Video: Lof ná kapingsdrama by skool

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Beeldmateriaal van ‘n ma wat voor haar seun se skool gekaap word, wys ook hoe twee brawe motoriste haar probeer help.

Die video is deur Enforce Security Services op Facebook gelaai. Volgens die maatskappy het die voorval Maandag plaasgevind. Die video wys hoe ‘n ma met haar motor voor die skool in Kloof in Durban, KwaZulu-Natal stilhou. Sy klim uit en loop saam met haar seuntjie na die skool.

Drie mans loop in die parkeerarea verby en wanneer sy na haar motor terugkeer, dreig die mans haar met ‘n vuurwapen en vat haar motorsleutels.

Twee ander motoriste sien wat gebeur en probeer die ma help. Die kapers skrik die motoriste af deur vuurwapens op hulle te rig. Die ma klim in die motor by een van die motoriste terwyl die ander motoris die kapers agternasit.

Volgens inligting op die Facebook-blad is die ma uitgeken as Susan West. Die vrou wat haar oplaai, is Michelle MacInnes terwyl Nigel Booth uitgeken is as die ander motoris wat die kapers agternagesit het. Volgens Enforce Security Services is die motor later teruggevind.

http://youtu.be/F8GcUQO4-jY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Dis so lekker om sulke goeie nuus te lees. Dis so goed dat mense mekaar nog help en omgee vir mekaar.

linda ·

Wil net se dat daar meer mense soos hulle moet wees. As ons almal opstaan tEen die ongeregtigheid wat mense aan ander mense doen en die skurke wees dat ons nie sal gaan le nie.

Boshoff ·

Mooi so vrou’tjies! As daar darem meer mans soos julle was.

Rosemary Walker ·

This is scary, thank God the child didn’t have to witness this. As much as I miss the kids, I’m glad they now stay in Cape Town. Calvin used to go to that very same Pre-School.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.