Video: Ma van Springs-gruwelhuis praat vóór uitspraak

‘n Skermskoot van die video. Die video volg onderaan die berig.

Meer as vier jaar nadat die sogenaamde Springs-gruwelhuis nuusopskrifte gehaal het, het die ma wat saam met haar eksman Donderdag onder meer aan vyf aanklagte van kindermishandeling skuldig bevind is, oor haar vrees en aanranding gepraat.

eNuus het Dinsdag met die ma gepraat. Haar identiteit mag nie bekend gemaak word nie om haar kinders te beskerm. Die onderhoud is Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria gevoer.

“Ek is bang hy kom uit en hy kom soek my,” sê sy onder meer tydens die onderhoud.

Regter Eben Jordaan het sy uitspraak Donderdag gelewer. Die verhoor het reeds in 2016 in dié hof begin.

Jordaan het die dade as marteling beskryf en hoewel die 39-jargie ma nie skotvry daarvan gaan afkom nie, het hy erken hy stem saam met kenners dat sy aan mishandelde-vrou-sindroom ly.

Sy was in ʼn spesiale skool en is ongeletterd. Sy het hom ontmoet toe sy 17 jaar oud was en hulle is getroud toe sy 20 en swanger was met hul eerste kind, ʼn dogtertjie.

“Ek is oortuig sy ly aan mishandelde-vrou-sindroom weens jare lange fisieke en emosionele mishandeling en aanranding. Sy is ook verkrag. Kenners het verder bevind sy toon tekens van depressie, angs en posttraumatiese stresversteuring wat haar afgestomp en hopeloos laat optree het. Sy het dwelms gebruik en getuig dit het haar laat beter voel,” het Jordaan gesê.

“Maar ek is egter nie oortuig dat sy niks in die huis kon doen toe haar man nie daar was nie. Sy kon toesien dat die kinders skool toe gaan, huis skoongemaak het en gesorg het dat daar behoorlike kos in die huis was. Die hof het gehoor hoe vuil die huis was en dat dit vol rotte en rotmis was.

“Daar het pornografiese materiaal rondgelê en die klein kinders se tandjies was in ʼn slegte toestand. Al vyf kinders moes in een kamer op ʼn vuil matras slaap. Sy het erken sy moes hulle versorg en beskerm het, en het dit nie gedoen nie. Maar daar moet onderskeid getref word tussen mishandeling en verwaarlosing,” het hy gesê.

Jordaan het die pa skuldig bevind aan verkragting, poging tot moord, regsverydeling, die verhindering van polisiebeamptes om hul pligte uit te voer, vyf aanklagte van kindermishandeling, vyf aanklagte van kinderverwaarlosing, die handel van dwelms en die besit van dwelms.

Die ma is skuldig bevind op vyf aanklagte van kinderverwaarlosing, regsverydeling, die verhindering van polisiebeamptes om hul pligte uit te voer en dwelmgebruik. Sy is onskuldig bevind op die res van die aanklagte waarop sy tereg gestaan het, wat poging tot moord, die vervaardiging en besit van springstof, die handel van dwelms en kindermishandeling insluit.

Die saak is tot Oktober uitgestel vir voorvonnisverrigtinge. Die man bly in aanhouding. Die vrou se borgtog van R2 000 is verleng.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

https://www.youtube.com/watch?v=Devc1f1ktj4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Avra ·

Hoop nie die tonkstraf word weer gesamentlik uitgedien nie want dan word hul basis net skuldig aan een oortreding gevind

Gemengde gevoelens ·

Liewe vrou, ek het gemengde gevoelens, maar my hart bid vir jou vir baie baie terapie, liefde en versorging. Ek was ‘n kind in so verskriklike situasie en my Moeder het nooit opgegee en op ‘n dag redding gesoek, daarom aan elke vrou in jou situasie wil ek sê, gaan uit kry hulp, hy is nie so magtig soos sy vuiste nie. Jy mag nooit toelaat dat jou kinders en jy so mishandel word nie, my Ma het voorgespring en die houe gevat en so het ons ook probeer inspring (ons was so klein nog). Die ander deel verstaan jou hopeloosheid, sulke mans is werklik moeilik en as jy al so lank mishandel is, is die lig in die tonnel net te ver. Sterkte en gryp die lewe aan, jy lyk al klaar stunning, die bietjie wat ons kan sien, bou voort jy kan nog hoog uitstyg, jy is ‘n fighter en fight vir jou kosbare kinders.

Mamma ·

Mensig, Gemengde Gevoelens, maar ek het nou respek vir jou. Ek is deur dieselfde ding, maar ek voel net woede. Jy is amazing.

