[Video] Luukse begraafplaas in Gauteng ontwikkel

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Munisipale begraafplase is dikwels onveilig en onversorg. ‘n Gautengse onderneming bied nou ‘n luukse alternatief, maar dit gaan jou ‘n hele paar rand kos.

Die insetsel is deur eNuus Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

EMK ·

Alles belaglik. As jy dood is is jy dood. Jou siel verlaat jou liggaam lank nog voor jy in die graf is so absolute geldmors. Verassing is die heel beste, skoon en neem nie plek op, grafstene kan nie verniel word, niks van sulke goed nie…

AmY ·

Ek gee nie om wat met my liggam gebeur na my dood nie. Die graf is nie waar ek die ewigheid gaan spandeer nie. Ek verkies natuurlik verassing.

Johann Marx ·

Geen graf vir my nie, en ook nie verassing nie. Gaan gooi my lyk in ‘n rivier of in die wildtuin sodat ek nog een laaste keer ‘n maaltyd kan wees vir ‘n roofdier of ‘n aasvoël. Ek’s lekker vet, lae cholesterol…met GEEN gifstowwe in my skelet nie.

Leeutjie ·

Johann, ons kan so voel maar ons familie gaan dit nie aan ons doen nie.! Al wens ons wat, vir ons geliefdes is ons kosbaar en gaan ons geeer word! Ek kan jou verseker, jy gaan nie krokodilkos word nie! Hahaha

Johan 2 ·

Johan ek voel ook so, dink net hoe bly gaan die aasvoëls wees…sal v hul bietjie vet aansit ook.

Caren ·

Ek gee nie om vir ‘n nuwe begrafplaas nie, solank ” die dooies buite die stad se mure begrawe word” soos die Bybel ons leer! Persoonlik hou ek nie van verassing nie, voel net nie reg as die lykswa wegry en almal staar dit agterna nie!

Jaco Grobler ·

Dis ‘n LYKSwa Carin, as daar nie ‘n LYK is nie is daar geen nodigheid daarvoor nie, koek en tee en daar gaat jy! ‘n Duur begrafnis en maandelikse ‘huur’ en beslommernis vir my gesin wat agterbly. Nee dankie.

Cum Laude ·

Vrekkerige storie eintlik. Ek hoor die mense sterf om daar uit te kom. Koop jou gat nou en sien hom later!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.