Video lei tot man se inhegtenisneming

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Vermeende geweldsmisdadiger is in hegtenis geneem nadat ʼn video van hom wat met pakke kontant spog wyd op sosiale media versprei is.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het in ʼn verklaring gesê Sammy Morake Morote, ook bekend as “Team Volt SA”, is gister om middernag deur die SAPD by sy huis in Atteridgeville in Pretoria vasgetrek. Daar is tydens sy inhegtenisneming op ʼn pistool en ʼn Mercedes Benz-motor beslag gelê.

“Dit kom nadat ʼn video van [Morote] op sosiale media versprei is waarin hy ʼn geweer by hom het en met kontant spog,” het Mbalula gesê. Die minister het die video van Morote ook op sy Twitter-profiel gedeel.

Volgens Mbalula het Morote 12 verskillende aanklagte teen hom, onder meer vir moord, kaping en roof. Verskeie aanklagte teen hom is al in die verlede teruggetrek. Morote het Dinsdag in die hof verskyn waar sy borgtogaansoek geweier is.

“Ons sal voortgaan om misdadigers te jag en uit hul wegkruipplekke te rook. Hulle tyd is nou verstreke; ons kan nie langer toekyk hoe hulle ons gemeenskappe terroriseer nie,” het Mbalula gesê. “My boodskap aan alle misdadigers is dat ons kom vir jou. Ons mense kan nie langer in vrees lewe nie.”

Mbalula het gesê die polisie is tans hard aan die werk om nog inhegtenisnemings te maak in verband met die sake waarby Morote betrokke is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

LoL ·

Sjoe dis baie geld plas hy dit in n bank gaan bere het dan hoef hy nie heeltyd met sy geweer rond te loop nie…….

Jacques Venter ·

Mooi Fikile ons is trots op jou. Jy is soveel beter as jou voorganger

Ashlee ·

Wat Fikile bedoel, ” our black comrades live in fear, de hel with the boers”

·

As hy hom nie self weg gegee het nie, Sou hulle hom dalk nie kom vang nie?

Karma ·

Oom Fikile – soos daai spotprent van Jerm sêg, gaan jy nie sommermaar net by Luthuli House begin as jy die kriminele wil beginne jaag nie?

Oor dié stupid ou – “Stupid gets as Stupid does”. En ek meen hy lag vir die Polieste, want “since when” is dit ‘n misdaad om klomp geld by jou kontant te hou en ‘n ghrênd Merc te hê? Al het die ou 12 verskillende klagtes teen hom, sy skuld moet nog bewys word! Hoe sêg hulle: “Innocent until proven guilty” of wat nou weer?

Protes ·

As die ou nie so dom soos grond was nie sou die polisie hom nie gevang het nie en fikile spog net omdat hy van die aandag hou pleks stel hy vir hom n agent aan om sy beeld te poets

willie ·

Wonder of die geld nie van CIT roof afkomstig is nie. Hulle kyk of ondersoek nie eers daarna nie. Ek het n week terug afgestaan by so CIT insident en so voertuig was betrokke by daai insident……..

Helen ·

Ek het onmiddlik gedink dis een van hulle wat daarby betrokke was? Maar as jy mooi lees se hulle daar sal nog arrestasies plaasvind wat met hom betrokke is! Hulle wil dalk net ni te veel uitbrei nie? Maar kom ons kyk dis beslis hulle!!!

Lientjie ·

Hy sal borg kry en dan begin die sirkel van misdaad weer van vooraf!

anton ·

Ek sê nog altyd die wat sulke duur karre ry is a.g.v misdaad of hulle werk vir die staat!!!
En ek is nie verkeerd nie.

Kowa ·

Team Volt SA”, is om gister om middernag deur die SAPD by sy huis in Atteridgeville in Pretoria vasgetrek.

is OM gister om middernag……… Eerste om moet seker nie daar wees nie, dink nie mens kan om gister in hegtenis geneem word nie.

Alet ·

En ek sê nog altyd dit is te lekker in die tronk. Hulle is tot die dood verveeld van niks doen. Daarom word misdaad net meer. die tronk is nie meer ‘n afskrik middel of ‘n skande nie. Soos iemand vroeër gesê het die week, ketting hulle vas aan ‘n pantser voertuig wat swaar gewapen is, en laat hulle ons stukkende paaie en strate regmaak. Máák hulle wérk dat hulle hop! En hoe beter hulle werk, hoe beter is die kos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.