Video: Ma soek berusting ná Centurion-seun se dood

Anita by haar seun, Ruan Viljoen.

ʼn Ma wie se seun in ʼn tref-en-trap-voorval dood is, is moedeloos omdat die hofsaak vandeesweek vir ʼn vyfde keer uitgestel is.

Siphiwe Mahlaba (29) wat aangekla word in verband met die dood van Ruan Viljoen het Woensdag in die landdroshof in Pretoria verskyn. eNuus berig die saak van strafbare manslag teen Mahlaba is uitgestel sodat sy regspan kan voorberei vir die verhoor wat op 6 Februarie sal begin. Mahlaba is nie in aanhouding nie en is gewaarsku om die verhoor by te woon.

Viljoen (18 ten tyde van sy dood), wat in 2016 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria matriek behaal het, se liggaam is in Maart verlede jaar in die vroeë oggendure ʼn paar honderd meter van sy motor langs die N14-snelweg gevind.

Anita Greyvenstein, Viljoen se ma, het voorheen aan Maroela Media vertel haar seun het vermoedelik beheer oor sy motor verloor waarna die motor oor die middelman en die teenoorgestelde bane gery het voordat dit aan die ander kant van die pad teen ʼn boom tot stilstand gekom het. Viljoen was in staat om uit die motor te klim en het sy selfoon gevat, die motor gesluit en was vermoedelik op pad na ʼn nabygeleë vulstasie om sy ouers te bel toe hy deur ʼn motor doodgery is.

Greyvenstein was Woensdag in trane by Mahlaba se hofverskyning. “Ek het gehoop vandag sou die verdagte pleit, maar dit het weer nie gebeur nie. Ek voel ons kry nie afsluiting oor my kind se dood nie. Elke keer word die wonde net weer oopgekrap. Dit maak my moeg,” het sy gesê.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

IK ·

Wanneer die eintlike ondersoekspan wat verantwoordelik is vir die speurwerk jou jammerlik faal met iets in jou lewe wat deel is van jou alles en menswees dan raak jyself betrokke in ‘n gestoei vir geregtigheid wat jou dan ook ‘n klomp geld gaan kos. So-iets is ook nie tydgebonde. Is ek verkeerd dat die verdediging ook onnodig vir tyd speel? Daar is/was ook goed in my lewe wat jy lus is om dit maar op die ou einde maar net te los en daarvan te (probeer) vergeet. Hierdie is egter ‘n aangeleentheid wat gepaardgaan met o.a. LIEFDE oneindig. Sterkte aan die ouers en naastes van Ruan.

My hart bloei ·

Wat kan mens vir hierdie Mamma sê?
Ai vrou, jou hart is stukkend. Uit jou boeskas geruk en vertrap.
Ek kan jou pyn nie indink nie….ek WIL nie.
Maak jou hart oop vir Jesus se troos♡

Johan H. ·

Vir die ouers moet geld ingesamel word sodat sy die polisie kan ry tot in die kallerhok want hulle het nie hul werk gedoen nie. Wil nie se dit het oor kleur gegaan nie.

Hoe nou....... ·

Stem saam met jou – was dit n swart man was die herrie los en almal het ge toi-toi buite die hofsaal vir geregitigheid. Hoe kan jou van n toneel vlug as jy iemand raak gery het…….Net dalk as jy onder die invloed was?! Die polisie weet man – dis hulle boetie dis hoekom dit so sloer! Imagine vir een oomblik dit was n regerings grootkop se kind wat raak gery is……..en dis jammer dat die gereg so gebuig word om die broers te beskerm!

Erika ·

Hierdie is die ergste wat enige ouer kan deurmaak. My kind is op 1 Februarie die jaar ook dood in n ongeluk. Die man het letterlik gestop gekyk en weggejaag. Daar was meer as genoeg bewyse en verklarings gegee. En tot op hede het niks gebeur nie. Ons as ouers word so gefaal deur die regstelsel. Ons sal nooit closure he nie. En ons wil he geregtigheid moet geskied. Ons kind het die reg daartoe. Hopenlik sal NVG ons kan help?