Danielle ·

Hulle se die ma was in n spesiale skool, en dat sy ongeletterd is, ek voel net dis n flou verskoning dat jy nie jou eie kinders kon beskerm nie. Sy kon haar kinders bad en hulle tandjies borsel as die man nie daar was nie, wat het haar gekeur om n venster oop te maak en te skree om hulp? Sy is nie n slagoffer nie, sy se sy het nie alles gedoen wat haar man het nie maar sys net so skuldig soos hy. Sy se sy soek haar kinders terug? hulle gaan nie terug kom na jou toe, want jy kan nie na hulle omsien nie. Glo nie een woord uit haar mond uit nie.

Geen simpatie ·

Ek stem saam jou. My dogtertjie van 2 weet wanneer sy stout is. Jy weet wanneer n ding reg of verkeerd is en syt geweet wat aangaan dag na dag, jaar na jaar. Sy is ewe skuldig want syt absoluut niks gedoen om haar kinders te beskerm nie. Nou is sy vol verskonings en almal moet haar jammer kry?!

Gertryda ·

As n ma haar kinders versaak
Sy moet tot die dood vir hul veg
Ek raak sat vir al die ou sobstories wat die skuldiges altyd opdis
Mag die kinders vrede vind en liefde vir hul is dit n lang pad na herstel
Voel niks vir die 2 skuldiges nie hul het hul kinders versaak

Shaz ·

Antoinette jy het nou die regte woorde daar gese, ek sou my eie lewe in gevaar stel sodat my kinders na n plek van veiligheid besorg kan word, ek sou aanhou baklei! Die vrou kan nie n MA genoem word nie, die MA is meer besorg oor haar volgende fix en oor haar self maar die kinders lei honger en en het tien teen een hulle ma gesmeek vir hulp maar sy was te out of it, wat van aandag en liefde aan hulle! SIEK!!!!! Jy is nie naasten by so onskuldig nie, ek sien jou net so skuldig soos die “PA”!!!!!!

Stuiwer ·

Waar het sy die dwelms gekry? As dit by die man was, het hy ‘n houvas op haar gehad. Sy was egter nie veel van ‘n ma nie, want sy het meer belanggestel om haar eie “pyn” te verlig as om oor haar kinders s’n te dink!

adriana ·

Enige ma – behalwe die wat hulle kinders op die ashoop gooi – weet in haar diepste siel wat reg en verkeerd is vir haar kinders.

Stuiwer ·

Die vrou het genoeg “verstand” gehad om te besef dat dit wat haar man doen, verkeerd is. Sy is ‘n medepligtige (al het sy nie self die kinders liggaamlik leed aangedoen nie). Sy het wel bygedra tot hul emosionele leed, want hoe moet ‘n kind voel as sy eie ma nie eens ‘n poging aanwend om hul te help uit sulke haglike omstandighede nie. As sy nie tronk toe gaan nie, sal ek BAIE teleurgesteld wees in die regsstelsel van hierdie land. In plaas daarvan om vir iemand tronk toe te stuur wat die k word gebruik, stuur eerder so ‘n vrou tronk toe. Dit sal meer sin maak.

Cornelia ·

Gemengde gevoelens en Mamma. Ek het by Kindertehuise die breë prentjie van vroue en kinders se “skaakmat” ironie beleef. Om met “geweldsmisdaad” en ‘n immorele potensiële moordenaar onder een dak vasgekeer te wees is skrikwekkend. Dit is ‘n eensame plek. Kinders het vertel. Plekke van “veiligheid?” Het met u innige deernis en medelye. U het ‘n beker gedrink wat ‘n aanklag is teen die mensdom. Nee, dis nie oordrewe gestel nie!! Van watter dag en datum is hierdie gruwels nie al deel van die wêreld se lydings geskiedenis nie? En hoe het die gemeenskappe nie al vir eeue hierdie euwel uitgesorteer nie? Nee mense. As u nie in hierdie wieg gebore en gekrenk is sonder die hoop om beskerm en met liefde omring te word nie, moenie haastig oordeel nie.

Cornelia ·

Dit is soos jy sê Alida. Jy rapporteer, want jy wéét dat daar ‘n noodtoestand van onmenslike dade plaasvind. Die Polisie daag op by die adres. Versoek nie om met al die lede van die gesin te praat om seker te maak dat almal so rond en gesond, vrolik en vry is soos die botterbek in die deuropening op roem nie. Nou ja mnr. As jy so sê dan was die oproep na ons stasie seker maar ‘n “blaps.” Daar het jy dit. Deel van die krisis.

Geen simpatie ·

Pragtig, so nou is sy ook n “slagoffer”. Toe sy die 1ste keer sien haar man is besig om uit te haak moes sy iets daaraan gedoen het maar nee dis makliker om dwelms te gebruik en van jou plig as ma te vergeet. Dit het aangegaan vir jare, en syt nie 1 keer gaan hulp soek nie. Syt haar kinders gevaal as ma en moet net so hard gestraf word soos die pa. Ek het geen simpatie met haar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.