[Video] Leerling glo by Hoërskool Parys aangerand

‘n Skermskoot uit die video.

Die Hoërskool Parys in die Vrystaat betreur ʼn voorval wat Maandag in ʼn gr. 9-klaskamer by die skool plaasgevind het waarin een leerling glo ʼn ander aangerand het.

ʼn Selfoonvideo is van die voorval geneem en wyd op sosiale media versprei, wat vele reaksie ontketen het.

In die video kan ʼn mens sien hoe die een leerling ʼn ander daarvan beskuldig dat hy hom met iets gegooi het. Ná ʼn vurige woordwisseling gryp die seun die ander leerling en gooi hom op die vloer neer, waarna hy hom slaan en skop voordat die juffrou tussenbeide tree.

Lucien van Zyl, die skoolhoof, het Maandag aan Maroela Media bevestig die voorval word ondersoek.

“Die skool en die beheerliggaam sien dit in ʼn ernstige lig. Dit is baie sleg vir die skool, die gemeenskap en onderwys in geheel. Ons wil egter die ouers en die gemeenskap verseker dat dissiplinêre stappe in terme van die skool se gedragskode gedoen sal word. Die departement van onderwys sal ook insake die voorval ingelig word,” het Van Zyl gesê.

Van Zyl het gesê die onderwyser wat tussenbeide getree het, was tydens die voorval in die klaskamer. Sy was egter besig met boekkontrole en haar rug was vir ʼn oomblik gedraai. “Elke klaskamer het sy eie videokameras. Dit sal bestudeer word en in die ondersoek gebruik word.”

Hy het gesê die skolier wat aangerand is, is nie ernstig beseer nie. “Ons het sy ouers in die kantoor gespreek en verduidelik wat die prosedures behels wat gaan volg.”

Front Nasionaal het die voorval intussen streng veroordeel en gesê die party wil dit met die Vrystaatse onderwysdepartement opneem. “As die rolle omgeruil was, was dit teen hierdie tyd ‘n enorme rasseherrie!” het die party in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het navraag gedoen by die departement van onderwys in dié provinsie en wag nog vir terugvoer.

Die identiteite van die kinders word weerhou aangesien hulle minderjarig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Danie Koch ·

Yip. Hoe tragies as die rolle omgeruil was was dit n moewiese media storie. Nou sterf dit n vinnige dood

jennefer ·

Jy sal verbaas wees oor die hoe geraasvlakke in vandag se klaskamers. Kinders word deesdae gehoor!!!

Ella ·

Sjoe. Haglike, haglike omstandighede om in onderwys te gee en skool te gaan.

jurie ·

volg ook – wil sien of die seun ook vervolg gaan word aangesien hy die leerking in die gesig geskop het

Denise ·

Het die onderwyser n gehoor probleem ???? Die geraas van stemme en die omkeer van die lessenaar het tog nie sagkens gebeur nie netsoos jy daar gese het Wonder!!! Wonder ek ook hoekom kinders so agresief is oor iets wat gegooi is dit het geen wonde veroorsaak nie speel julle nie meer ? Moet als met geweld opgelos word???? Without Prejudice

Ingrid Snyman ·

Wat word van die vroulike onderwyser verwag in hierdie geval? Daar is verskeie opsies, tree tussenbeide en word raakgeslaan. Gryp die kind wat skop dan is jy rassisties en hardhandig. Gryp die ander kind uit die pad, dan is jy hardhandig en oortree sy menseregte. Die onderwyser is nie ‘n sekuriteitswag vir leerders wat baklei nie, en dis defnitief nie deel van ons posbeskrywing om onsself in gevaar te stel by ‘n bakleiery nie.

B-man ·

Ek glo hierdie onderwyseres het meer gedoen as wat haar pligte vereis. Dis maklik om te sê wat die onderwyser veronderstel is om te doen, maar deesdae moet hulle so versigtig skaats op die dun politiese ys dat ‘n mens nie meer van hulle kan verwag om sulke situasies te hanteer nie. Welgedaan Juffrou!

Pieter ·

Presies my woorde ook. “Vir ‘n oomblik haar rug gedraai” shame. Die klas is chaos.
Tog kry ek haar jammer want ‘n mens kan nie werklik tussen beide treë as die houe eers begin val nie. Al te veel onderwysers gesien wat in die proses geslaan en baie seer gekry het.

dolphin ·

doerie jare is baie beter as vandag se lewens daar was amper nooit aangerand op skool nie en goeie dissepline handhaaf en vandag se lewens dit word hoe al erger aangerand op die media versprei.skaam die skole moet goeie dissepline he in die skool en huis.

