Video: Liedjie moedig mense aan om plase af te brand

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die musiekvideo van ʼn nuwe liedjie deur die kunstenaar, Dookoom word Sondag vrygestel waarin hy baie erge kru taal gebruik en sy luisteraars aanmoedig om plase af te brand.

Dookoom se kletsrymlied, “Larney jou p***”, begin met die volgende lirieke:

Farmer Abrahams had many farms,
and many farms had farmer Abrahams,
I work one of them and so would you,
So let’s go burn ‘em down.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het aan Maroela Media gesê alhoewel vryheid van spraak een van die steunpilare van demokrasie is, is daar in Suid-Afrika beperkings op hierdie reg, aangesien rassekonflik en maatskaplike kohesie nog nie in die land gevestig is nie. “Die reg tot vryheid van uitdrukking kan nie oorlog propageer, haatspraak bevat of geweld aanhits nie,” het Roets gesê.

Dookoom verwys in die lied ook na Jan van Riebeeck as ʼn “skollie” wat saam met ʼn “veroordeelde bemanning” in die land aangekom het.

Roets sê die kunstenaar het uiteraard die reg om sy woede oor politieke kwessies deur sy musiek uit te druk. “Hy het selfs die reg om homself te verneder deur ʼn reeks growwe onwaarhede oor ons verlede te verkondig, maar die feit van die saak is die lied is ʼn oortreding van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie en sy uitlatings word nie deur die grondwet beskerm nie,” het hy bygevoeg.

“Terwyl hierdie persoon geld probeer maak deur populisme, word ʼn buitensporige hoeveelheid boere inderdaad vermoor en gemartel, soos wat die Menseregtekommissie tans in hul verhoor oor plaasmoorde aangehoor het,” het Roets gesê. “AfriForum beplan om stappe te doen teen die sogenaamde ‘kunstenaar’.”

Roets het bygevoeg hy hoop die bruin gemeenskap sal ook standpunt inneem om die persepsie, dat een individu namens ʼn groep mense kan praat, te voorkom.

WAARSKUWING: Teen die tyd wat Maroela Media hierdie video oplaai, is dit nog slegs ‘n klankgreep van die video. Die video gaan op 12 Oktober 2014 deur die loop van die dag beskikbaar gemaak word en hierdie skakel bevat moontlik dan die volledige musiekvideo. Maroela Media het reeds die volledige lirieke onder oë gehad en kan bevestig dit is uiters kru en kan sensitiewe luisteraars en kinders ontstel.

http://youtu.be/nTfT3DsT6aU

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Elizabeth ·

Ag tog mense moet dit asb nie kyk nie – anders dink hy net hy is ‘n wenner as so baie mense na sy gemors kyk. Ignoreer hom – hy wys maar net sy “klas” en opvoeding (as daar so-iets ter sprake is) en verdien nie eers ‘n oogknip nie. In sy geval behoort die woord “kunstenaar” ook nie eers gebruik te word want dit is hy klaarblyklik NIE.

Dave ·

Ek hou van wat jy sê Elizabeth en ondersteun jou 99½%. Waarom diskrediteer ek jou met ½% vra jy? Omdat ek die woord ‘klaarblyklik’ met ‘ooglopend’ sou vervang. Dankie Elize, ek lief jou skrywe en ek hèt nie op die gemors gekliek nie.

Estelle ·

Definitief beter dinge om te doen as om na die nikswerd se geen-klas video te kyk! Sit ‘n motorband om hom en steek aan die brand!

Estelle ·

dit kan mos nooit toegelaat word nie!!
Hoe stop mens dit!!

Jasper ·

Dit wat hierdie eenbreinsellige gemors verkondig gaan kom. Dit is net n bewys dat van 1652 af, alle pogings om sy soort op te hef n mislukking en groot fout was. Boere moet eensgesind en paraat wees.

