Video: Ma van Springs-gruwelhuis praat vóór uitspraak

‘n Skermskoot van die video. Die video volg onderaan die berig.

Meer as vier jaar nadat die sogenaamde Springs-gruwelhuis nuusopskrifte gehaal het, het die ma wat saam met haar eksman Donderdag onder meer aan vyf aanklagte van kindermishandeling skuldig bevind is, oor haar vrees en aanranding gepraat.

eNuus het Dinsdag met die ma gepraat. Haar identiteit mag nie bekend gemaak word nie om haar kinders te beskerm. Die onderhoud is Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria gevoer.

“Ek is bang hy kom uit en hy kom soek my,” sê sy onder meer tydens die onderhoud.

Regter Eben Jordaan het sy uitspraak Donderdag gelewer. Die verhoor het reeds in 2016 in dié hof begin.

Jordaan het die dade as marteling beskryf en hoewel die 39-jargie ma nie skotvry daarvan gaan afkom nie, het hy erken hy stem saam met kenners dat sy aan mishandelde-vrou-sindroom ly.

Sy was in ʼn spesiale skool en is ongeletterd. Sy het hom ontmoet toe sy 17 jaar oud was en hulle is getroud toe sy 20 en swanger was met hul eerste kind, ʼn dogtertjie.

“Ek is oortuig sy ly aan mishandelde-vrou-sindroom weens jare lange fisieke en emosionele mishandeling en aanranding. Sy is ook verkrag. Kenners het verder bevind sy toon tekens van depressie, angs en posttraumatiese stresversteuring wat haar afgestomp en hopeloos laat optree het. Sy het dwelms gebruik en getuig dit het haar laat beter voel,” het Jordaan gesê.

“Maar ek is egter nie oortuig dat sy niks in die huis kon doen toe haar man nie daar was nie. Sy kon toesien dat die kinders skool toe gaan, huis skoongemaak het en gesorg het dat daar behoorlike kos in die huis was. Die hof het gehoor hoe vuil die huis was en dat dit vol rotte en rotmis was.

“Daar het pornografiese materiaal rondgelê en die klein kinders se tandjies was in ʼn slegte toestand. Al vyf kinders moes in een kamer op ʼn vuil matras slaap. Sy het erken sy moes hulle versorg en beskerm het, en het dit nie gedoen nie. Maar daar moet onderskeid getref word tussen mishandeling en verwaarlosing,” het hy gesê.

Jordaan het die pa skuldig bevind aan verkragting, poging tot moord, regsverydeling, die verhindering van polisiebeamptes om hul pligte uit te voer, vyf aanklagte van kindermishandeling, vyf aanklagte van kinderverwaarlosing, die handel van dwelms en die besit van dwelms.

Die ma is skuldig bevind op vyf aanklagte van kinderverwaarlosing, regsverydeling, die verhindering van polisiebeamptes om hul pligte uit te voer en dwelmgebruik. Sy is onskuldig bevind op die res van die aanklagte waarop sy tereg gestaan het, wat poging tot moord, die vervaardiging en besit van springstof, die handel van dwelms en kindermishandeling insluit.

Die saak is tot Oktober uitgestel vir voorvonnisverrigtinge. Die man bly in aanhouding. Die vrou se borgtog van R2 000 is verleng.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

https://www.youtube.com/watch?v=Devc1f1ktj4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
adriana

Absoluut!!!!!!

Avra

Hoop nie die tonkstraf word weer gesamentlik uitgedien nie want dan word hul basis net skuldig aan een oortreding gevind

Helene Wessels

Ek wonnder net hoe dit metdie kinders gaan

Gemengde gevoelens

Liewe vrou, ek het gemengde gevoelens, maar my hart bid vir jou vir baie baie terapie, liefde en versorging. Ek was ‘n kind in so verskriklike situasie en my Moeder het nooit opgegee en op ‘n dag redding gesoek, daarom aan elke vrou in jou situasie wil ek sê, gaan uit kry hulp, hy is nie so magtig soos sy vuiste nie. Jy mag nooit toelaat dat jou kinders en jy so mishandel word nie, my Ma het voorgespring en die houe gevat en so het ons ook probeer inspring (ons was so klein nog). Die ander deel verstaan jou… Lees meer »

Danielle

Hulle se die ma was in n spesiale skool, en dat sy ongeletterd is, ek voel net dis n flou verskoning dat jy nie jou eie kinders kon beskerm nie. Sy kon haar kinders bad en hulle tandjies borsel as die man nie daar was nie, wat het haar gekeur om n venster oop te maak en te skree om hulp? Sy is nie n slagoffer nie, sy se sy het nie alles gedoen wat haar man het nie maar sys net so skuldig soos hy. Sy se sy soek haar kinders terug? hulle gaan nie terug kom na jou… Lees meer »