Marietjie ·

My innige meegevoel met jul seun se afsterwe. Baie sterkte met die hofsaak – ek is ‘n paar jaar gelede gekaap in Pretoria, die hofsaak is 17 keer uitgestel en nou nog nie klaar nie. Elke keer ry ek 850 km vir niks. Die een beskuldigde is deur die polisie raakgeskiet, die ander 2 is ingehardloop en gevang ‘n klein entjie van die toneel af. Die fout lê by die hof, in my geval was Silverton polisie PUIK!

Ek dog ek sê maar net... ·

Maak nie saak wat die omstandighede was nie…die bestuurder vd motor moes stop…uitklim…en die ambulaans of polisie bel. Watter tipe mens jaag weg?

Domvraag ·

EP ek stem 100% saam. Kyk hoe vinnig word sake afgehandel as jy die k-woord gebruik.
Hoeveel keer uitstel word beskou as genoeg. Is dit n swak stelsel of swak regter?
Kyk na die Vinck geval. Die aangeklaagde Daniel Olivier was nou al hoeveel keer in die hof en nou trek die NVG die saak terug op grond van nie genoegsame getuies/bewys. Die appel is vrot en vol wurms. Vertroue in ons regstelsel, ek glo nue.

Gesiggie ·

Ek kan verstaan hoe die Ma voel, sy soek net berusting, en die man wat vir haar seun se dood verantwoordlik was moet betaal? die saak sloer nou te lank…. hy is skuldig, so hoekom so lank wag voor hy opgesluit word…. sterkte aan Anita mag hierdie hofsaak gou afgehandel word….

ANA ·

Kan nie myself indink,in julle situasie nie,dit moet verskriklik wees…mag Sy Gees,julle Vertroos en Krag gee, om staande te bly.
SKOKKEND wát in ons korrupte regstelsel en howe aangaan…

At Dippenaar ·

Dit is hartseer en ek verstaan die vrou se wroeging volkome. Ongelukkig is dit maar hoe dit werk in enige hof. Indien die verdediging nie vokome voorbereid is nie (daar kan ‘n magdom redes wees), sal die saak uitgestel word. ‘n Verhoordatum is darem reeds vasgestel. Dit is wel vreemd dat die beskuldigde nog nie gevra is om te pleit nie.
Geregtigheid sal wel geskied. Sterkte

At Dippenaar ·

Nie altyd nie. Alle regstelsels regoor die wêreld is altyd tydsaam. Dit is nie ‘n uitsonderlike geval nie. Onthou OJ Simpson se saak?

Jessica ·

En hy word nie in aanhouding gehou nie, hoe so, gaan soek hom sit hom in die pad en hit and run hom ook soos hy met die arme seun gedoen het die vark hy moet vrot in die tronk, aangesien hy geen hart het nie, en net sommer weg gejaag het en gedink het nou one will find out what i did taking a life of a beautiful son, i hope you get a life in prison with no parole.

Johan ·

Die mense het Alles gedoen sodat geregtigheid Sy weg kan Gaan. Dit was seker ń Lang en moeilike pad vir hulle, en ook ander mense in dieselfde situasie.

Die wiel draai en dit Maak Nie Saak Wat gebeur Nie, hy sal Sy straf kry.

Moenie afgemat voel as die Ou Nie tronk toe Gaan Nie want hy sal wel eendag kry Wat hy uit gedeel het.

Sterkte
Johan

VanAfrika ·

Laaste keer toe ek gelees het, het hierdie ma die self die opsporing gedoen. Iets interessant, Hoe het sy by hierdie man uitgekom?

Pers Heks ·

Hulle het ‘n privaat speurder gekry en hy het gegrou en gegrawe totdat hulle die skuldige opgespoor het. As ek reg kan onthou het hy verf op iets gekry en dit het die kleur van die motor aangedui en het toe van daar af gewerk … dis nou as ek die berig in die koerant reg kan onthou.

@VanAfrika ·

Kyk die video insetsel aan die einde van die artikel, dit verduidelik hoe hulle hom opgespoor het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.