Video: Leeudoringstad-plaasmoord: Boer ter ruste gelê

Johan Janse van Rensburg. Foto: M&M Sekuriteit Noordwes Plaaspatrollie

Johan Janse van Rensburg. Foto: M&M Sekuriteit Noordwes Plaaspatrollie

Die gemeenskap van Leeudoringstad in Noordwes is in rou gedompel ná die moord op Johan Janse van Rensburg, ʼn bekende boer van die omgewing.

Janse van Rensburg is Vrydag ter ruste  gelê nadat hy voorverlede Saterdag op sy plaas Droëkraal doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig Janse van Rensburg, ʼn beesboer, en twee vermeende aanvallers, is tydens die aanval dood.

Drie mans het die middag omstreeks 14:00 twee werknemers, ʼn man en ʼn vrou, op Janse van Rensburg se plaas oorval en vasgebind. Hy het later by die werkers se huis opgedaag, waarna hy noodlottig gewond is. Die aanvallers het Janse van Rensburg se liggaam in sy bakkie gelaai en daarmee gevlug. Die werkers kon hulself loswikkel en het hulp ontbied. Boere van die plaaswagstelsel het die verdagtes agternagesit en voorgekeer, waarna ʼn oor-en-weer-skietery plaasgevind het. Twee van die rowers is op die toneel dood en Joseph Hala (24)  is in hegtenis geneem.

Hala (24) het Dinsdag vir die eerste keer in die dorp se rondgaande hof verskyn. Die saak is tot 4 November uitgestel vir verdere ondersoek. Hy sal dan ook na verwagting aansoek doen om borgtog.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.