyfstraf of wat sommige mense sien as ‘n goeie pakslae nie.
Persoonlik is ek nie ten gunste van dissipline wat gepaardgaan met slae nie.
Wat bereik jy as ouer of onderwyser met daai lyfstraf?
Slaan pa vir ma as sy die kos brand?
Slaan ma vir pa as hy ‘n boete kry omdat hy te vinnig gery het?
Hoe hanteer ons konflik en probleme in ‘n verhouding? Slaan ons of praat ons?
Hoekom dan redeneer dis reg om jou kind te slaan?
Hou eerder die kommunikasie kanale oop en praat oor keuses, dade en gevolge.
Wees ‘n goeie ouer en rolmodel vir jou kind en dinge sal alles in plek val.
Moet nie jou rol as ouer of onderwyser misbruik nie.
My eerlike opinie – hierdie twee knape mag dalk heel moontlik in huise grootword waar hulle meer slae as kos kry.
So, doen hulle wat hulle doen oor te veel pakslae of geen pakslae nie?
En terwyl ek nou op hierdie onderwerp is. Waar kom die boelies vandaan? Ek reken dis kinders wat by die huis afgeknou word (in die naam van dissipline) en dan sit hulle met fisieke en emosionele seer waaraan hulle uiting wil gee.
En wat gebeur dan? Hulle gaan skool toe en knou ander kinders af omdat hulle seer het.
Dink maar so bietjie oor daai een.

Reine waarheid ·

Onthou ek verkeerd? Daar was in 60tiger jare
Busse spoorweg waar bestuurder agter tralies
gesit het, hoekom? Vir sy eie veiligheid sulke
dingetjies gebeur nou TUSSEN ALMAL en onthou
elke p@@p@l het nié met foonkamara rondgeloop nie.!

Lone rider ·

Dit is as Godsdiens en dissipliene nie by jou ouerhuis op grondvlak toegepas was nie. En as jou regering dit goedpraat. Jyt mis regte. Nie die ou wat jy aanval nie

Mrs H ·

Duidelik is die mannetjie so gewoond aan “Gehoorsame Ouers”, dat hy die pakslae uit deel… Dis van te veel “regte” en onverdiende “bemagtiging”. ANC …julle mense hap julle eie agter werelde nou oor swak besluite, wette en regte! Kan julle dit nie sien en besef nie?! Wat n verleentheid moet dit nie vir julle wees nie. Jou handboek “Bybel”, vir hierdie werk, sal julle moet aanskaf.

Jannie ·

Net daar stop ek die bus en trap eers die tweetjies se nersderms af!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.