Suzette ·

Nee ek het ook nie op die gemors “geklik” nie. Jasper ek verskil, die gemors wat so ding uitgee het nie eers een breinsel nie. Daar is net slym en gemors waar die een breinsel moet wees. Eintlik is slym en gemors nog te ordentlik, leeg man leeg, tussen die ore. Ek stem nogal saam met Elizabeth moenie eers daarna probeer kyk nie, dis wat die idioot wil hê. Ek wonder of die dol leë brein nie besef hy dui maar net duidelik aan wie en wat hy werklik is nie. Buiten ‘n verskriklike gebrekkige woordeskat – niks tussen die ore nie. Behandel dit met die minagting wat dit verdien.

grassie ·

Baie mense, veral wit liberales, skop ‘n hewige kabaal op as iemand dit net waag om Die Stem te sing maar ek is seker hulle gaan swyg soos die graf oor hierdie vieslike, rassistiese lied. Ek wonder of Kyknet nou oor hierdie satanslied ook ‘n debat gaan voer soos hulle oor Die Stem gedoen het. Ek glo nie.

BulleEye ·

Nee, heel waarskynlik nie, want dit sal mos nie “polities korrek” wees nie …netnou neem iemand aanstoot ….

Hettie Lotz ·

Ek is tot in my siel geskok oor die bissarre artikel. Grassie ek stem saam daar sal weer n klomp wit idiote wees wat sal s daar is niks fout nie. Mense ons kan mos nie toelaat dat so n ding uigesaai word nie. Is daar nou wragtig nie al genoeg plase afgebrand en mense doodgemaak nie.
Hierdie ding gaan nou soos n veldbrand versprei letterlik en figuurlik.
Steve waar is jy neuk die klomp robbies op en laat ons volk bymekaarkom en ons Volkslied sing.
Ek het destyds gedink die polieskarre was erg maar hierdie onopgevoede babare vat die koek.

UT Mijnhardt ·

Hettie ,.” Is daar nou wragtig nie al genoeg plase afgebrand en mense doodgemaak nie.” Sou God jou/julle vraag antwoord hiermee ?Jesaja 1:4 ” Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai. 1:5 Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank. 1:6 Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie. 1:7 Julle land is ‘n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ‘n wildernis soos by ‘n omkering deur vreemdes.
1:8 En die dogter van Sion het oorgebly soos ‘n skermpie in ‘n wingerd, soos ‘n slaapplekkie in ‘n komkommertuin, soos ‘n beleërde stad. 1:9 As die HERE van die leërskare vir ons nie ‘n klein oorblyfsel oorgelaat het nie—soos Sodom sou ons geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het.”

Totdat ons tot bekering kom gaan ons nog na heelwat hiervan moet luister As die’ nie geplaas word nie . Eina

G Eloff ·

Hettie ,wat betref jou vraag/stelling oor die plase was my inset of TE Bybels of te swaar , en is toe gebom , gaan lees self Jesaja 1:1tot 10 . Kyk of jy ons identifiseer . Intussen gaan ons nog lank na sulke “treffers” moet luister . Of ons Rock ‘n’ Roll saam of ons bekeer ons , Ons sing saam die Stem en so aan maar ook die Rugby en dronk drink liedjies . I Konings_18:21 ” En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie. ” Jip , dets as

Hettie Lotz ·

Julle kan die vieslike taal pupliseer maar ek mag nie

Elizabeth ·

Hettie – ons is nie barbaars so laat hulle maar hul kleure wys met sulke taal, ons moet nie afgaan na hulle vlak om dit ook te doen nie!

S Tredoux ·

Ons kan slegs uit die pot spring as ons uit die boks kan uit dink ne’ Ons is lou – so, die water is nog oraait .(aanvaarbaar)

Frik Lotz ·

Steve Hofmeyr word veroordeel oor hy die Stem sing,maar hierdie persoon mag maar sing dat plase afgebrand moet word! Hoe werk dit? Hierdie land is regtig op die afdraande pad na n afgrond. Ag nee,magtig man! Genoeg is GENOEG!

Waggies Wagner ·

Walglik sonder Grense!!!
Dat jy so laag kan daal en agter blêr jou innerlike verrotte karkas probeer verskans is gelukkig vir my onbegryplik! En wie is bereid om die gemors CD’s te druk en versprei???

