Video: Ma se roerende pleidooi ná dogter verdwyn

Siam Lee. Foto: Via Facebook

Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na Siam Lee, ʼn 20-jarige vrou van Durban-Noord wat verlede week onder verdagte omstandighede verdwyn het.

Sue Foster, ʼn jarelange familievriend van Siam se ma, Carmen Lee, het Maandag aan Maroela Media gesê hulle is rasend van bekommernis en vermoed Siam is ontvoer.

Siam is Donderdag omstreeks 15:00 vir die laaste keer gesien toe sy haar werkplek in Margaret Maytom-laan in Durban-Noord verlaat het. “Volgens kringtelevisiebeeldmateriaal wil dit voorkom of sy deur die bestuurder van ʼn swart Mercedes Vito met ʼn Gauteng-nommerplaat ontvoer is,” het Foster gesê.

Siam het ʼn roomkleure moulose katoenrok aangehad toe sy vir die laaste keer gesien is. Sy het donkerbruin krulhare en groen oë. Sy is 1,71 m lank en weeg ongeveer 55 kg. Volgens Foster is Siam Carmen se enigste kind. Haar pa is oorlede.

“Sy het ʼn pragtige en opgewekte geaardheid. Ons hoop ons spoor haar vinnig en ongedeerd op.”

Foster en Carmen het met die hulp van die Mobi-Claw-nooddiensnetwerk ʼn roerende video gemaak waarin hulle ʼn beroep doen op enigiemand wat weet waar Siam is om na vore te kom.

“Bring asseblief my dogter huis toe. As sy vir enige rede nie ontvoer is nie, weet ek sy sou tuis gewees het, so ek kan net die ergste verwag,” sê Carmen in die video.

ʼn Polisiebeampte het aan die plaaslike gemeenskapskoerant, North Glen News, gesê Siam se skoene is op die toneel gevind waar sy vir die laaste keer gesien is.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media bevestig die Durban-Noord-polisie ondersoek ʼn saak van ʼn vermiste persoon.

“Ons versoek enigiemand wat inligting het wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan om ao. Pillay op 073 789 9047 of 031 560 8004 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel,” het hy gesê.

Die Pink Ladies is ook by soektog betrokke. Bel die organisasie by 072 214 7439, 083 378 4882 of 072 620 7704.

Missing Person Siam Lee

MISSING PERSON – SIAM LEE#MC911, #Mobi-Claw911, #MissingPerson, #SiamLeeAn emotional story, please watch and share. Follow our page for updates.Please note that the SAPS number in the video is missing a digit, the number is 0315608000YOUR GATEWAY TO EMERGENCY SERVICES ACROSS SOUTH AFRICA.South African Police ServiceSA-People – for South Africans in South Africa and expatsMissing Minors The Pink Ladies Organization – Ngo 2007eNCAnewsNews24.comCarteblanche

Posted by Mobi-Claw911 on Sunday, January 7, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wenner ·

As mens die video kyk, sien jy die rou smart van n ma. Dis haar kind, haar vlees en bloed wat weg is! Dit kan met enige ouer gebeur! Ek is sooo jammer vir haar en haar dogter!!

Riaan ·

Dis duidelik dat die meisien ontvoer is. Sy is pragtig. Ai, ek hoop hulle vind haar gou. Sterkte aan die familie

Mari ·

Ek hoop regtig dat hulle haar sal vind en aan haar familie veilig terugbesorg sal word. Ek kan net nie verstaan dat hulle nie die kringtelevisiebeeldmateriaal wil publik maak sodat die gemeenskap dalk die ontvoerder kan uitken nie…

PJC ·

As ń mens deesdae jonk, vroulik en mooi is moet jy baie mooi opgepas word want niks in hierdie land is meer normaal nie.

Drikus ·

Goeie punt wat jy maak, Mari. Laai die kringtelevisie opname af, en wys dit op MM en ander media. Miskien herken iemand die man of die motor.

fanie ·

Hoe moet n mens dit regkry om nie gereg in eie hande te neem nie genoeg is al lankal genoeg daardie onskuldige mense verdien mos nie dit nie n mens is skoon sprakeloos as jy sulke dinge hoor. Ek wil net hiermee alle sterkte aan famielie toewens Mag die skuldiges spoedig gevang word en sy ongedeerd gevind word en daar n voorbeeld van die skuldiges gemaak word

Gesiggie ·

Ons Bid saam die Ma… en Glo dat Siam Lee veilig terug sal kom en dat niemand haar enige skade sal aandoen…. Ek kan myself net indink wat hierdie Ma moet deurmaak…. sy is so n pragtigge meisie… kom ons hoop vir goeie nuus binnekort.. met die hulp van Pink Ladys vertrou ek dat sy spoedig opgespoor sal word…. Sterkte aan Carmen Lee… moet nie moed verloor .. God se Engele sal oor haar waak…

Martre ·

Hoop sy word gou gevind…Mense, wees versigtig, mensehandel is real en in SA baie sterk.

LB S ·

Ek dink dit is ‘n ouer se grootste nagmerrie, as jy nie weet waar jou kind is of wat van hom/haar geword het nie, dit is om ‘n dubbele dood te tref! Dit hou ook nooit op nie…. jy sal altyd wonder..

Drikus ·

Maroela Media, is daar al verdere nuus oor die tragiese voorval?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.