M ·

Dolphin. Ek het nou amper ‘n lelike woord vir jou gesê. Het jy nooit die woord fight fight fight pouses gehoor nie? Weet nie waar het jy groot geword nie.

H ·

M, ek stem saam met jou. Daar was daagliks kinders in ons klasse geboelie. Ons ander kon niks daaraan doen nie, want anders word jy ook ‘n target. Al wat dit vandag erger maak is dat dit nou liewer met ‘n selfoon afgeneem word en op sosiale media geplaas. Ek sê straf daai kind wat die video gemaak het ook.

Kinders rumoer..... ·

Denise
Duidelik was jy nog NOOIT in n klaskamer wanneer kinders die klas inkom of verdaag nie… hulle rumoer. Sekerlik het Juffrou maar gedink dis kinders wat oppad (in die viddo blyk dit of dir kinders die klas wil verdaag)
Die oomblik toe sy sien daar is fout het sy ingetree… ek sal verseker ook nie n blouoog wil kry by n skoolkind nie!

Agggg Dolphin ·

Jy was seker ge-Home school “doerie jarre”
Want as ek dit nie mis het nie het die skool latte in doerie jarre lekker baklei agter die paweljoene/by die busstop.
Fight-fight-fight of
Barnie- barnie-barnie
Kon jy van ver hoor….
Hou op om “doerie jarre” goed tr praat.
Hooligans bestaan in elke generasie!

M ·

Ai mense, ek wens rassisme word nie in als gesien nie. Kinders hou vuisgevegte van jare toet af in die klas, pouses, na skool. Of dit nou wit of swart is, dit is kinders. As dit 2 swart of 2 wit was het dit nie eers die nuus gehaal nie. Wil nie snaaks wees nie, maar dit is nie nuuswaardig nie. As ‘n wit en swart man baklei is dit rassisme, maar as 2 wittes/swartes baklei? Kry ‘n lewe mense. Ons as mens verskil, maak nie saak wat die kleur is nie.

Jack Russl ·

Soos in die berig genoem is dat as die rolle omgekeer was dan was dit ‘n rassestorie.

Die probleem is nou dat ‘n swart kind ‘n wit kind geslaan het, nou is almal doodstil. Indien dit nou ‘n wit kind was wat ‘n swart kind geslaan het, was die helfte van die dorp afgebrand, ministers was daar om almal te verkwalik tot en met ou Jan van Riebeek. Dubbel standaarde.

Ek stem saam met jou dat ras niks hiermee te doen het nie. Dieselfde geld ook vir 99% van die ander “ras” gevalle. Dit gaan oor 2 persone wat verskil oor iets, niks meer nie

Reinhardt ·

M, ek stem saam met jou. Heeltemal.
In hierdie geval dink ek nie dis n ras voorval nie, maar gewoon twee kinders wat baklei.
Ek sien egter nerens die storie op EWN of elders nie, maar bewaar ons arme wit siele as die rolle omgekeerd was. Ek kan jou belowe dat dit voorblad nuus sou wees by elke media huis.
En dit, my liewe M, is waarom ons almal so negatief is… dubbele standaarde.

Niccy ·

Die arme blanke seuntjie is helemal oorbluf en het uitgeloop sekerlik omdat juffrou die ander een probeer beskerm het. Hopelik sal die saak ondersoek word en die nodige skorsing gedoen word.

Eish ·

Rustig wees, elke klaskamer het kameradekking. Ons sien uit na die feite en regstellende optrede ooreenkomstig die skool se gedragskode.

Marcel ·

Hier sal niks van die storie kom nie, die departement gaan tien teen een nie eers iets sê nie. Na n week of maand sal jy net die berrig lees dat die ondersoek afgehandel is en geen verdere stappe sal gevolg word nie.

wicus ·

Leerling glo by Hoërskool Parys aangerand JULLE KAN MOS SIEN HYS AANGERAND

Michael ·

Dit is so Wicus maar die mense is so gebreinspoel om polities korrek te wees daar moes seker eers vergader word om nie aanstoot te gee aan die meerderheid wat in elkgeval nie eers hulle nuus lees nie.

Se net ·

Dis eintlik twee seuns wat stry kry. Dit het niks met ras te doen nie.

Danie ·

as die rolle geruil was sou dit RAS gewees het, en nuus gemaak het en EFF sou betoog het.

Boerseun ·

En minister sou onderdoek van rassisme teen skool ondersoek het want mense soos se net sou klag ingedien het teen die christelike ver regses wat daar skoolgaan

Anel ·

Ek stem 100% saam met Danie!! Dan sou dit ‘n rassevoorval gewees het. Ek het ook nie onder ‘n klip grootgeword nie. Niemand het mekaar in die klas geslaan en op die grond geskop nie…. ja, daardie was gelos vir pouse of naskool!