AdrianaStuijt ·

Ek stem saam met Afriforum se kommentaar dat die publikasie van hierdie lied definitiewe haatspraak is wat veral geprofileer word in die taalgebruik van die jong Weskaapse kleurling-plaaswerkers. Dit is geen toeval nie dat hierdie Kaapse kleurlingsanger sing: “Lets go burn down farms of farmer Abrahams’ … Dit is perfek gekoördineer met die oproepe deur Tony Ehrenreich die Weskaapse sekretaris van die Cosatu vakbondbeweging, wat gedreig het dat ‘plase op ‘n groot skaal beset gaan word’ en dat sy ‘oorlog vir geregtigheid’ sal begin indien die boere nie ophou om werkers van hul plase weg te jaag nie. Ehrenreich het nie voorbeelde genoem van sulke insidente nie. Bowendien was die haatspraak-liedjie gepubliseer net ‘n paar weke nadat die Menseregtekommissie getuienis aangehoor het oor hoe baie boere gemartel en vermoor word op hul plase. Dit was juis Afriforum se segsman or gemeenskapsveiligheid Ian Cameron wat gewaarsku het dat “Ehrenreich spanning opsweep tussen die boere en hul werknemers deur geweld op die plase aan te moedig.Cameron het gewaarsku dat boere nou betrokke moet raak in the gemeenskapsveiligheidnetwerke om die oornames van plase te voorkom omdat ‘hierdie regering nie die politieke wil het om boere of hul plase te beskerm nie.’ ” Cameron het ook gewaarsku dat SA in ‘hongersnood sal verval sonder plaasboere. “Selfs meneer Ehrenreich kry sy kos van boere terwyl hy hulle nou profileer as sy ‘vyande.’ Gepos op Afriforum: https://www.afriforum.co.za/afriforum-says-western-cape-farmers-protect-farms-large-scale/

Koos Venter ·

Ek kon nog nie agterkom dat diegene wat so vinnig vir Steve Hofmeyr ingevlieg het oor die sing van Die Stem, ook hier hul insette lewer nie. Zelda la Grange, Adriaan Basson, Elma Smit, en hul vriende moes al standpunt oor hierdie gemors ingeneem het. Ons het ‘n Volkslied wat gebore is uit ‘n regering van nasionale eenheid (Nkosi Sikekele i Afrika) en ‘n gedeelte van Die Stem vorm deel daarvan, en nog steeds is Steve afgeskiet omdat hy dit durf waag het om die Stem in sy geheel te sing. En nou? Zelda, Adriaan en kie behoort hul koppe in skaamte te laat sak. Hierdie banaliteit en walglikheid van Dookom is siek en die “meningsvormers” swyg. Hulle is seker nou net te besig om Die Puk se gal te werk of na foto’s te kyk van studente wat hul gesigte swartgesmeer het. Dit verg mos eerder hul aandag…

P Hinde ·

Aan wie behoort die opname ateljee ? Moet nie net vir die marionette kwaad wees nie .

Monique ·

Dit is hier waar mense moet begin bid. Die tye raak swaarder. Niks word meer reg bedryf in ons land nie, waar het jy ooit gehoor van Eskom wat die krag se tariewe jaarliks verhoog, of petrol se prys wat aanhoudend opgaan, water wat vuil en nie-drinkbaar is nie. Maar hulle kan geld mors op allerhande gemors. Hoeveel honger mense kon hulle al voed met die geld wat hulle uitgee? Hulle kan niks “manage” nie. Dink mooi daaraan, wie het geweld begin in die mynbedryf en talle onskuldige mense se lewens geëis? As hulle wil hê, sal hulle vat al kos dit geweld en mense se lewens. Daar word niks maar niks gedoen aan plaasaanvalle nie. Hoekom moet hulle enigsins omgee, dis wit mense. Hulle kan nie gou genoeg van die wit mense onslae raak nie. Hulle wil ons lewe hel maak. Ek sê die wit mense moet begin saamstaan.

Dreas ·

Ek was onder die indruk dat dit ‘n misdaad is om iemand aan te hits om ‘n misdaad te pleeg, maar in hierdie jaar alleen het Malema en nou ook hierdie publieke figuur dit oop en bloot gedoen. Dit is tyd dat die leiers van ons land hul openlik en aktief teen geweld uitspreek en met woord en daad iets aan geweldenaars doen om dit stop te sit. Ek voel dat as ‘n persoon kies om die wette van die land blatant te oortree, daardie persoon ook gewilliglik al die regte wat die land bied verbeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.