[Video] Leeumannetjie val voertuig aan

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn leeumannetjie wat vandeesweek ʼn voertuig in die Kruger Wildtuin “aanval”, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

Mark Williams-Wynn (29) het aan Latest Sightings vertel hy was op die H12-roete naby Skukuza toe hy die voorval met sy selfoon afgeneem het.

“Daar was ʼn leeumannetjie en -wyfie in die middel van die pad en dit wou voorkom asof die mannetjie wou paar. Die leeuwyfie het egter geweier en heeltyd net gegrom,” het hy vertel.

Volgens Williams-Wynn het die leeumannetjie die stryd gewonne gegee en toe oorlog verklaar teen een van die voertuie.

“Dalk wou hy sy vroutjie beïndruk met sy bravade, of dalk wou hy net uiting gee aan sy frustrasies. Ek het gelukkig reeds die video begin neem, want dit het gelyk asof iets gaan gebeur. Toe, skielik, val hy die kar aan en draai toe terug na die leeuwyfie, amper asof hy wou sê: ‘Kyk hoe braaf is ek.’”

In die video wil dit voorkom asof die insittendes van die motor nié die skrik op die lyf gejaag is nie, maar Williams-Wynn sê dat hulle wel “redelik getraumatiseerd” was.

Williams-Wynn sê die leeu het ʼn tweede voertuig ook aangeval, maar hy kon dié voorval nie op video vasvang nie. Niemand is glo in die tweede voorval beseer nie.

Vir meer inligting en soortgelyke video’s, besoek Latest Sightings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

kat ·

Mooi man! Dit is wat leeumannetjies moet ons. Ons is in hulle habitat en nie hulle in ons s’n nie.

Ella ·

Dis nie die leeu se skuld nie. Kyk hoe naby is die voertuie aan die leeus. Niemand steur hulle aan enige reels nie, nie eens die amptenare in die wildtuin. Ek hoop nie iemand besluit die leeu mort vakant gemaak word. Motoriste is eintlik n gevaar vir die wild. Ken joumaniete in n wildtuin!

Jan Fredirik ·

So stouterd, Almal wil mos net leeus sien vergeet res van die wonderlike skepping

Denise ·

Hoekom wil die mense so tydsaam wees kyk en ry soos kat se dit is die leeus se plek en die mense moet respek he vir die wilde diere !!!!

Alta Forster ·

Hoekom is die mens so stupid? As daar nou ernstige beserings was dan maak hulle die leeu dood. Ai sal die mensdom net nooit verstaan nie

A ·

Reg so. Die diere weet al wat se nare spesie die mens is. Lyk nie vir my of die leeus in die middel van die pad was nie. Waarom stop die klomp, hulle behoort mos te weet die leeus gaan nie vir hulle ‘n welkom partytjie hou nie?

E.K. die eerste ·

Kyk ek sal my NET so vererg as ek private dinge wil doen en hier staan ‘n spul karre, party sekerlik nog met engines wat aan is en raas om my. Die frustrasie van die arme diere en hul kan NIKS doen nie. Kyk die klomp wildkykers in jeep wat seker saam met wildbewaarder of iemand met “kennis” is, NET so lastig. Jinne tog die arme goed…

Tigergirl ·

Fine die besoekers wat die diere so pla! Sodra hulle aanval moet hulle van kant gemaak word?!

Kaaiman ·

Ja-nee, hierdie kan beswaarlik ‘n “aanval” genoem word!

suzette mcdonald ·

ag ja. hier is nou ‘n paar mense wat nog nie in die wildtuin was nie. wat ‘n belewenis as jy ‘n leeu sien. deesdae is dit net so groot om ‘n renoster te sien. gaan bietjie wildtuin toe julle ou kla kouse. dis heerlik en mens ry rond om alle diere te sien. dit was beslis nie ‘n aanval van die leeu nie, as hy regtig wou aanval was daardie venster stukkend. hy is maar net gefrustreerd met die wyfie, en daar is dan nuuskierige mense ook naby wat haar aandag aftrek. gaan en geiniet die wildtuin. as mens sulke leeus in die pad sien, staan jy en kyk. nee, jy ry nie verby nie. hulle is nie vasgemaak nie, so, jy moet soek vir diere.

Landi ·

Ag nee man dis beslis nie n aanval nie…ten eerste het hy verwerp gevoel en wou seker maar vir die oulike wyfie wys hoe braaf hy is….lol…te oulik. Die karre staan in elk geval so op mekaar en die diere is so toegepak, ek sou sommer meer karre n lekker klap gegee het. Ja as iemand seergekry het was die leeu weer uitgesit, gelukkig het niks gebeur nie

E.K. die eerste ·

Ek was al paar maal in wildtuin en sekerlik almal wat hier kommentaar lewer. Dis reg, mens stop om diere te bekyk maar let op aan die einde hoe tek almal behoorlik “laer” om die diere. Is dit dan nou reg? Die ding is hoe mense optree dis uitoepe en aanganery en omdraai en enjins wat raas – onnodig en klaar. Daa is amniere wat mens die natuur kan respekteer en steeds jouself ook geniet. Nee wat, om te sê hulle is vry – ja maar net tot die mate van drade ne!

Wild-kyker ·

@ E.K die eerste.
Ons self het groot geword in die wildtuin van kindertyd af. En is baie mooi geleer om stil te bly en sit as ons diere kyk.
Nommer 1. Want my ma neem af met die video kamera
Nommer 2. Raas maak die diere skik en paniekerig.
Ek het in n boek wurm ontaard want ons sou ure sit en kyk na leeus.
Soms as ons alleen was kon dit tot en met 6-8 ure wees. Dit sonder dat die diere bedreig was.
Hoekom solank? Want dit is ons passie.
Ek kan onthou my pa het eendag n man met n koekieseep gegooi oor hy uit die kar uit geklim het by n trop leeus.
Ons as mense moet net leer om nie soos mal goed tekere te gaan nie. Nie net is dit steurend vir die diere nie maar ook vir die ander mense wat ook geld betaal om die diere te kom kyk.
1. Sit Stil
2. Bly stil
3. Moenie die diere tart nie
4. As jy sien die dier raak om-ge-ellie probeer uit die pad kom.
Respekteer die natuur en dit om jou.
Daai besoeker kan baie bly wees die leeu het net getik
Ons het al gesien hoe n leeu n venster kraak met een kap.
Dit is nie jou speel maaitjie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.