Mielie ·

Ek onthou in my groot word jare was daar heelwat fights veral onder die seuns. Natuurlik het hulle die hoof se kantoor besoek en gebuk. Einde vd storie. Vandag as kinders baklei is dit nationale nuus en as n wit kind en n swart kind baklei is dit rassisme. Nie net stoutgat kinders nie. In my opinie word alles te vinningop sosiale media versprei en dit maak nuus. Ongelooflik hoe kleinlik dinge soms raak.

joan ·

ja maar ons het nooit iem in die gesig geskop nie. Dis die swak maniere wat die kinders tuis ontvang.

Veronica ·

Ek dink beslis die onderwyser het ‘n gehoor probleem. Sou sy die eerste keer toe daar harde stemme was opgestaan het en kom kyk het wat gaan aan, het die voorval dalk nie plaasgevind nie. Jammer sulke dinge moet in ‘n klas met ‘n onderwyser gebeur!!

HB ·

Die onderwyseres was moontlik buite die klas en toe die rumoer harder word het sy ingestap. Die artikel gaan in elk geval nie oor die onderwyseres nie maar twee seuns wat stry kry. Los die onderwyseres daaruit.

Louis ·

Dit is 2 laaities wat mekaar uitsorteer oor iets. Ons het dit gereeld gedoen op skool en almal was later weer pelle. Dit is goed soos hierdie wat rassisme aanwakker. Nou word dit n swart en wit storie maar eintlik is dit 2 tieners wat bietjie probleme uitsorteer.

Aster ·

Dis skokkend! Maak nie saak wit, swart, blou, pienk of bruin nie. Kinders van vandag het nie meer respek vir mekaar nie. Ons voorouers sal in hulle grafte omdraai as hulle sien hoe die jeug van vandag is. Sies dis vieslik, ek skaam my mors dood!

Aster ·

En nog ‘n ding, bring bietjie die pakslae en die rothang houe terug dan sorteer ons sommer gou gou die probleme uit soos in die ou dae!

François ·

Probleme in die klasse & skole het begin toe irdentlike dissipline soos lyfstraf weggeneem is, juffrou. Nou maak die arme bloedjies van ‘n sekere groep net wat hulle wil & sal nog met die betrokke onderwyser/es in ‘n argument betrokke raak.

Astrid ·

Ek gee werklik nie om of jy pienk, geel of maroen is nie, feit bly staan jy moet respek hê vir jou medemens!!! Dit raak al hoe meer algemeen vir mense om hulle hande te lig, wapens te rig en mense se lewens te neem en dit vir wat, ‘n sekonde se woede uitbarsting? @Mielies, dit mag dalk vir jou kleinlik voorkom maar vir daai seun is dit alles behalwe. Ja, die storie kry lugtyd en baie daarvan maar as sosiale media die enigste platvorm is waar mens reaksie en moontlike resultate kan werp, waarom nie? Ek keur nie sosiale media en dit waarvoor dit staan goed nie juis omdat stories so verdraai word maar resultate word gekry – verwys gerus na die video waar ‘n 19 jarige seun ‘n dogter aanval by ‘n skool na ‘n onderonsie met haar tweeling suster en dit amper een en ‘n halwe jaar na die aanval – dankie sosiale media!!

Marisa ·

Ag nee, Nicky – kyk die video weer mooi. Die seun het uitgeloop omdat hy kwaad en seer was. Die juffrou het die slaner/skopper streng aangespreek. Waar het sy hom ‘beskerm’??

Jay ·

R100 dat presies die by KFC ook gebeur het al verskil is daai manne het terug geslaan. Ek sê maar net. Mens kan sien hoe “instigate” hulle mens.

MAB ·

Waarom word daar van agter die een seun se rug aangeval!!! Blatante moeilikheidmaker wat nie sy gelyke sal aanvat nie!

Niksnuuts ·

RASISME RASISME RASISME. Sjoe amper vergeet ek dis net witmense wat rasisties kan wees. Die arme wit outjie gaan seker aangekla word oordat hy die swart outjie laat voel het hy is minderwaardig. Hou maar dop, die storie waai oor in 3 ,2, 1……………. Donderdag voorspel hulle koue!

Johan ·

Onthou jy die keer toe die swart leerling die wit leerling in n rasse by die skool in Parys aangeval het?
Nee, maar ek onthou die rasse voorval by die KFC in Montana Pretoria.

