Video: Ma soek berusting ná Centurion-seun se dood

Anita by haar seun, Ruan Viljoen.

ʼn Ma wie se seun in ʼn tref-en-trap-voorval dood is, is moedeloos omdat die hofsaak vandeesweek vir ʼn vyfde keer uitgestel is.

Siphiwe Mahlaba (29) wat aangekla word in verband met die dood van Ruan Viljoen het Woensdag in die landdroshof in Pretoria verskyn. eNuus berig die saak van strafbare manslag teen Mahlaba is uitgestel sodat sy regspan kan voorberei vir die verhoor wat op 6 Februarie sal begin. Mahlaba is nie in aanhouding nie en is gewaarsku om die verhoor by te woon.

Viljoen (18 ten tyde van sy dood), wat in 2016 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria matriek behaal het, se liggaam is in Maart verlede jaar in die vroeë oggendure ʼn paar honderd meter van sy motor langs die N14-snelweg gevind.

Anita Greyvenstein, Viljoen se ma, het voorheen aan Maroela Media vertel haar seun het vermoedelik beheer oor sy motor verloor waarna die motor oor die middelman en die teenoorgestelde bane gery het voordat dit aan die ander kant van die pad teen ʼn boom tot stilstand gekom het. Viljoen was in staat om uit die motor te klim en het sy selfoon gevat, die motor gesluit en was vermoedelik op pad na ʼn nabygeleë vulstasie om sy ouers te bel toe hy deur ʼn motor doodgery is.

Greyvenstein was Woensdag in trane by Mahlaba se hofverskyning. “Ek het gehoop vandag sou die verdagte pleit, maar dit het weer nie gebeur nie. Ek voel ons kry nie afsluiting oor my kind se dood nie. Elke keer word die wonde net weer oopgekrap. Dit maak my moeg,” het sy gesê.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
IK

Wanneer die eintlike ondersoekspan wat verantwoordelik is vir die speurwerk jou jammerlik faal met iets in jou lewe wat deel is van jou alles en menswees dan raak jyself betrokke in ‘n gestoei vir geregtigheid wat jou dan ook ‘n klomp geld gaan kos. So-iets is ook nie tydgebonde. Is ek verkeerd dat die verdediging ook onnodig vir tyd speel? Daar is/was ook goed in my lewe wat jy lus is om dit maar op die ou einde maar net te los en daarvan te (probeer) vergeet. Hierdie is egter ‘n aangeleentheid wat gepaardgaan met o.a. LIEFDE oneindig. Sterkte aan… Lees meer »

My hart bloei

Wat kan mens vir hierdie Mamma sê?
Ai vrou, jou hart is stukkend. Uit jou boeskas geruk en vertrap.
Ek kan jou pyn nie indink nie….ek WIL nie.
Maak jou hart oop vir Jesus se troos♡

Johan H.

Vir die ouers moet geld ingesamel word sodat sy die polisie kan ry tot in die kallerhok want hulle het nie hul werk gedoen nie. Wil nie se dit het oor kleur gegaan nie.

Erika

Hierdie is die ergste wat enige ouer kan deurmaak. My kind is op 1 Februarie die jaar ook dood in n ongeluk. Die man het letterlik gestop gekyk en weggejaag. Daar was meer as genoeg bewyse en verklarings gegee. En tot op hede het niks gebeur nie. Ons as ouers word so gefaal deur die regstelsel. Ons sal nooit closure he nie. En ons wil he geregtigheid moet geskied. Ons kind het die reg daartoe. Hopenlik sal NVG ons kan help?

Marietjie

My innige meegevoel met jul seun se afsterwe. Baie sterkte met die hofsaak – ek is ‘n paar jaar gelede gekaap in Pretoria, die hofsaak is 17 keer uitgestel en nou nog nie klaar nie. Elke keer ry ek 850 km vir niks. Die een beskuldigde is deur die polisie raakgeskiet, die ander 2 is ingehardloop en gevang ‘n klein entjie van die toneel af. Die fout lê by die hof, in my geval was Silverton polisie PUIK!