Stella ·

Onderwysers mag nie meer leerders opvoed nie, slegs skool gee, ouers móét opgevoede leerders begin skooltoe stuur, maar daar is nie meer opvoeding tuis nie. Kinders word sonder selfrespek en wette groot gemaak dis hoekom dit oral gaan soos dit gaan in SA.

eleanor ·

Dit is skokkend – Solidariteit – kan julle seker maak die video maak die 8uur nuus. Kinders moet maniere by huis geleer word – die onderwyser is daar om klas te gee vir leerlinge nie om hulle maniere leer nie . let op – dit is tieners en nie voorskool seuntjies.
Ek is trots op die seun wat wegestap het – hy is goed gemanierd – dit vat n MAN om weg te loop maar n lafaard wat van agter af baklei en aanrand.
Se wat julle wil – my kinders kry pakslae indien nodig en ek vra nie onverskoning vir dit nie .- dit gebeur baie min – MAAR as my kinders hulle onmanierlik en wangedra – dan verdien hulle dat ek hulle behandel soos hulle hulle gedra – onmanierlik .

elizabeth ·

Dink ons moet laasweek se KFC Streetwise 4 en ekstra piece stuur om die kind te gaan help !!!

Alida ·

Skors die onopgevoede kind. Hy leer dit by die huis waar anders.

Bets ·

Tree asb dadelik op net soos dit sou wees as dit andersom was. Maak hieroor net so n groot bohaai! Die kind verdien n medalje om onder sulke uiterste provokasie nie sy vuiste te gebruik nie. Bravo!

Jannie ·

Kan ons maroela media mooi vra om die saak te ondersoek naamens ons almal sodat sekere mense kan sien dis nie net ons nie my niggie van engeland se daar word als weggesteek van ons ons is die kwaad maakers en hul die engeltjies baie dankie maroela wardeur

Chris ·

Tipies. Toe die een kind weg kyk gryp die ander hom. Lafaard sal nie tromp op aanval nie. Goeie geveg duur maksimum minder as 10 sekondes. Slaan eerste en op die regte plekke en siedaar oor en uit.

Johan ·

Omdat dit swart op wit is sit Meneer die DA met n mond vol tande en oog klappe op.

Penellope Jones ·

Uiteraard sal die video nie op enige ander media verskyn nie .. . . . . . . . . . . .

kollie ·

Lyk my elke skool-fight haal nou hoofnuus. Ek sou ‘n paar keer die hoofnuus gehaal het toe ek op skool was. LOL

Johann Marx ·

Nou gaan ten minste 20 mense hier skryf “As dit ‘n WIT kind was wat ‘n SWARTE geslaan het, was dit VOORBLAD nuus!!” Dan gaan nog ‘n klomp vir Afriforum, Solidariteit en Steve Hofmyer insleep en Gerrie aanpor om “stappe te neem”. Dan gaan nog ‘n klomp die juffrou uithaal, die skoolstelsel blameer, en die kinders se opvoeding uit mekaar trek. Dan gaan nog ‘n klomp bid vir die wederkoms. En nog ‘n klomp gaan vra “Maar wat van al die plaasmoorde?”. Dan gaan ‘n klomp karring oor die slagoffer status wat ons vir onsself beding het met ‘n 1990 referendum….en die JA stemmers sarkasties bedank. En dan, laaste maar nie die minste nie, die doemprofete wat alreeds besluit het hier gaan NIKS van kom nie. Julle is so voorspelbaar……..shame man.

Anti Johann Marx ·

Johann Marx – jy’s reg, ek wil dit alles sê. Jy’t ongelukkig net iets uitgelaat wat ek jou graag wil vra: 1. WAT as dit JOU kind was?

Johann Marx ·

Anti? Wat as dit my kind was? Wat aangerand het of aangerand is? As hy ‘n ander kind so sonder rede fisies aanrand, sou hy homself aan my moes verduidelik, en hy sou voor die hele skool die ander kind en sy ouers om verskoning vra vir sy vark maniere, en op ‘n manier verged daarvoor. Maar hy sal dit nie doen nie, want hy het selfbeheersing en ‘n opvoeding. As hy die een was wat so aangerand was? Dan sou hy sy houe gevat het soos ‘n man, homself so gou as moontlik uit die situasie verwyder het, en dan die situasie gaan uitsorteer waar daar NIE selfone en kameras is nie…….Swart belt in Goju Ryu. Die “aanrander” sal nooit weer waag om te doen wat hy gedoen het in daai klaskamer nie.

Louis Barkhuizen ·

Weereens n geval van waar sosiale media alles uit verband ruk. Onderwysers se hande is net so af gekap. Geen dissipline van studente af nie en geen respek nie. Dis twee seuns wat baklei, niemand is dood nie. 20 jaar trug was ons baie erger op skool en baie meer bloed het gevlooi en baie meer seuns het baklei. Nou raak dit so uit verband geruk oor mense wat dit sien.. word groot en bepaal julle self by julle eie lewens. Dinge gebeur en los dit vir die skool om dit met die betroke kinders en betroke ouers uit te sorteer.

Peanut ·

Louis jy mis die punt as die wit kind die swart kind geslaan het sou hy al in die hof verskyn het en gebrand merk wees as rasis, en daar sou oproer deur die volk gewees het. Ek hoop iemand maak n saak v rasisme sodat ons ook daai kaart begin speel

Sarie ·

Wou nog sê, dit is ons s ouers se plig om ons kinders te beskerm. Moenie dat die skoolraad julle monde snoer met sogenaamde “optrede” teen blou baadjie nie, volg die nodige stappe om te verseker alle boelies sal 2 keer dink. Hierdie was ñ rasse aanval, niks minder nie

Haans ·

Wel, tuisonderig. Kinders het nie meer daardie respek vir mekaar en onderwysers nie. My kinders doen tuisonderig, baie beter, veiliger

Haan ·

Tuisonderrig gaan die kinders ongelukkig net soveel kan leer as wat die ouer weet. Ek glo weer tuisonderrig weerhou die kinders van n gebalanseerde opvoeding.

Werner ·

Die doodskis sak het ook niks met ras te doen nie al die mense wat hierdie nou as so onskuldig probeer af maak is dieselfde wat altyd gal braak en rasisme skree as rolle omgeruil is

Johnnie ·

Sy vel is wit hy mag maar aangerand word so gaan dit maar in die res van hierdie verwronge land, daar sal niks van kom nie want ons blankes doen niks daar omtrent nie, ons is mos te christelik om iets te doen.

susan ·

Ook geboelie op skool in die 60’s met liniaal se skerp kant oor jou koue vingertjies geslaan. Met jou gesig in die hoek gestaan wanneer jy lelik geskryf het . Nare onderwysers het skoolgehou. Niks nuut.

Anna ·

Ons is van Parys en my seun ‘n leerling in hierdie skool. Hierdie voorval was tragies want dit gee heeltemal die verkeerde indruk van ‘n uitstekende skool. Hoërskool Parys kan dien as ‘n voorbeeld vir enige ander skool in ons land. Die hoof, Mnr van Zyl, ken elke leerling op sy voornaam en hy en die personeel gaan uit hulle pad om leerlinge te koester en op te lig, ongeag sy ras. Hulle werk regtig hard om rasse vrede te bou en hulle verrig wonderwerke in ‘n arm gemeenskap. Ons is hartseer oor hierdie voorval want nou word hierdie uitstekende skool onthou vir die verkeerde redes.

Ronnie ·

Anna, dankie dat jy die skool, skoolhoof en die personeel sò verdedig. Hulle het ons ondersteuning baie nodig.

T ·

Dis wat my so pla die ander seun probeer weg stap maar die ander een hou aan en aan, selfde met die Spur insident die ou het ook weg gestap maar daai vrou het net aanhou en aanhou uitlok dit is baie frustrerend as mense so is.

chrissie ·

As die rolle omgeruil was, was dit nou die GROOTSTE NUUS OOIT!!!!

Johanna Botha ·

Voorspelbaar of nie marx dit is in meeste gevalle reg !

HB ·

Die onderwyseres was moontlik buite die klas en toe die rumoer harder word het sy ingestap. Die artikel gaan in elk geval nie oor die onderwyseres nie maar twee seuns wat stry kry. Los die onderwyseres daaruit.

Bertus F ·

Vandat kinders nie meer getugtig mag word nie gaan dit so in al die skole..wit..grys en swart.

As die onderwyser intree, is hy of sy otomaties ʼn rasis of ʼn medepligtige.

Ek kry die onnies van vandag jammer. Sterkte vir julle.

GLO GLO GLO ·

Maroela Media,
Julle het nou al verduidelik dat julle die woord “glo” gebruik wanneer daar net beweer word…
Maar wanneer jy n VIDEO saam jou berig sit wat WYS dit waaroor julle berig – dan is dit mos feite. Die seun IS aangerand. Almal wat sie video kyk kan dir sien…. Die REDE is dalk nof onbekend , maar die gebeure is feite.
En kan julle nie dalk in die woordeboek soek na n SINONIEM vir “glo” nie. So n swak woord

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.